Iran en ses groot lande bereik kernooreenkoms

Argieffoto: EDF

Argieffoto: EDF

’n Kernooreenkoms is vroeg vanoggend tussen Iran en ses groot lande gesluit. Die ses lande is die VSA, Rusland, China, Duitsland, Frankryk en Brittanje. Die ooreenkoms is ná 18 maande lange onderhandelinge gesluit.

In April is die “kontoere” van die ooreenkoms reeds gesluit, maar sedertdien was daar uitsprake van Iranse leiers wat dit laat lyk het of ’n ooreenkoms moeilik bereik sou kon word.

Een van die laaste struikelblokke wat uit die weg geruim is, is om VN-inspekteurs ook toegang tot Iran se militêre basisse te gee. Iran, op sy beurt, het beding dat hy die toegang tydelik mag opskort. Iran word wyd daarvan verdink dat hy kernwapens in militêre basisse ontwikkel.

Meer besonderhede oor die ooreenkoms sal later vandag tydens ’n nuuskonferensie bekend gemaak word.

Lees meer hier,  hier en hier.

Bronne: Trouw, De Standaard en The Telegraph.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

jacques ·

Sal die USA toelaat dat Iran hulle so inmeng in hulle sake.

Johan 2 ·

Die westerse banke sluip hul tande vir Iran…hou maar dop hy is volgende om te val onder westerse inmenging en die gevolge daarvan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.