Iran dreig met vergelding; Trump staan vas

Derduisende mense het Sondag in Mashhad opgeruk. Foto:(Mohammad Hossein Thaghi/Tasnim News Agency via AP)

Iran het aangekondig dat hy hom nie langer sal onderwerp aan enige beperkings ingevolge die kernwapenooreenkoms van 2015 nie terwyl die Irakkese parlement ʼn beroep gedoen het vir die onttrekking van alle Amerikaanse troepe uit dié land.

Iran het die kernwapenooreenkoms in 2015 met die VSA en ander wêreldmagte onderteken. Pres. Donald Trump het die ooreenkoms al in 2018 laat vaar en ekonomiese sanksies teen Teheran verskerp.

Trump het intussen gedreig om miljarde dollars vergoeding van Irak te eis of “sanksies op te lê wat hulle nog nooit vantevore gesien het nie” as daar voortgegaan word met die uitsetting van Amerikaanse troepe.

Pres. Donald Trump. Foto: (AP Photo/Kevin Wolf)

Die jongste verwikkelinge volg nadat derduisende mense in Ahvaz en Mashhad opgeruk het toe genl.maj. Kassem Soleimani se lyk uit Bagdad daar aangekom het.

Soleimani, Iran se top- militêre bevelvoerder, het Vrydag gedurende ʼn Amerikaanse lugaanval op Irak in Bagdad gesterf. Soleimani (62) was die hoof van dié land se elite-Koedsmag. Iran dreig sedertdien met vergelding.

Trump het Sondag volgehou dat Irannese erfenisterreine ook geteiken kan word, ondanks waarskuwings dat dit as ʼn oorlogsmisdaad onder internasionale reg beskou kan word.

Foto: (AP Photo/Alex Brandon)

“Hulle mag ons mense doodmaak. Hulle mag ons mense martel en vermink. Hulle word toegelaat om bomme langs die pad te plant en ons mense op te blaas. En ons mag nie aan hul erfenisterreine raak nie? Dit werk nie so nie,” het Trump gesê.

Mike Pompeo, die VSA se minister van buitelandse sake, het gesê die Amerikaanse weermag sal nie huiwer om nog Irannese leiers te teiken indien die Islamitiese Republiek terugveg nie.

Trump se administrasie het ook Sondag vrae beantwoord oor die wettigheid van die lugaanval waarin Soleimani dood is. Volgens Pompeo sou die administrasie “strafbaar nalatig” gewees het in sy plig om die VSA te beskerm as hy nie Soleimani doodgemaak het nie.

Pompeo het ook volgehou dat Soleimani aanvalle op die VSA beplan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

wiehan ·

VIVA TRUMP VIVA! Wens ons het ‘n president gehad wat Trump se guts het

Hennie ·

Ek stem wiehan ons President is net daar om nuwe wette te teken geen respek vir die person nie Trump het guts soos jy se

pan ·

Ek stem ,ek wens sa kon n leier soos Presedent Trump hê die beste leier huidiglik in die wêreld.

Jean ·

Hoewel Trump partykeer dinge doen wat baie mense nie van hou nie, bly hy darm by sy woord. Nie soos ons president wat net praat nie.

JO ·

In die naam van Freedom ™ en Democracy™ sal Multinational olie maatskappye in the Amerkaanse regering lobby om VS burgers en ander na hulle dood te stuur vir winste in die middel ooste.

Jo ·

Neee wat, hy is die enigste President wat doen wat hy belowe. Amerika was nog nooit so sterk gewees nie

Poppie ·

Zelda ek dink Maljan bedoel “YOU ARE FRIED” ha ha. President Trump is my hero.

Spikkels ·

TRUMP is die man. Vat geen nonsens van daai terroriste nie. Hoekom moet Amerika die wang draai terwyl Iran – Iraq onskuldige mense vermoor

TDW ·

Hoekom is oorlog so belangrik vir amerika?
Vandat ek kan onthou is amerika in ‘n oorlog betrokke waar hulle ‘n land aanval.
Ek is bewus daarvan dat oorlog hul ekonomie ‘n hupstoot gee. Is dit die groot rede? Of is daar ander redes? Is dit Israel se oorloë wat geveg word?
Die redes wat tans aangevoer is klink leeg.
Vietnam, Irak, Sirië, weer Irak, en nou Iran.
Soveel amerikaanse soldate se lewens wat geëis word, oor ‘n ambassade wat aangeval word?
Ek sal graag beter wil verstaan.

Edd ·

Want die laaste keer wat amerika sy neus uit die wereld se besigheid gehou het het dit ontaard in ‘n wereld oorlog. Amerika veg van toe af die wereld se ooloë terwyl die weste se politikiste by hul mense hul veroordeel en dan voor hulle smeek vir nog beskerming.

John ·

… en dan hoor ons die eintlike doelwit: Israel die ou aardsvyand gaan geteiken word.
Soveel bloed het al oor daardie lappie aarde gevloei.

Karools ·

En Ace Magasule het baie daaroor te sê maar oor sy eie land het hy nie ‘n woord te sê oor onskuldige mense wat vermoor word nie….dis maar goed!! Dubbele standaarde!!

Ann ·

Ek stem saam. Mnr Donald Trump
tree betyds en proaktief op. Die Liberale Demokrate dink hulle kan die terroriste paai, ongelukkig is daar meer daadwerklike optrede nodig!

Kallie ·

Trump is dapper vir ‘n man wat self nooit op die slagveld gedien het nie. Het hy ooit in Vietnam geveg?

Gaitsigubib ·

Hy was nie in vietnam nie. Hy was so 26 toe die oorlog geeindig het, so sy ouderdom was in die kol om wel te gaan as hy wou.

Lc ·

Jy het nie noodwendig nodig om n grensveger te wees om n gooie leier te wees nie, net soos sport coaches wat baie goed coach maar nooit gooie sport manne was nie.

Kerneels ·

Trump was ‘n Navy Seal in Vietnam. Sy bynaam onder die vyand was Agent Orange.

Jacobus ·

Laat ons liewer versigtig wees om te wens vir iets waarvan ons nie die uitkoms ken of kan bereken nie.

Ek gaan geen kant kies nie, maar dit is nogal interessant dat Amerika Iran beskuldig van die ondersteuning van tereur en terrorisme maar dit self ondersteun en beoefen in ander lande.

Verder sal ek graag wil weet of die “impeachment” aanklag teen President Trump ‘n invloed gehad op sy besluit om die aanval te loods om aandag daarvan af te trek of om sy magsbasis te verbreed. Republikeine en Demokrate hou almal van ‘n “goeie” oorlog.

Ek hoop net dat Suid Afrika ‘n wyse besluit sal neem om nie betrokke te raak by die konflik nie of enige van die partye te ondersteun nie, want as ons vir Iran ondersteun, sal Amerika sanksies teen Suid Afrika instel of erger en as ons vir Amerika ondersteun, kan Iran deur sy “proxy” magte Amerikaanse en Suid Afrikaanse teikens in Suid Afrika aanval met die gepaartgaande lewensverlies en ekonomiese skade.

So kom ons hoop dat koel koppe wyse besluite sal neem sodat die situasie nie hand uitruk nie want soos ‘n persoon in ‘n gesprek Forum opgemerk het; het een koeël die Eerste Wêreld oorlog begin.

Werner ·

Hoe lekker lag ek nou gaan ons een soldaat stuur of altwee

Gaitsigubib ·

Jy het n puik sin vir humor ou kobus! Ek is seker die buitewereld lag hulle dood dan wen ons op die manier die oorlog.

Ansie ·

Besef julle wat so vir hom is wat ‘n kernoorlog vir die hele wereld gaan beteken? Dink aan julle kinders en kleinkinders as julle dan nie omgee wat kern bomme aan julleself kan doen nie. Japan ly nou nog onder die 2 bomme van die 2 de wereld oorlog.

RP ·

Presies. En die krag wat ons kernwapens in 2020 het teenoor 1945 is 1000x meer. Ek praat van n enekele bom wat mega stede plat sal maak met die Aarde. Kom ons vermy liewer oorlog. Ek stel nie belang daarin nie.

Petrus ·

Lande 6,000 km van Teheran sal aardbewings, tsunamis, radioaktiewe stowwe en besoedelde lug en waterbronne moet trotseer. Amerika is darem veilig, maar Europa…..

Moses ·

Daar sal altyd oorlog in Iran, Irak, Sirie en ander lande daar naby wees. Wanneer hulle nie teen Amerika of Israel baklei nie, maak hulle oorlog teen mekaar. Dit kom al van die Bybelse tye af en sal nie nou ophou nie.

Slagveld ·

Trump se kinders moet gaan aanmeld vir diensplig. Hulle is tussen 26 en 36 jaar oud. Hulle sal kwalifiseer.

Maans ·

Ek dink dit is hoogtyd dat Amerika gaan kyk of die biljoene wat hy aan wapentuig spandeer het die geld werd was. Wat my betref kan hulle maar hierdie klomp van die aardbol laat verdwyn

JohanR ·

Arme Irak en Iran…… Elke keer dat ‘n Amerikaanse president by die huis in die moelikheid is dan word ‘n aanval op een van die twee lande geloots. Dink maar aan Clinton, Bush(al twee) en nou Trump. Wonder wie eintlik die terroriste is? Dit is bevind dat George W Bush en Tony Blair moes aangekla word vir oorlogsmisdade toe Irak aangeval is sonder die toestemming van die VN, en GEEN
Wapens Van Massestruksie is ooit gevind nie.

Altus ·

Ongeag die redenasie agter Trump se besluit om die Iranse weermagleier van kant te maak, is ek meer bekommerd oor die uiteindelike UITKOMS – Iran gaan en sal wraak neem, en daarmee kan jy verseker wees van ernstige lewensverlies. Hierdie situasie kan n volskaalse globale oorlog tot gevolg he, iets wat geen redelike mens voor wens nie.

Dis n klassieke “Catch-22”, damned if you do, damned if you don’t….

Jack Klok ·

Die Iranese is sedert die val van die Sjah van Persie in ‘n “heilige oorlog” gewikkel teen die Weste. Dis nie asof Trump nou skielik oorlogsugtig geraak het nie.

Iran is oorwegende Shiities. Die Shiite glo dat die hele wereld onder die beheer van Islam moet staan en dat dit met geweld, indien nodig, afgedwing moet word.

Iran ondersteun die radikale Islamiete wat aanhoudend vuurpyle op die staat Israel afvuur. En hulle dapper huursoldate (Hezbollah, PLO en andere) kruip tussen vrouens en kinders weg en indien Israel terugslaan huil hulle oor hoe wreed die Israelis is.

Lande waar Islam heers is absoluut onverdraagsaam teenoor enige nie-Islamiete. Daarenteen dring Islamiete aan op hulle regte tot godsdiens vryheid in Westerse lande.

Islamiete bevorder hulle vir die instelling van sharia wette, wat totaal indruis teen hedendaagse westerse opvatting tov menseregte en vryhede. Die liberaliste wat so saamsing in die koor teen Trump moet mooi dink wat hulle besig is om te doen met hulle voorpratery van die “onskuldige” Iranieers.

Ek glo nie dat enigiemand oorlog begeer nie maar die onverdraagsaamheid van Islam teenoor die nie-Islamietiese wereld en veral natuurlik westerse steun vir Israel beteken dat vrede met lande soos Iran net ‘n hersenskim is. En dan moet ons nie vergeet nie dat Islam in drie kampe verdeel is en daar al vir meer as ‘n duisend jaar onderlinge onverdraagsaamheid in Islam self is. As hulle nie teen nie-Islamiete baklei nie baklei hulle met mekaar

TDW ·

Indien jy glo dat islam die rede is vir die aanval hoekom val hulle nie saudi-arabië aan nie?

Bril ·

Wie het wat wanneer eerste begin in die Midde-Ooste (ons ontleed dalk die oorsake-gevolge ketting in die verkeerde volgorde, beginnende doer in die verlede by T.E. Lawrence van Arabiee se gekonkel vir die WWI Britse regering) en hoekom juis hierdie Iranese generaal as teiken (kanonboot diplomasie) – watter bewyse van oorlogsmisdade onder sy bevel bestaan daar? Dit klink asof hy ‘n knap generaal was en vir bietjie vrede daarbo gesorg het. UNZ webblad Philip Giraldi: “But I will answer your question: Soleimani was not near the embassy. He had flown into to town to attend the funerals of the 26 Iraqi militiamen that we Americans had killed earlier in the week!”

Johan ·

Gaan lees maar net Openbaring in jou Bybel en jy sal sien dat alles al lankal voorspel is. Dit is niks nuuts nie. Die Jode was verstrooi oor die uit hoeke van die wereld en die Here het gese Hy sal hulle weer terug bring na hulle land. Gaan kyk hoeveel is al terug. Die lande rondom Isreal wil hom elke dag van die aarde af vee. Moenie aan die slaap gevang word nie. Hou maar gerus jou oe op Jesus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.