Iran ontken vliegtuig is neergeskiet

Wrakstukke Woensdag suidwes van Teheran, Iran. (Foto: Ebrahim Noroozi, AP)

“Boeing en al die lande wie se burgers aan boord was kan hul verteenwoordigers stuur om deel te neem aan die ondersoek na die vliegtuig se swartboks.”

Só het Ali Rabiei, woordvoerder van die Iranse regering, gesê. Hy het gereageer op Westerse lande se bewerings dat die Boeing 737 wat vandeesweek kort ná opstyging in Teheran neergestort het, per ongeluk deur Iran neergeskiet is.

Sky News berig Rabiei het die bewerings as “sielkundige oorlogvoering teen Iran” bestempel, en die deelname van ander lande, wie se burgers in die voorval gesterf het, in die ondersoek verwelkom.

Rabiei het ook ʼn beroep op die VSA gedoen om homself daarvan te weerhou om vals inligting oor die voorval te versprei.

Dít volg nadat die Amerikaanse president Donald Trump aan joernaliste in die Withuis gesê het hy glo dat Iran verantwoordelik is vir die voorval en verwerp Iran se aanvanklike bewering dat die Boeing weens ʼn meganiese probleem neergestort het.

Justin Trudeau. Foto: (Sean Kilpatrick/The Canadian Press via AP)

Ander Westerse leiers soos Justin Trudeau, eerste minister van Kanada, Boris Johnson, die Britse eerste minister, en Scott Morrison, eerste minister van Australië, steun dié vermoede.

Maroela Media het vroeër berig altesaam 176 mense is dood toe die Boeing 737 van Ukraine International Airlines Woensdagoggend neergestort het, enkele ure nadat Iran missiele op Amerikaanse teikens afgevuur het. Die vliegtuig was op pad na die Oekraïense hoofstad Kiëf met 167 passasiers en nege bemanningslede aan boord, onder wie 82 Iraniërs, minstens 63 Kanadese en 11 burgers van Oekraïne.

Trudeau sê nou Iran het aangedui dat hy die vliegtuig se swartboks in Iran sal hou, maar het aan die president van Oekraïne se ondersoekers toegang tot die boks belowe.

Volgens Trudeau sal sy regering nie rus voordat hy afsluiting rakende die tragiese voorval kry nie. Hy gee wel toe dat dit in dié stadium te vroeg is om vinger na iemand te wys of tot enige gevolgtrekkings te kom.

“Kanada werk saam met sy bondgenote om te verseker dat ʼn diepgaande ondersoek gedoen word, sodat ons die oorsake van hierdie tragiese ongeluk kan ontbloot,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Rooijan ·

En iemand het per ongeluk geweet om die missiel se afvuur in die nag te film.

Expat in die midde ooste ·

Sopas n video op sky news gesien waar die misiel die vliegtuig tref, Iran is skuldig, of dit doelgerig of n ongeluk was, dit sal ons nie weet nie. Meegevoel aan die families, dit moet n vreeslike skok en verlies wees

Cherokee ·

Expat, die woord ‘ongeluk’ is absoluut onvanpas. Stupidity sou meer van pas wees, want dit was waarskynlik ‘n oorhaastige stupid daad deur ‘n onbevoegde operateur wat ‘n beweging in die lug aangesien het as ‘n Amerikaanse aanval.

Marius ·

Hulle moet aanhou ontken daar sal n groot verrassing vir hulle wees as hulle nie met die waarheid uitkom.

John ·

Wie anders het dan die vliegtuig laat ontplof? Daar is volgens berigte drie flitse waargeneem. Tegnologie is deesdae baie meer gesofistikeerd as waarop Iran gehoop het. Baie sinistère planne is vir Irak en omstreke beplan. Die Demokrate met die oumens, Nancy, as leier se volgehou ondergrawing van Trump gaan nog erge nagevolge hè.

Bril ·

ISIS, die Taliban, Koerde of watookal daarso alles ronddwaal, hope faksies wat daarso rondloop. Hoef nie noodwendig net Iran te wees nie. Hopelik nie ‘n vals vlag om Iran te impliseer nie. Die vliegtuig was nie vol Amerikaners nie, eerder hulle eie mense, en watter motief bestaan daar om jou eie mense af te skiet. Hulle het juis die Amerikaners gewaarsku om vooraf te gaan platval voordat hulle hulle missiele sou lanseer, met die doel om te deeskaleer. En nou skielik nie? Maak nie sin nie. Van wat ek oor hierdie Trudeau al gelees het, is niks indrukwekkend nie. Linksliberale jabroer, verander die bevolkingsprofiel van sy land met ongeletterdes uit die hele wereld. Gaan vra die Kanadese wat weet. Nes Macron van Frankryk. So versigtig wat uit sy mond kom.

Tinus ·

BRIL… regtigwaar, jyt nie ñ idee waarvan jy praat!!! Stel voor jy maak jou brillense skoon of kry ñ nuwe bril

Bril ·

Vertel vir my liewerste, nes baie Amerikaners deesdae vra, en president Trump ook genoem het, wat soek die amerikaanse leer nou eintlik in Iran en in die Midde-Ooste? Die antwoord daarop is die sleutel tot die konflikte daarso. Wat steek agter die bewering dat die magtige amerikaanse oorlogsmasjienerie plaasvervanger oorloee vir Israel veg (Yinon plan).

Bril ·

Net om ‘n misverstand uit die weg te ruim voordat mense vir my kwaad begin raak – my doel is om agter die kap van die byl kom wat daarso gebeur. Daar word klomp onwaarhede oor genl. Quassim (sy ideologiese baadjie is nie myne nie – hy het immers Bosniese muslims opgelei om teen die Serbe destyds te veg) en Iran versprei en dit belemmer ‘n sinvolle beoordeling van die situasie daar bo. Die konflikte daarso veroorsaak dat Europa kulturele volksmoord begaan deurdat alles van die Midde-Ooste na die Weste toe vlug om weg te kom van daardie oorloee, en dit is nie deel van my plan nie. Europa is nie die Midde-Ooste nie. Dit is die blanke se hartland.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.