Irak eis dat alle Turkse troepe onttrek moet word

Pres. Tayyip Erdogan van Turkye. Foto: AP Photo/Kayhan Ozer, Presidential Press Service, Pool

Pres. Tayyip Erdogan van Turkye. Foto: AP Photo/Kayhan Ozer, Presidential Press Service, Pool

Dis nie genoeg dat Turkye net ʼn gedeelte van sy troepe uit ʼn kamp in die noorde van Irak onttrek het nie, het ʼn woordvoerder van die Irakse premier Dinsdag gesê.

Turkye het Maandag aangekondig dat ván sy troepe die gebied begin verlaat het.

Die ontplooiing van sowat 150 Turkse troepe in ʼn kamp naby Mosul in die noorde van Irak vroeër die maand het die verhouding tussen Ankara en Bagdad verder versuur. Die Irakse regering het beswaar aangeteken by die VN oor die ontplooiing.

Rusland het Turkye intussen veroordeel vir die “inval van sy buurland”. Rusland voer aan Turkye dra net by tot ʼn reeds gekompliseerde situasie.

Die Russiese minister van buitelandse sake, Sergej Lawrow, het aan Irak steun belowe teen die aggressie van Turkye in Noord-Irak.

Groot optogte is in Bagdad gehou en die vlag van Turkye is verbrand om die woede van die Irakiërs te toon. Turkye het opdrag gegee dat alle Turkse burgers Noord-Irak liefs moet verlaat omdat hul veiligheid nie gewaarborg kan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.