Inwoners, joernaliste in hegtenis geneem tydens Zim-betogings

Tonele in Zimbabwe (6 Julie 2016) (Foto: ANA)

Tonele in Zimbabwe (6 Julie 2016) (Foto: ANA)

Groot dele van Zimbabwe het Woensdag soos ʼn oorlogsone gelyk toe betogings teen die regering tot gewelddadige optrede tussen die polisie en inwoners gelei het.

Talle hoofpaaie in Harare en Bulawayo is met brandende bande en klippe versper.

Die polisie het glo betogers gewelddadig in Mfakose uitmekaar gejaag.

Vier verslaggewers is in hegtenis geneem en by Marimba-polisiestasie aangehou. Hulle is eers vrygelaat nadat hulle die foto’s uitgevee het wat hulle tydens die betogings geneem het.

Gewapende polisie het ʼn swaar teenwoordigheid behou in gebiede waar betogings plaasgevind het. Meeste vervoeroperateurs besluit het om eerder hul voertuie te parkeer. Die operateurs wat wel gewerk het, het tot US$2 per reis gevra, in plaas van die gebruiklike 50 sent.

Jeugdiges het in Bulawayo bande aan die brand gesteek en die Mzilikazi-supermark geplunder. Die polisie het hulle met traangas en waterkanonne laat verdaag.

Talle betogers het na die middestad opgeruk om hulle teen pres. Robert Mugabe uit te spreek. Vyf jongmense is later in hegtenis geneem en na Bulawayo-polisiestasie geneem.

Betogers het ook in Masking, Chipinge, Victoria Falls en Gweru plakkate rondgeswaai om hul misnoeë met Mugabe te betoon.

Ondernemings in meeste van die groot stede se dienste was baie stadig en baie min winkels het hul deure oopgemaak ná ʼn versoek vroeër dat mense moet staak.

Die polisie het ʼn swaar teenwoordigheid behou in die stad en het in die aand die paaie gepatrolleer en inwoners aangesê om in hul huise te bly.

Charity Charamba, woordvoerder van die polisie, het gesê probleemgebiede in Harare is Bidiriro, Mufakose en Warren Park. “Die polisie het 19 persone in Harare in hegtenis geneem, ses in Bidiriro en 13 in Mufakose.”

Sy het bygevoeg 17 persone is in Victoria Falls in hegtenis geneem nadat hulle plakkate rondgedra het waarop Mugabe veroordeel word. “Ek is seker julle kan sien daar is ʼn derde hand. Sommige van die persone is eintlik van Australië, maar hulle kom betoog hier in Zimbabwe,” het sy gesê.

Zimbabwe se prokureurs vir menseregte (ZLHR) het intussen aangekondig dat hy sy prokureurs dwarsoor die land ontplooi het om sake te hanteer vir aktiviste wat in hegtenis geneem is.

“Ons Bulawayo ZLHR bied ons regsdienste aan vier persone wat in hegtenis geneem is. Die organisasie staan ses persone by in Zvishavane,” het die organisasie in ʼn verklaring gesê. Die ZLHR het glo ook prokureurs ontplooi na Victoria Falls, Masvingo en Chipinge.

Lees alle vorige berigte oor Zimbabwe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Johann Marx ·

En nou’s daar seker vanoggend ‘n klomp Zimbabweans op sosiale media wat die volgende kommentaar los: “Oh my goodness, we’re on our way to becoming South Africa!! If we’re not already there…”

Lance ·

Meer as 30 jaar onafhanklik en kyk watse gemors het zim uitgedraai …met seker helfte van sy burgers in SA …van hulle onwettig wat boonop hier roof plunder en moor ….geen orde nie en korrupsie oral waar jy kyk ….gaan die mense ooit leer

Wat-ek-lees ·

Wanneer jy niks het maak dit nie saak wie se goed jy verwoes want dit is mos nie joune. Ook is dit genotvol om op hierdie manier uiting te gee aan jou gevoelens. Dalk tog in Zim is daar rede want hoe anders gaan daar geluister word na jou?

Sarie ·

Dis wat kommunisme en sosialisme doen. Kyk en leer SA . Afrika moet mos altyd die blame game speel. As dit nie apartheid is nie is dit kolonialisme. En die liberales sing voor in die koor. Daar is ander redes hoekom Afrika met al sy grondstowwe moet bakhand staan. Gee Zim vir ‘n klomp Japannese of Indiërs en julle sien n ding . Werk en nogmaals werk party het dit net nie.

John ·

Al die jare het die’ mense vir Mogabe gestem, gewerk en sy byeenkomste bygewoon… Wat mens bang stem is dat die ‘koning’ nou self hierheen sal vlug en in SA se mooie Kaap ‘n nessie kom skrop… naby sy’ mense… hul verder lei as SA-burgers. Sy raad en ons lyding sal nie uitbly nie, glo my. Miskien moet ‘n hogere parlementere afvaardiging uit ons geledere gou ‘n rustige toer deur Zimbabwe neem, so voor Augustus. Hulle sal baie ruines kan besigtig… party nog smeulend.

Wern ·

Ja zim is die land van ruins, die oorspronklikes en baie nuwes.

Jan maak n Plan ·

Dit wil my voorkom of Mugabe se “rent a crowd” manier van reggeer hom aan die bas begin byt. Mugabe het een ding vergeet en dit is dat as sy “renta crowd” begin honger word hy dalk hulle “kos” word. Ek hoop hulle eet hom gou gou op.

Theresa B ·

NOU betoog hulle, maar elke keer gaan stem hulle vir die man!! Hoe dom kan jy wees. Dis dieselfde hier in ons land.

hans brits ·

Dis wat gebeur as korrupte leiers gekies word,dink aan malema as hy in bewind moet kom.Die anc is alreeds besig met die mugabe styl.

Karma ·

Wag maar, mense, wag maar …. Zuma en die ANC se beurt kom nog. Dieselfde as wat nou in Zim gebeur, gaan binne die volgende 6 maande ook in SA gebeur …. Lank, baie lank terug, het iemand in ons familie gesê swart sal die een of ander tyd teen swart opstaan. Xhosa teen Zulu, Zulu teen Tswana, Tswana teen Pedi, Pedi teen Ndebele, Ndebele teen Venda en so kan mens aangaan en aangaan. Onthou die Difaqane!!!

Jef ·

Karma, ek stem saam maar ek dink as dit daadwerklik so ver sou kom dan pas kom Europa en Amerika in aksie om die gevegte onderling in die kiem te smoor maar intussen word witmense vermoor en Europa en Amerika is in geen verre weg te beken nie.
Ons moet Zim en SA onthou soos dit vroeer was en nie die puinhoop wat dit alreeds is nie.

Theuns ·

Ek sal baie bly wees as Zimbabwe se Lente uiteindelik aangebreek het! Dit is lankaaaal die tyd dat Rob Mugabe die pad van Gadafi loop. Gadafi se laaste woorde aan sy eie mense net nadat hulle hom in die Riool Pyp gekry het waarin hy weggekruip het was” Please don’t kill me! My people lovesssss me!”

Jeanne ·

En as hulle by die stembus kom, stem hulle weer vir Mugabe .. nes in SA. Honderde betogings en stakings deur die jaar, en kom stemtyd, stem hulle weer vir die heersende party.

Cherise ·

Dis net erg om te sien hoe hulle lag op die fotos, ek kan nie glo mense kan so barbaars wees nie

Grap ·

Die polisie doen darem hulle werk nie soos hier waar hulle altyd “””MONITOR “”” nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.