Inwoners ontruim ná vulkaniese uitbarsting in Papoea-Nieu-Guinee

Die uitbarsting van die vulkaan in Papoea-Nieu-Guinee (Foto: Reuters)

Ongeveer 1 500 persone is ontruim van ʼn eiland aan die noordkus van Papoea-Nieu-Guinee ná ʼn nabygeleë vulkaan uitgebars het, het die plaaslike Rooikruis Sondag gesê.

ʼn Vulkaan op die eiland van Kadovar, ongeveer 24 km noord van die vasteland, het op 5 Januarie uitgebars. Ongeveer 590 persone is daarna van Kadovar na Blup Blup ontruim.

Die vulkaan het Vrydag weer uitgebars en rooi rotse en swaeldioksied gespoeg, het die Rabaul Vulkanologiese Observatorium in ʼn verklaring gesê.

Die regering het daarna besluit om Blup Blup ook te ontruim en persone is na die vasteland geskuif. Die internasionale Rooikruis het ongeveer 87 000 kina (ongeveer R335 000) geskenk om die land te help, het Uvenama Rova, sekretaris-generaal van PNG Rooikruis, gesê.

“Die mense het dadelik begin vlug toe die vulkaan uitgebars het,” het Rova gesê. “Hulle benodig dadelik kos, water, skuiling en klere.”

Rabaul het Sondag gesê lawa is steeds sigbaar in die see met wit stoomwolke wat tot 600 meter bo seespieël strek.

Julie Bishop, Australië se minister van buitelandse sake, het op Twitter bevestig dat die Australiese regering AU$25 000 (ongeveer R245 000) in humanitêre voorraad sal skenk.

Chris Firth, ʼn vulkanoloog by Macquarie-universiteit het gesê daar is nie enige vorige bevestigde voorvalle van ʼn uitbarsting van Kadovar nie, maar wetenskaplikes vermoed dat dit een van die twee “brandende eilande” kan wees wat in William Dampier, ʼn 17de eeuse Britse seerower en maritieme avonturier, in sy joernale noem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.