Iran weier VSA burgers toegang tot land

Betogers buite John F Kennedy-lughawe in New York nadat twee Irakese reisigers verbied is om die VSA te betree (28 Januarie 2017) Foto: AP Photo/Craig Ruttle

Betogers buite John F Kennedy-lughawe in New York nadat twee Irakese reisigers verbied is om die VSA te betree (28 Januarie 2017) Foto: AP Photo/Craig Ruttle

Donald Trump begin nou die beloftes wat hy tydens sy veldtog voor sy verkiesing as president gemaak het, deurvoer.

Die grense van die VSA sal vir 90 dae lank gesluit wees vir burgers van Iran, Irak, Soedan, Libië, Somalië en Jemen. As teenreaksie het Iran aangekondig sy grense word gesluit vir alle Amerikaanse burgers. Die minister van buitelandse sake in Iran het uit Teheran gesê sy land sal polities en juristies. Iran beweer honderde van sy burgers is reeds negatief geraak. Iran beweer ook dit tref nie net Moslemburgers nie, maar ook Christene.

Verskeie Moslemlande is nie op die lys van lande wie se burgers nie meer toegang tot die VSA het nie. Tog kom daar van hierdie lande soos Turkye erge kritiek. Ook die Duitse bondskanselier, Angela Merkel, het haar ongelukkigheid met die verloop van sake uitgedruk. Duisende Duitse burgers met dubbele burgerskap kan tans nie na die VSA reis nie. Die rede is dan bloot omdat hul tweede burgerskap stam van een van die genoemde Moslemlande.

SwissAir het verklaar verskeie van hul passasiers uit Switserland is voorgekeer nog voordat hulle na die VSA kon vertrek, omdat hulle dubbele burgerskap het van een van die genoemde lande. Na verskeie gesprekke tussen Switserland en die VSA, mag mense met dubbele burgerskap wel na die VSA reis, mits hulle met ´n geldige visum in hul Switserse paspoorte reis. Aansoeke vir visums vir alle burgers wat deur die verbod geraak is, kan enige tyd by die VSA se konsulaat in Bern gemaak word.

Onder die Obama regering het die “Country Report on Terrorism 2015“ verskyn. Vier lande (Somalië, Irak , Libië en Jemen) wat tans deur die verbod geraak is, word as veilige hawens vir terroriste genoem. Drie lande (Iran, Soedan en Sirië) word as “borge” van terreur beskryf. Lande soos Saoedi-Arabië en Pakistan word ook in die verslag genoem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

willie ·

Doen so voort mnr Trump, druk deur met al u verkiesingsbeloftes! Wens so jy was ons nuwe president! Sterkte

HugoD ·

Ek bly in die VSA jy kan hom met plesier kry, hy is totaal ongeskik vir die werk!

Jane ·

Hugo kom ons ruil, julle kan vir ZUMA kry . ons sal vir TRUMP enige tyd vat.

Wim ·

Hugo wat hou jou dan daar.?Waarom kom jy nie terug SA toe nie julle liberales het mos almal gesê asTrump wen immigreer julle. Ek glo nie jy sal sukkel om te kan terugkom nie..

Ben ·

Donald se beleid gaan een van die dae erens trump-op botsing veroorsaak.

jaco ·

sal trump politieke asiel gee vir wit suid-afrikaners wat bloot omdat hulle wit is nie kan werk kry nie en wat aangerand word sonder dat die gereg iets daaraan doen?

Sê maar net. ·

Hier kom nog baie groot moeilikheid. S.A moet nie te gerus wees nie. Trump is op die oorlogspad en hy gaan verwoesting saai so ver hy gaan. OMDAT hy wil wys hy is in beheer, en OMDAT hy kan.

Cherokee ·

Donald het die regte pad gekies. Die pad om terrorisme te verwoes.

Kyk Maar ·

Die ” free for all” dae is verby. Dit is ook hoogtyd. As jy ‘n land betree, handel jy volgens die wette van daardie land. Wonder hoekom is die moslemlande so ongelukkig daaroor? Wanneer westerlinge na hulle lande reis, word hul wette streng op westerlinge toegepas.

Paul ·

Weet jy watter proses enige immigrant of vlugteling reeds moet deurgaan om na die VSA te kan kom? Weet jy watter berge en berge papierwerk dit is?

Dis asof mense hier dink dat enige vlugteling of iemand sommer net in die VSA invlieg en sê: “Hey ouens, ek is ‘n vlugteling, nou kom bly ek mos hier!”
Nee. Dis maande en jare se papierwerk en navorsing en opvolg en as die vlugteling oor een dingetjie lieg en dit word uigevind, dan is dit neusie verby.

Anne ·

Kyk maar, jy praat waar . Hoog tyd dat hierdie klomp immigrante vasgevat word. Hulle wil die hele europa oorvat en hulle wette op almal afdwing as hulle daar kom.

Nee Paul ·

Paul julle verstaan dit steeds verkeerd, hy het van die begin af van ONWETTIGE IMMIGRANTE gepraat. Ek kan nie net Amerika toe verhuis en daar gaan bly nie .. so ja . hy wil onwettige immigrante daar uithou en hy mag maar hy gaan JOU wat PAUL is nie vra nie . hy het nie jou toestemming nodig nie. En as hy dink ‘n immigrant gaan die VEILIGHEID van die land bedreig soos met 9/11, het hy die volste reg om jou IMMIGRASIE AANSOEK TE WEIER . Die immigrante/vlugtelinge moet dan ophou lieg ook .. dan sal alles fine wees. Ophou om hulle paspoorte in die see te dump en te maak of hulle van ander lande af kom.

Anton ·

…jy slaan die spyker op sy kop…jy kan nie eers skeef trap of kyk nie dan vat hulle jou aan…

John ·

Burgers van hoeveel lande wil mens nou eintlik wees? Waar kry die glo arme immigrante geld om die wereld vol te vlieg… om wat te doen…? Om die VSA te besoek moet jy bewys lewer van ‘n stywe syfer in jou bankrekening en tree van die mense soos arme patete op wat tog so swaarkry…

Paul ·

Jy kan die antwoorde op jou vrae maklik opsoek op die internet, John, maar ek vermoed jy soek eintlik nie die antwoorde nie, want dit sal jou sterk opinies laat wankel.

Die reeds bestaande proses wat alle vlugtelinge moet volg voor hulle in die VSA toegelaat word, werk soos volg:
1. Die UN Refugee Agency samel die moontlike vlugteling se dokumentasie, vingerafdrukke en iris-scans in. Onderhoud word gevoer om kanse vir suksesvolle nedersetting in VSA te bepaal. Minder as 1% van die kandidate slaag hierdie stap.
2. Die National Counterterrorism Centre, die FBI, Homeland Security (DHS) en State Department gaan al vier afsonderlik deur al die dokumentasie.
3. Diegene wat hierdie proses slaag, word deur DHS ondervra. Vingerafdrukke word weer geneem.
4. Vingerafdrukke word ‘n derde keer geneem, en weer teen alle databasisse vergelyk, insluitend die Department of Defense s’n.
5. Mediese toetse word gedoen.
6. Kulturele orienteringsklasse word dan gedoen. Deurentyd word die mense se inligting weer en weer teen enige nuwe beskikbare inligting vergelyk.
7. Die International Organisation for Migration betaal vir die vliegkaartjies vir suksesvolle kandidate. Border Protection ondersoek die mense weer, asook die TSA.
8. Alle vlugtelinge moet vir ‘n “green card” aansoek doen binne ‘n jaar van aankoms, wat WEER ‘n hele massiewe proses van “checks” is.

Is dit te min? Wat moet hulle nog nagaan? Wie moet nog verder kyk?

gatiep ·

Wie worry wat mama merkel se sy is amper by die deur uit.
Jy is op die regte pad Trump gaan so voort.

beer ·

Die artikel gaan oor Iran wat weier dat Amerikaners soontoe gaan . My kommentaar daaroor is dat niemand soontoe wil gaan nie so dit is ok.

Johanna Botha ·

Ag wie wil nou eintlik Irak toe gaan …weier SA ook .. nothing lost !

Ag nee ·

Ag nee Paul, ek het so gehoop ons kinders het dalk ‘n kans om te vlug..
My kind het 8 jaar geswat, om te spesialiseer moet hy nog 5 jaar in ‘n staatdhospitaal werk, maar dink jy kry ‘n geleentheid, nee want hy kry zero vir ras omdat hy wit is. Hy het elke jaar gepromoveer en sy swart hoofde het hom al gekomplimenteer vir sy heelmaak van mense wat vlenters geskiet is. Tel dit enigsins..nee… Dis nie lekker nie!

joubert ·

Trump maak nou al die blikkies wurms oop en die libs hou nie daarvan nie. Die wiel draai altyd al neem dit hoe lank!

Jelly ·

LMGA . dit is nou nie asof mense IRAN toe stroom nie .. hou julle ou landjie vir julleself .. regtig ek kan nie glo dat julle dink dit is ‘n strafmaatreel vir ENIGEEN nie .. IRAN was nog altyd die muishond van die wereld en sal altyd die muishond bly . wie wil soontoe gaan?

humor ·

Paul daai elle lange vereistes is heel in sy plek. Dit is in die eerste plek n bewys van deeglikheid en nie traak my nie agtige slapgattigheid nie tot eindelose frustrasie nie. Ook beklemtoon dit disipline wat heers. Dan bevestig dit die beskerming van die regering en burgery van daardie land. Dit spreek duidelik van omgee. Daar is baie goeie redes waarom hierdie streng maatreels daar is.

Paul ·

Presies. Maar ek wys daardie vereistes uit want dit bestaan reeds. Dis nie nuwe vereistes wat nou ingestel is nie. Dis die huidige, reeds bestaande vereistes – die vereistes wat onder Obama ingestel is, en wat steeds geldig is.
Dis hoekom ek vra – watter addisionele vereistes dink mense dan is nodig? Dis asof mense wat hier so vurig die “ban” ondersteun, dink dat enigiemand sommer net in die VSA invlieg vanaf Sirië of waar ook al.

REAList ·

Ons land het zero maatreēls in plek om toestroming te beheer.
Dis die rede vir miljoene onwettige immigrante met die groot misdaadsyfers.
Gaan my verstand te bowe dat afrikaanssprekendes dit nie insien nie.
Maak hulle geld uit dit uit??

Joubert ·

Realist waarom praat jy van Afrikaanssprekendes? Dit juis die Afrikaanssprekendes wat ontevrede is daaroor. Die liberale en ander taliges soos Engels is nie gepla nie. Waar val jy uit?Indien jy ontevrede is met ons Afrikaanssprekendes vat die pad Iran toe maat. Hulle sal jou verseker daar toelaat en sterkte daarna.

jaco ·

ek is n wit suid-afrikaner. ek kry nie werk nie NET omdat ek wit is. my menseregte word dus geskend. sal ek politieke asiel in die VSA kry?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.