Iran erken: Weermag hét vliegtuig neergeskiet

‘n Vrou rou buite ‘n gebou in Edmonton in Alberta in Kanada tydens ‘n nagwaak vir slagoffers van die vliegtuigongeluk buite Teheran. (Foto: Codie McLachlan/The Canadian Press via AP)

Iran het Saterdag aangekondig sy weermag het die Oekraïense straler wat verlede week neergestort het, per ongeluk neergeskiet. Al 176 mense aan boord is dood. Dít nadat die Irannese regering die afgelope paar dae herhaaldelik Westerse beskuldigings dat Iran verantwoordelik vir die tragedie is, ontken het.

Die vliegtuig is vroeg Woensdag neergeskiet, enkele ure nadat Iran ʼn missielaanval op twee weermagbasisse met Amerikaanse troepe in Irak gedoen het. Die aanval was uit weerwraak vir die dood van genl.maj. Kassem Soleimani in ʼn Amerikaans geleide lugaanval in Bagdad. Niemand is beseer in die aanval op die basisse nie.

Die Irannese weermag sê in ʼn verklaring wat deur staatsmedia vrygestel is die vliegtuig is per ongeluk aangesien vir ʼn “vyandige teiken” nadat dit na die “sensitiewe militêre sentrum” van die Revolusionêre Mag gedraai het. Die weermag was op sy “hoogste gereedheidsvlak” te midde van die verhoogde spanning met die VSA.

“In sulke omstandighede, weens ʼn menslike fout en op ʼn manier wat nie doelbewus was nie, is die vliegtuig getref,” het die weermag gesê.

Wrakstukke lê besaai oor ‘n stuk veld aan die buitewyke van Teheran. Iran het nou erken hy het die vliegtuig per ongeluk neergeskiet. (Foto: Ebrahim Noroozi/AP)

Hy het om verskoning gevra vir die ramp en gesê hy gaan sy stelsels opgradeer om toekomstige tragedies te voorkom.

Die weermag het ook gesê diegene verantwoordelik vir die voorval gaan vervolg word.

Iran se erkenning dat hy verantwoordelik is vir die voorval gaan waarskynlik openbare sentiment teen die owerhede laat opvlam, nadat Irannese ná Soleimani se dood aanvanklik laer getrek het rondom hul leiers. Die generaal is as ʼn volksheld beskou en duisende Irannese het opgeruk om hulde aan hom te bring.

Die meeste slagoffers op die vliegtuig was egter Irannese of Irannees-Kanadese en die voorval kom net enkele weke nadat die owerhede landwye betogings teen ʼn styging in brandstofpryse in die kiem gesmoor het.

“ʼn Hartseer dag,” het Iran se minister van buitelandse sake, Javad Zarif, getwiet.

“ʼn Menslike fout in ʼn tyd van krisis wat veroorsaak is deur Amerikaanse kragtoertjies het tot die ramp gelei. Ons diepste spyt, verskoning en medelye aan ons mense, die families van al die slagoffers en alle ander lande wat geraak word.”

Die straler, ʼn Boeing 737 wat bedryf word deur Ukrainian International Airlines, het Woensdag aan die buitewyke van Teheran neergestort kort nadat dit by die Imam Khomeini Internasionale Lughawe opgestyg het.

‘n Skemgreep van die video wat die vliegtuig se laaste oomblikke in die lug wys, asook hoe dit in ‘n vuurbal neerstort. (Skermgreep: UGC via AP)

Iran het dae lank ontken dat ʼn missiel die voorval veroorsaak het. Maar die VSA en Kanada, op grond van intelligensiebronne, het gesê hulle glo Iran het die vliegtuig neergeskiet – ʼn gevolgtrekking wat gesteun is deur video’s van die voorval.

Die vliegtuig was onderweg na die Oekraïense hoofstad Kiëf met 167 passasiers en nege bemanningslede aan boord. Slagoffers sluit in minstens 82 Irannese, 57 Kanadese en 11 burgers van die Oekraïne. Kanada het vroeër dié land se dodetal van 63 verminder.

“Dit is die regte stap vir die Irannese regering om verantwoordelikheid te aanvaar en die erkenning bring mense ʼn tree nader aan berusting,” het Payman Parseyan, ʼn vooraanstaande Irannees-Kanadees in Kanada, gesê. Verskeie van sy vriende het in die voorval omgekom.

“Ek dink die ondersoek sou dit [dat die vliegtuig neergeskiet is] aantoon, of hulle dit nou erken het of nie. Dit spaar hulle die verleentheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

ANÉ ·

Wat ñ puik voorbeeld, van Iran se zero integriteit van sy regering en zero militêre opgewassenheid om op “hoogste gereedheidsvlak” te wees! Wat ñ absolute skande en VERLEENTHEID!! ! Hoop húl wraaklus, is nou bevredig, of gaan hulle NÓG paar vliegtuie afskiet, om onskuldige bloed te vergiet…en DİNK hulle lieg daaroor.. ??

P ·

Die Vader moet ons almal genadig wees want die mense ooral heen weet nie wat hul sê en doen nie. Ek bid vir ons almal vir genade. So onnodig die hartseer onskuldige mense in daardie vliegtuig gewees.

Sirkus ·

Kan nie Amerika blameer wat net ‘n terroris uitgehaal het vir jou eie onnodige aksies wat tot die dood van onskuldige mense gely het nie…

Stephan ·

Iran kan gerus meer dinge opgradeer.
Die Iranese diktatorskap (met hul perverse ondersteuning van terrorisme) is bv. totaal verstok en uitgeleef. Hul eie volk ondersteun hul gladnie, die internasionale media is grotendeels verantwoordelik vir die skewe beeld wat die wêreld het van Iran. Ek het die beeldmateriaal ook onder oë gehad, en dis duidelik wat werklik gebeur het!
Donald Trump het die wêreld ‘n guns bewys, en nie andersom nie.

Snowflake ·

van begin was dit dit die vermoede…. en nou is dit bevestig en erken… amazing!!! Hoop al die nuuskanale in USA wat sulke liberale kommetaar gelewer het gaan les op se…. vat hulle Trompie!!!

darem ·

Minstens het hulle die eerbare ding gedoen en dit erken, in plaas daarvan om dit onder die mat te probeer vee toe hulle besef dit is wel hulle wat die vliegtuig neergeskiet het.

As dit SA was, sou hulle aanhou lieg en toesmeer het tot ten einde van dae …

Griet ·

En nou…verstaan ek, SKIELIK die vriendskaplike bande, wat Sa met Iran het, soos gister berig is. Presies dieselfde vrot mentaliteite en integriteite! Beide LIEG… soos dit hulle beide pas, ongeag feite wat de teendeel bewys! Beide onderskat, die intelligensie van andere! Beide sit die blaam, altyd op iemand anders, vir hul eie onbevoegdheid!!

Tinus ·

Skande Iran! Wat ñ verleentheid, noudat julle uitgevang is! Mag jul wraak, nou soetwees! Stuur julle militêre oukies, dat oom Donald, julle oplei, om nie menslike foutjies te maak!

John ·

… dis wild, hoor… dis wild. En Iran bou atoombomme. Askies tog, ons het per ongeluk die rooi knoppie gedruk toe ons verby die kassie geloop het. Groot askies… maar dit was eintlik !!! se skuld. Ons sal dit ook mòèt wreek met die moeder-van-alle-foute…

aj ·

Stel jou voor dat die “Iran ongelukkie” ‘n kernbom laat ontplof het ?

…. dan het dit ‘n outomatiese ketting reaksie veroorsaak van kernbomme wat wereldwyd rondvlieg!

… wat teen vandag die grootste deel van die planeet sou vernietig het!

Ons is GELUKKIG om nog te leef!

Die ANC se wanbelynde politieke beleid téén Amerika stel ons land bloot aan agressiewe behandeling deur die magtigste militêre masjien op die planeet. … én verdere ekonomiese ineenstorting!

Die ANC is nie net ‘n LAS vir SA burgers nie … maar raak toenemend ‘n groot RISIKO vir ons veiligheid!

Vita ·

Nou wat gaan die anc en regering nou se, dit was opsetlike moord, n vuurpeil word nie perongeluk afgevuuur, hoop nou die VSA , Brite bom dit klomp vd aarde af, hulle is weerd, daar word ook 1000 mense van Iran vermoor omdat hulle teen die regering is

Cherokee ·

Was jy ernstig met die woord ‘miskien’? Miskien was jy nie ernstig met miskien nie.

Frans C ·

Dit is weereens ‘n bewys waarom Amerika alles in sy vermoë doen om te keer dat Iran
‘n kernkragwapen moondheid word.

Missiel ·

SO WEEGSKAAL… om nou nié eers van jou ondeurdenkte kommentaar te praat nie… wát weet jý, nou presies, wat ons ander nie weet nie, oor die Iranese terrotiste nis, hmmm…??

Cheryl ·

Ray op watter planeet bly jy? Iran is al jare ‘n gevaar vir die wêreld en veral vir Israel. Amerika is die enigste land wat die “guts” het om op te tree en nie net ‘n klomp leë beloftes maak nie. Islam is al vir jare besig in Mosambiek en het al hele “communities” uitgewis. Reg op SA se voorstoep en ons regering skitter soos gewoonlik in hul volstruiskop in die sand mentaliteit. Skrik al skrik jy net wakker asb. Moenie jouself uitlaat oor dinge waarvan jy niks weet nie. Stel voor jy lees bietjie wyer.

benaYaHU ·

@Weegskaal
Inderdaad, maar weens emosies en onigeligtheid sal jy vir jou mening aangeval word.

Uiteraard verstaan baie min wat werklik op die internasionale skaakbord plaasvind.
En die meeste kommentaar baseer hul reaksie op dit wat hul daagliks in die hoofstroom (vals) media lees. En hierdie kommentaar is NIE geskoei op dit wat Ian erken of ontken het nie.. dit is verwysend na die meerderheid kommentaar gelewer.
Wat weet ek van dit skuiwe wat op die internasionale skaakbord gedoen word.. genoeg om te weet dat die meerderheid kommentaar hier gelewer baie oningeligte menings openbaar.

johan II ·

Eks met jou Weegskaal. Die VSA vermoor iemand sonder verhoor en die mense hier gooi beledigings na Iran. Eks nogal teleurgestel in die Afrikaners hier.

Cherokee ·

Weegskaal, pasop! As jy en jou ondersteuners geweeg word, sal julle te lig vir hierdie debat bevind word.

Weegskaal ·

@Missiel. Wat ek wel weet is dat hierdie tipe aksies en reaksies nie uit die niet uit distilleer nie. Dit het ‘n lang aanloop. Die politieke dinamika tussen Iran en die VSA ontwikkel al dekades lank, van net na die 2de WO. Dis duidelik daaruit dat hierdie nie ‘n eenvoudige “reg vs verkeerd” argument is nie. Dis onsinnig om ‘n eensydige opinie te vorm gebaseer op die laaste paar weke of dalk maande se gebeure, en dan ‘n oorvereenvoudigde en emosionele oordeel te fel nie. Feit is dit is ‘n tragiese gebeurtenis, nes die Iranese vliegtuig wat die VSA ook per ongeluk afgeskiet het in die jare tagtig, waar meer as 200 mense dood is.

Judge Dredd ·

Iran toets die reaksies.
Maak mense dood en se dan agterna askies.
So far so good – verwag toekomstig nog meer sulke glipsies.

johan II ·

Ja Judge Dredd, net soos die VSA. Val n land in, maak duisende mense dood, verplaas nog duisende, verslaaf hulle met groot lenings en sê dan net na die tyd dit was n fout, jammer….wies volgende.

Braam Maree ·

Nou wag ons vir die ANC om Iran geluk te wens met die neerskiet van n passasiers vliegtuig.

Ray ·

Indirek is die VSA skuldig, hulle het die ding aan die gang gesit deur Iran aan te val ….. Hulle bemoei hul altyd met dinge wat niks met hulle te doen het. Iran is duisende myle weg, en geen direkte gevaar. Europa word toegeval deur vlugtelinge vd Midde Ooste…… VSA maak die moeilikheid en ander landed sit met gevolge…..

Judge Dredd ·

So Iran het nie westerse olie tenkers aangeval?
Die Iranse generaal het nie westerlinge voorheen aangeval en beplan om nog westerlinge aan te val?

Nee, Iran is direk betrokke – dis net dat Westerse lande (behalwe Amerika se Trump), wat te slapgt is om enige iets daaromtrent te doen.

pan ·

Twak,die iran terroriste soek al jare lank skoor president Trump is net die enigste leier om hulle in die bek te ruk.

benaYaHU ·

@Ray
Die meerderheid sal NIE verstaan waarvan jy eintlik skryf. Die spasie vir agtergrond en verduideliking is veels te min in hierdie spasie. Min volg die ware gebeurlikhede op ‘n internasionale bord, en hul sien en hoor hoofsaaklik die mediaberigte oorheers deur die westerse mediahuise, en begryp nie die dieperliggende agenda.
Maar, dit neem jare se navolg, ondersoek en belangstelling van die “globale” stelsel ten einde die huidige gebeure te verstaan/verklaar, en die meerderheid steur hulself nie daaraan. Dus sal hul die gevolge daarvoor moet dra.

Vita ·

Ray jy weet nie waarvan jy praat nie,Trump is die beste ding wat kon gebeur, duidelij jy weet nie wat in die middeooste aangaan nie, dai man is die oorsaak van baie van sy eie land se mense wat vermoor word omdat hulle nie met Iran se geloof en regering saam stem nie , hy was n moordenaar en daar nog van hulle in Iran, doen navorsing dan ssl jy sien hoeveel van se burgers hou van VSA en Trump en dit die gevoel regoor die middeooste, so viva Tramp mag hy voort gaan met goeie werk

johan II ·

100% Ray! Die klomp hier leen hul ore uit vir Israel se hoofstroom media…

Donderstorm ·

Perongeluk? op radar wys dit dit is n publieke vliegtuig so hul het perongeluk die sleutel gedraai die mesiele ontsluit die vliegtuig gelaser lock die mesiele laat lock op die vliegtuig en die vliegtuig af geskiet perongeluk? Werklik?

Altus ·

Dis bietjie laat om NOU te erken dat jul verantwoordelik was… 176 onskuldige mense is gedood deur jul “fout”. Geen woorde en mooipraatjies kan hul terugbring nie.

Ek dink nou veral aan die families en vriende wat hul geliefdes se dood rou. Dit is die EINTLIKE tragedie hier.

aj ·

Dis nie lande wat bose goed doen nie! Dis bose individue wat die wreedste planne uitdink. Die wêreld sal baie veiliger word vir almal as die enkele booswigte ‘uitgehaal’ word in plaas daarvan om miljoene onskuldige mense te laat ly.

Voorkom die massa migrasie van bedreigde mense … !

…. elimineer slegs die individu wat die bose gedagtes fabriseer.

Miskien moet wetenskaplikes die ‘moordenaar’ (misdadiger, verkragter) gene opspoor en vernietig by konsepsie?

Voorkoming (van geweld) is beter as genesing!

Sinies ·

Wel, ten minste het hulle na n week met die waarheid vorendag gekom.

Dit bly n tragedie, maar ten minste weet die agtergeblewenes die waarheid.

Bekend ·

Dit klink so bekend, dit is altyd iemand anders se skuld as iets gebeur het waarvoor jy verantwoordelik is. In die geval is dit volgens Iran, die VSA se skuld dat hulle die vliegtyd afgeskiet het. Net bly vir ‘n slag dit is nie Jan van Riebeeck se skuld nie.

Maans ·

Nou is die anc doodstil. Trump jy is die beste president tans in die wêreld.

Cherokee ·

Donald sê ek moet vir jou sê dankie. Hy weet nie hoe om dit in Afrikaans te sê nie.

Feite ·

Die gevolge van die sluipmoordaanval op een terroris is die wraakaanval en bloedvergieting van 176 onskuldige lewens, opsetlik of per ongeluk. Dit was alles behalwe n prestasie om te spog oor n uiters geheime sending wat die lewe van een terroris en sewe van sy makkers geeis het teenoor die gevolge!

Cherokee ·

Vita, asseblief.. staar Feite in die oë! Dit is Saterdagmiddag en miskien is hy net geblaas! Môre sal hy lees wat hy gesê het en askies sê. Maar miskien verstaan hy nie feitelik die betekenis van die woord ‘gevolge’. Miskien is hy net te stadig om te besef dat Oom Donald ons gered het van ‘n string eintlike gevolge.

De ·

Komministiese/terroristiese (regeringslande kan mos nou nie mekaar afkraak nie…..

Marous ·

Nou word hulle ware karakter ontbloot. Wat het hulle ikoon in Irak gesoek ? Leuenaars !

S ·

Verskoon asseblief die spul vraagtekens hier bo, dit is vals, weet nie wat daar aangegqan het nie.

jaco ·

n vliegtuig van n lugredery wat wel n ooreenkoms met Iran het om na en van Iran te vlieg, styg op vanaf n Iranse staatsbeheerde lughawe en word dan deur die staatsheerde Iranse weermag neergeskiet.
Iets maak duidelik nie sin nie.

Dis amper soos die afbrand van ANC-beheerde PRASA-treine in Kaapstad om die DA-beheerde Wes-Kaap onregeerbaar te maak, of soos die afbrand van ANC beheerde munisipale kantore, maar volgende verkiesing stem almal daar weer ANC.
Ek het beter van Iran verwag.

Cherokee ·

Waarom jaco, het jy ‘beter’ van ‘n (van enige) moslem staat verwag?

Roger ·

Plaaslike terroristebende seker in hul noppies met hul pelle se raakskoot.

Nel ·

Daar was blykbaar – volgens ‘n onderhoud met ‘n internasionale korrespondent – twee raak skote gewees. Nou wonder ek net sou hulle dan twee keer na mekaar ‘n blaps gemaak het? The plot sickens.

Jobann ·

Die Amerikaanse president was reg toe hy die verdrag met Iran gdkanseleer
het. As bul nie met gewone misiele vertrou kan word nie, hoe kan kern misiele aan hul toe vertrou word. Gaan hul.ook net per ongeluk ‘n kernbom ook afvuur.

Sê ook ma net ·

Lyk almal vergeet van die olie…. Lyk my almal vergeet van Trump wat al van laas jaar af iets te sê het oor ‘n “dom nasie” wat uitgehaal moet word. Mense kan sê wat hulle wil van Iran wat al jare oorlog maak, hulle het hulle redes, en die media verdraai ook maar alles. Almal wat so goedsmoeds die media net glo, gaan soek maar bietjie inligting op van 2016 af. Jou mond gaan dalk net op die grond hang. As jy alles glo wat jy lees op ‘n media platvorm, is jy klaar verlore en net nog ‘n marionet in die puppet show.

Johan Swart ·

.
.
….het almal nou vergeet van die aanval in Desember 2019 waarby Iran van Amerikaanse strukture in Irak aangeval het……en toe het Amerika die hoofbrein Soleimani wat agter dit sit uitgehaal…dit is Soleimani en sy terroriste sel in Iraq wat al jare lank Amerika probeer uitdruk uit Irak sodat Soleimani weer met sy onheil en korrupsie kan voortgaan in Iraq….95% van die mense van Iran is teen Soleimani…slegs 5 % van sy eie Iranese mense ondersteun hom.Soleimani het al hoeveel duisende Iranese protesteerders om die lewe gebring in Iran die afgelope 3 jaar.Die MSM lieg oor wie Soleimani ondersteun.Die 95% Iranese burgers mag nie teen die Soleimani regime uitspreek nie anders kos dit hul lewens.

Bril ·

Van watter Amerikaanse strukture in Irak praat ons nou? Weermagbassise, waarvandaan Irak en Iran aangeval word? Amerikaanse weermagbasisse, wat in die eerste plek niks daarso te soeke het nie? Hulle maak nou soos destyds die Kommunis – bou soos die Kubane destyds ooralste basisse op om bevryding met die behulp van die kanon te bring. Is dit reg? Iran en Irak het hulle nie uitgenooi nie. Hoekom vra omtrent niemand hierdie vraag nie?! Klink vir my soos subtiele indoktrinasie. Niemand waag om indringende vrae oor Amerika se aksies te vra nie – passop daarvoor. Amerika was nie die ou Suid-Afrika se vriend nie (die gewone Amerikaner wel, maar nie op staatkundige vlak nie).

Frik ·

Dit was die optrede van swak opgeleide troepe wat Amerikaanse hommeltuie vrees. So iets gebeur in oorlogsituasies. Almal is senuagtig.

Strandloper ·

Dit vat “n man” om te erken jy het n fout gemaak, hoe stupid ook al. N skuif in die regte rigting.

Heksie ·

Hoe skiet jy sommer net ‘n missiel af omdat jy “dink” die vliegtuig in die lug is die vyand sin?
Ek is seker die VSA is slimmer as dit om nie so oop en bloot sy troepe oor ‘n vyandige area te laat vlieg nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.