iPhone-gebruikers gewaarsku oor fout

Skermskoot

Skermskoot


ʼn Fout in Apple se iOS-bedryfstelsel maak dit moontlik vir enigiemand om ʼn iPhone te vries en af te skakel deur slegs ʼn SMS te stuur.

Volgens The Guardian het die fout tot gevolg dat ʼn iPhone self afgeskakel en herlaai word wanneer dit ʼn spesifieke boodskap met sekere karakters in ontvang. Dit word glo veroorsaak deur ʼn fout in die manier waarop Apple se iOS-bedryfstelsel Arabiese teks lewer. Die SMS wat rondgestuur word, bevat Engelse woorde en Arabiese karakters.

Die foon probeer glo die voorskou van die SMS wat op die foon se tuisskerm vertoon word afkort, waarna die foon vries en afskakel. ʼn Gebruiker kan glo hierna nie weer toegang kry tot boodskappe op die foon nie.

Dit is slegs die spesifieke SMS wat die fout tot gevolg het en dus word dit met kwade bedoelings aangestuur. Diegene wat hul iPhones wil beskerm, moet die volgende stappe volg om boodskap-kennisgewings af te skakel aangesien dit slegs die kennisgewing is wat die probleem veroorsaak en nie die boodskap self nie:

Settings >> Notifications >> Messages >> Allow notifications

“Allow notifications” moet afgeskakel word. Apple het aan The Guardian gesê die fout sal met die volgende sagteware-aanpassing reggestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.