Iranese vliegtuig val met 40 aan boord

Die foto wat glo die ongelukstoneel wys, word op Twitter versprei.

Die foto wat glo die ongelukstoneel wys, word op Twitter versprei.

‘n Klein passasiersvliegtuig met 40 mense aan boord het Sondag kort na dit opgestyg het, in Iran se hoofstad, Tehran, neergestort.

Volgens die staatsbeheerde IRNA-nuusagentskap het die Iran-141-vliegtuig naby die Mehrabad-lughawe, wes van Tehran, in ‘n residensiële gebied neergestort.

“Volgens aanvanklike berigte het die 40 mense aan boord die vliegtuig in die ongeluk gesterf, insluitend sewe kinders,” berig IRNA.

Iran se staatstelevisie berig die vliegtuig was van die Taban Air-lugredery.

Vliegtuigongelukke in Iran word hoofsaaklik op verouderde vliegtuie en swak instandhouding blameer. Meeste van die vliegtuie in IranAir se vloot is voor die land se Islamitiese Rewolusie in 1979 aangekoop.

Die Iran-141 is ‘n klein passasiersvliegtuig wat in Iran vervaardig word met Oekraïnse tegnologie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.