Is antieke amfiteater se akoestiek werklik so goed?

Die amfiteater van Epidaurus in Griekeland (Foto: Science News)

Aansprake dat die val van ’n naald voor in die amfiteater van Epidaurus in Griekeland deur die gehoor heel agter gehoor kan word, blyk oordrewe te wees – maar ook net-net.

Toetse deur wetenskaplikes toon dat iemand heel agter in die gehoor wel ’n muntstuk sal hoor val, maar nie ’n naald nie, en ook nie as ’n akteur sal fluister nie.

Die amfiteater, een van Griekeland se bes bewaarde en oudste amfiteaters, dateer van die vierde eeu voor Christus, en word steeds gebruik. Dit bied sitplek aan 14 000 mense.

Veral toergidse hou al baie lank hardnekkig vol dat die teater se akoestiek so buitengewoon goed is dat iemand agter in die gehoor ’n naald op die verhoog sal kan hoor val.

Die aansprake is nou getoets deur navorsers van die Eindhoven-universiteit van Tegnologie onder die leiding van akoestikus Remy Wenmaekers, en verskeie toetse is gedoen deur mikrofone in die amfiteater te plaas en ’n wye verskeidenheid geluide deur toerusting te speel.

Die teater beskik wel oor buitengewoon goeie akoestiek.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Gedoriewaar, Wêreldnuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

6 Kommentare

Jopie de Beer ·

Dankie vir die berig oor die akoestiek van die antieke Griekse amfiteaters. Die akoestiese eienskappe is inderdaad goed, maar om akoestiek te beoordeel aan die hand van vallende voorwerpe is ietwat misleidend. Akoestiek moet beoordeel word aan die verstaanbaarheid van spraak wat daar geuiter word, of die helderheid van musiek wat gespeel word. In die geval van spraakverstaanbaarheid was daar in die Griekse tyd twee faktore: Eerstens die uiters lae omgewingsklankpeile (in die orde van 10 dBA )
(LAeq) en tweedens die feit dat akteurs maskers gedra het. Die maskers het almal by die mondgedeelte ‘n ingeboude tipe reflektor gehad wat gehelp het om die klank na die aanhoorders te fokus met ‘n wins van ongeveer 3dB wat die verstaanbaarheid aansienlik verbeter het.

Chris ·

Wenk vir Maroela: Die “Eindhoven-universiteit vir Tegnologie” klink soos ‘n verskriklike Anglisisme. In Nederlands lui die naam Technologische Universiteit Eindhoven. Kan julle die naam van dié universiteit nie verander na Tegnologiese Universiteit Eindhoven nie?

Al was dit maar vanuit hierdie gedagte van D.F. Malen: “Leer Nederlands, schrijf Nederlands als ge kunt en wilt, maar als ge niet kunt of wilt, schrijf dan niet Engels, maar Afrikaans.”

manie ·

Anglisisme is engelse woorde wat ver-afrikaans is. nie nederlandese woorde nie. Mens kan ook nie n naam verander na iets anders nie.

Marlene ·

Mense sal ook altyd fout kry met alles – Maroela Media – julle is TOPS hou so aan

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.