Internet-onderbrekings in Frankryk ná ‘kabel-aanvalle’

Argieffoto (Foto: Daniel Dino-Slofer/Pixabay)

Internet- en selfoondienste was Woensdag stadig of glad nie beskikbaar nie in Franse stede ná veseloptiese kabels oornag afgesny is in ʼn vermoedelike aanval op kritieke data-infrastruktuur.

“Die aanvalle het omstreeks 04:00 plaasgevind. Ons spanne is sedert vroegoggend aan die werk,” het ʼn woordvoerder vir Free, die internet- en selfoondiensverskaffer wat die ergste geraak is, gesê.

Die maatskappy het op Twitter verwys na “verskeie kwaadwillige dade” wat sy kabels geteiken en tot onderbrekings of stadige verbindings gelei het.

Mededinger SFR het gesê verskeie van sy veselkabels is in Parys en Lyon gesny.

Ander operateurs soos Bouygues Telecom en die markleier Orange is nie geraak deur die onderbrekings nie, omdat hulle ander netwerke gebruik. Gebruikers het egter landswyd probleme aangemeld, ook in stede soos Straatsburg, Reims en Grenoble.

Cédric O, minister van digitale sake, het op Twitter bevestig kabels is in Parys gesny en dit het ʼn invloed op mobiele dienste.

Die bron van die probleem is nog nie bekend nie, maar kenners hou vol dat skynbaar gekoördineerde aanvalle op veseloptiese kabels ongekend is. “Só iets, op hierdie skaal, gebeur nooit nie,” het een veiligheidsbron aan AFP gesê op voorwaarde van anonimiteit. “Dit is die eerste keer en in hierdie stadium weet ons nie wie dit gedoen het nie.”

Die betrokke operateurs sê hul tegnici sal onverpoosd werk om die dienste te herstel. Free sê die probleme is “onder beheer”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Christine ·

Sal interessant wees om die storie dop te hou en te weet wie daaragter sit.

annie ·

Nie een woord oor Rusland nie. Nooit! Kan nie wees nie. Hou moed dit moet hy wees, kom wat wil. Dalk is daar nou ruimtemannetjies in Poetin se diens. As Zolly dit moet wees, sal hy al sy toesprake voor al die regerings van die wêreld weer moet herhaal: Take 2 oo2… Sjoe!

Realis Thailand ·

Stel jou voor as iemand dit ko ordineer en dit deur die wereld gebeur
Alles is deesdae daarop gebasseer. Van bak diesnte to alle besigheid
Is daar enige groot besigheid in die wereld van die hoek kaffee tot Amazon wie nie die internet gebruik nie

Manie ·

Die wêreld het hopeloos te afhanklik hiervan geraak en daar gaan ‘n dag kom dat netwerke gaan in duie stort, dis onvermydelik.

piet ·

Plaas van Rusland ons professionele kabeldiewe huur… Hulle sny dit nie net af nie maar dra dit weg permanent sonder dat iemand hulle sien……..

Realis Thailand ·

Ongelukkig vir hulle is internet kabels vesel en waardeloos

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.