Is die einde van die wêreld op hande?

Suid-Afrika – soos gesien uit die internasionale ruimtestasie (Foto: ruimtevaarder Tim Peake)

Verskeie “profesieë” dat die einde van die wêreld teen die naweek gaan aanbreek, doen tans die rondte. Dit sal deur die wegraping voorafgegaan word. Van die gerugte lui selfs dat Nasa dié verklarings uitgereik het.

Die gebeurtenis wat tot die profesie aanleiding gegee het, is wel ongewoon. Daarvolgens het die maan Dinsdagoggend ’n okkultasie met Venus en die helder ster Regulus gevorm, en vanaand kom Mars en Mercurius aan die beurt. Die laaste keer dat die maan drie planete op een dag geokkulteer het, was in 1988.

Aan die spits van die profesieë is ’n getallespesialis wat homself as Christen beskryf, David Meade. Die finale uitwissing is Saterdag wanneer die fiktiewe planeet X teen die aarde sal bots. Hy kry sy inspirasie vir wat hy verkondig uit Lukas 21:25–26 (1983-vertaling): “Daar sal tekens wees aan son, maan en sterre. Op aarde sal daar radeloosheid onder die volke wees uit angs vir die gebulder van die see en sy vloedgolwe. Die mense sal beswyk van vrees en spanning oor die dinge wat oor die hele wêreld aan die kom is, want die kragte van die hemelruim sal ontwrig word.”

Orkaan Harvey en die onlangse sonsverduistering oor die VSA is vir Meade duidelike voortekens.

Verskeie ander variasies doen ook die ronde, soos dat Uranus en Jupiter baie naby aan mekaar gaan beweeg, en boonop in belyning met die aarde, en dat dit rampspoedige gevolge vir die aarde sou hê. Wetenskaplikes stem egter nie saam nie, en nog minder dat Nasa dié waarskuwing sou uitgereik het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

111 Kommentare

Cherokee ·

Ek moes byvoeg dat dit interessant is wat jy vertel; positief interessant…

Manie ·

Ek sal so bietjie werk maak van my oortrokke fasiliteit by die bank die volgende paar dae. Hoop net nie dit backfire op my

Stephanie brien ·

Wederkoms naby Maar niemand Weet klomp bespiegelinge net die hier Hand Weet.
Dankie aan maroekamedia julle is wenners
Stephanie

Elmari Stegen ·

Absoluut. Naby beslis, maar net die Vader weet die dag en uur!

msp ·

Die einde sal kom wanneer dit alleenlik onse hemelse Vader se wil is. Jammer dat sommige mense probeer voorgee hulle weet meer as onse Messias want Hy se self in Markus 13:32. Maar van hierdie DAG en die UUR weet NIEMAND nie, ook nie die ENGELE in die hemel of die SEUN nie, MAAR NET DIE VADER. Wat ek probeer se is nie dat ons nou gemaklik moet begin raak en se dit gaan nog jare neem nie, nee, want Hy se ook Hy sal kom soos ‘n dief in die nag wanneer niemand Hom sal verwag nie. Ek weet Sy tyd is naby want die tyd is ryp maar die dag en die uur? Net onse hemelse Vader weer. Laat ons eerder elke dag en elke uur gereed wees as wat ons dae van die einde wil voorspel. My siening…

ZJ ·

Dankie msp. Ek stem saam met jou. Dit is volgens my n klomp ongelowige mense wat sulke snert verkondig en dan is daar wraggies nog mense wat dit glo. Gaan lees julle Bybel mense.

Piérrie ·

Net God weet die tyd…Al die tekens is daar. Oorloë, gerugte van oorloë, natuurrampe, siekte epidemies, morele verval, vervolging van christene ens.
Wees gereed vir die dag. Dis al.

Jackie Phillips ·

Daar is allerhande tekens om ons om te bewys dat die koms van ons Vader naby is. Maar die uur is net aan Hom bekend. Leef reg en laat Sy Wil geskied. Wees gereed. In Jesus naam. Amen

latie ·

ek stem saam niemand weet wanneer gebeur nie daar staan in BYBEL se dat daar sal mense se daar JESUS is maar moes nie glo nie en almal sal sien JESUS voor jou skyn soos blitz amen.

Engela ·

Ek stem 100 persent saam die Woord leer ons soos hierbo genoem word, nie eers die engele weet nie net die Vader, so tot dan moet ons net reg leef en ophou in vrees leef want kinders van God leef nie in vrees nie maar in Hoop ! Want die Vader sal uitkoms gee aan sy kinders.

heidi swanepoel ·

ek stem saam niemand sal ooit weet wanneer dit sal gebeur. Ons moet net vrede maak van hoe en wat ons is, ander vergewe en saam werk as n span wat aan die hoer hand van God glo. Hy het ons lief en sal ons niks gee wat ons nie kan deurstaan nie. Ons gaan almal op die einde die selfde pad loop, niemand kan daarvan weg kom nie.

Rooy ·

Hoe gouer die aarde vergaan hoe beter. As jy ‘n goeie lewe het en ‘ n mooi lewe het is daar geen rede vir bang wees nie.

Anna'Maré ·

Die vraag is net
‘.Is jy gereed as Jesus Sy bruid lom haal?’ Het jy Hom as jou Verlosser en Here aangeneem? Gee Hom vandag die geleemtheid om in jou hart te kom woon..Koning van jou alles te wees. Dan is jy en ek gereed as die trompet blaas en Hy ons op die wolke kom haal. Prys Sy Naam wat dit vir ons moontlik gemaak het.

Vicky ·

Oe neeeee tog nie weer nie. Ek het die vorige “einde vd wereld” oorleef in 2010. Ek het n Orgidee skou en dit wil se dat ek nie by my man en drie klein kindertjies gaan wees nie. Mag ons almal die een ook oorleef saam die menslike skrywers.

Almarie Uys ·

Openbaring 12 kom nou in vervulling ,Gaan lees gerus die hele hoofstuk.
Maar niemand weet wanneer die Wegraping gaan plaas vind nie net God die Vader weet.

Bessie ·

Niks en niemand weet wanneer dit sal gebeur nie,nie eers Jesus nie so almal spekuleer en so maar dat die koms naby is die is dit verseker want die natuur en alles in die wereld dui op ons Vaded se koms en hoop net dat almal gereed sal wees vir die groot koms ?Amen

Suzette ·

Ek lees van die kometaar en ek besef ons ken nie die woord van God nie. Ons ken nie eens die tydomstandighede nie. Ons het nie genoeg kennis van wie God is nie. Ek lees dat ons kinders van die dag is en nie van die nag nie. Ek vrees nie die toekoms nie. Ek is in Hom en Hy in my. Enige iets wat vrees aanhits of vrees kan bring is nie van God nie. Gaan lees Lukas in konteks. Dis nog voor die Kruis. Ek is oortuig dat alles op die Kruis in vervulling gekom het en dat Openbaring reeds op die Kruis afgehandel is. Dit is immers die boek wat sê dis die Openbaring van Jesus Christus. Waar is Hy geooenbaar. Is dit nie op die Kruis nie. Solank as wat die kerk openbaring gaan beskou as iets wat in die toekoms moet gebeur en nie iets wat reeds in vervulling gekom het nie, gaan daar altyd ‘n einde aan die wêreld aakodiging word. Die skepping wag met rykhalsende verlange tot die openbaarmaking van die seuns van God. Is dit nie tyd dat die kerk saam met die skepping daarop wag nie? Wag beteken vir heerskappy saam met Christus en nie omgee en einde aankondig nie. Om outoriteit op te neem en oor ons omstandighede te heers. Ek sien uit na die dag as die liggaam van Christus se oë gaan oopgaan en begin heers. Seën.

LaatMensWonder! ·

Ek vind dit interessant en effe komies dat die planeet X idee, wat grootliks bekend geword het deur Zecharia Sitchin se boeke in die Earth Chronicles reeks, en op ‘n Babiloniese skepping mite gegrond is, ‘n Christen se eskatologie sal bepaal…

Stefan ·

Ag shame!! Ek sien komende Maandag uit na die rasionalisasies van diegene wat hierdie “profesieë” verkondig oor waarom die wegraping en die einde van die wêreld toe nié gebeur het nie.

Stefan ·

Hahaha ek stem saam. Dt gan epic wees om te sien hoe hulle dit diekeer try toesmeer

Dean ·

Nasionale Braaidag Maandag sal ń heel nuwe betekenis hê..maar helaas..God alleen sal weet…Amen.
Dis asof die hele jaar ergerlike wreedheid ervaar wat ons nooit vroeër ervaar het nie..meer storms…vloede…hittegolwe…seriously ń snaakse jaar..maar soos Apostel Paulus sê..” Die goeie goed wat ek moet doen die doen ek nie, maar die slegte goed die doen ek”…dis maar ons almal se battle daai. Vrede..en as ek julle nie vlgde week sien nie..hoop julle saak is reg met ons Vader. AMEN..

johnny_walker ·

wat interresant is , is die feit dat die jaar van Christus se wederkoms bepaal kan word , dit staan in die Bybel , en selfs Christus het dit bevestig deurdat Hy juis gesê het net die Vader ken die dag en die uur , hy het juis die jaar nie genoem nie, want Hy het geweet van die geskrifte waarin die jaar bekend gemaak is , letterlik miljoen mense lees die verse elke dag en tog sien net die dit wat God dit toelaat , vra en aan jou sal gegee word , soek en jy sal vind
Daar is wel n klein vangplek , maar dit is nie hier of daar nie , lekker soek
glo my dit is die moeite werd

CAV ·

En Maandag lees ons seker oor die redes waarom die NIE gebeur het nie. Niks het ook in 1988 gebeur toe die 3 maane oor mekaar was nie ?

Lientjie ·

Ek weet nie van julle nie maar ek gaan braai, maar hoop bogenoemde sluit Zuma in!

annelize ·

Vir God is n dag soos n uur,n maand soos n dag…niemand weet wanneer dit die einde van die wereld sal wees nie.
Dit kan oor n uur van nou af wees…of oor nog n duisend jaar.
Maar waarom worry ons wanneer dit is?
As jou lewe in orde is en jy stap die regte pad saam God,kan dit mos maar eenvoudig gebeur wanneer en soos dit moet.
Of wil jy nou ewe skielik nou wakker skrik omdat dit die naweek gaan wees?En indien nie,gaan jy na die naweek aan op jou padjie soos gewoonlik.
Wees ALTYD reg vir die wederkoms.

Pooks ·

“En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. Want net soos hulle was in die dae voor die sonvloed toe hulle geeet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het, en dit nie verstaan het voordat die sonvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie” (Matt. 24:38,39,42).

“En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid … en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word. En DAN sal hulle die Seun van die mens sien kom in ‘n wolk, met groot krag en heerlikheid” (Lukas 21:25-27)

Tydens die wegraping vind die bruilof tussen die Lam en die Bruid plaas,

“… het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof … Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie” (Matt. 25:10,13).

Tharina ·

Dat ons wel in die eindtye leef is n feit wat niemand meer kan ignoreer nie. Niemand weet egter wanneer daardie presiese dag sal wees nie, selfs nie eers die engele in die hemel nie. Vir God is ń dag soos ń duisend jaar is en ń duisend jaar soos 1 dag. “Work for the world as if you were going to live forever, and work for the Hereafter as if you are going to die tomorrow.” -onbekend-

Willem ·

Hoe is dit ‘n feit? Wat gebeur nou wat dit die eindtyd maak?

Annette Kruger ·

Eerstens wil ek net dankie sê aan MM dat hul my comment v gister afgehaal het…? seker omdat ek gesê het hul publiseer SNERT & doen swak navorsing….
Tweedens, daar is BAIE tekens wat dui dat ons in die eindtye leef – gaan lees Openbaring en ander verse wat daarmee saamgaan. Gaan kyk ook na die youtube kanale van Robert Breaker & Steve Cioccolanti – daar sal jul oë oopgaan!!!!
Die Openbaring 12 teken op 23/09 is slegs dit – ‘n TEKEN (Great sign in the heavens) wat presies in Openbaring 12:1-2 opgeskryf staan!!!

HPV ·

So gelukkig sal ons nie wees nie. Gaan nog lank met Zuma sit.

SJH ·

If only… ek is weke agter met my studies en al my werkstukke moet die 26ste in wees… this is one way out!

Deon ·

Niemand op aarde weet waneer dit gaan gebeur net Die Groot Almagtige GOD weet

Verjaarsdag Meisie ·

Ek is nou baie bang, want die naweek is my verjaarsdag. Ek hou nie daarvan dat mense n bespotting met die hemelruim doen. Se nou net dis die waarheid, waarheen vlug n mens. Oe ek kry koud en is bang !!!!!

Talitha ·

Liewe Verjaarsdag Meisie. Jy hoef nie te vrees nie, want dit is nie van die Here af nie. Jy hoef ook nêrens heen te vlug nie. As Jesus in jou hart is en jy Hom erken as jou verlosser en saligmaker sal jy totale vrede ervaar. Ons moet net sorg dat ons lampies vol olie is as ons Bruidegom kom. (met ander woorde vra dat die Heilige Gees jou sal vul). En leef elke dag in verhouding met Hom. Dan is die eindtyd (wanneer ookal dit kom) iets ongelooflik aangenaam waarna ons kan uitsien! Geniet jou verjaarsdag

Louis ·

Liewe verjaarsdag meisie,ons moet sorg dat ons lewe elke sekond reg is met die HERE . Ons weet nie eens wanneer ons sterf dag is nie .Lewe elke dag voluit asof dit jou laaste dag is op aarde en vertou die HERE .N Geseënde dag vir julle

Magic ·

Baie tekens van die eindtyd inderdaad! Sien baie uit daarna! Intussen ……. woon en werk rustig voort, doen goed en maak seker jou saak is reg met jou Verlosser.

rassie ·

Miljoene mense het al oor die eeue heen gesterf en so die einde van die wêreld beleef.

Die getallespesialis moet die Lotto probeer. Sy kanse is moontlik groter daar as met sy voorspelling oor die einde van die wêreld.

Carien ·

David Meade sleep christenskap deur die modder. Net nog n manier van satan om mense n wanindruk van God te gee en die eindtyd. Hoe kan jy hom glo wat homself n Christen noem maar glo die mens is geskape deur aliens wat genoem word Annunaki ( Maroela het vergeet om dit wat in ander berigte is hier ook in te bring). Die eindtyd sal wel kom, wanneer weet nie een, ons moet net sorg dat ons elke dag gereed is.

Atta ·

Elke dag sterf daar derduisende in die wêreld. (Moenie my woord vat nie, Google dit!). Wat keer dat ek of jy nie vandag deel van daardie statestiek word nie? Niks! Kan jy werklik sê dat jy die “smal weg” gevind het, of is jy dalk op die “Breë weg” onder die indruk dat jy op pad is hemel toe? Moet nie jou ore laat kielie deur vals leraars en vals profete nie. Vra in opregtheid vir God om jou daardie smal weg te wys sodat jy nie voor Hom sal hoef te staan en sê: “Het ek dan nie in U Naam….” en jy dan daardie geweldige uitspraak moet hoor: “Gaan weg, Ek het jou nooit geken nie…”.

Herman ·

Of Jesus vanaand op die wolke kom of eers oor 1000 jaar, wees gereed elke dag.

magrietha ·

Sjoe julle is slim wooo.Ek dinkk julle moet julle bybel oor lees.God se nie eers sy engele sal weet waneer Hy kom nie.Nou noem julle self as n geleerde persoon.

Kobus ·

Alles moet aan die Woord getoets word, en die Woord is duidelik dat ons dit nie sal kan bepaal nie, maar die Woord leer ons om ook die tye te lees, en dis n werklikheid dat ons in die laaste dae leef, wees reg en maak seker dat jy reg is as Jesus kom, moenie onverwags gevang word nie, bekeer vandag, voor dit te laat is, God se genade is nog hier vir ons,. As Jesus kom is dit weg, God wil niemand verlore sien gaan nie. Dis nie Hy wat jou in die hel werp nie, jy kies dit self, en wees verseker dat die hel n realiteit is! Vrede vir elkeen en maak vrede met God vandag.

Neilia ·

Soos bo genoem God aleen weet waneer hy n einde sal maak aan die wereld met sy siek mensdom, nee lees weer ek gese WERELD met SIEK mensdom nie n siek wereld nie. Ek al baie gewonder hoekom HY nie net n einde maak aan dit wat HY geskep het en oor begin. Dan val die woorde by my , Father forgive them as they do not know their sins. Daar staan ook geskrywe ,daar sal aan die einde baie vals profete wees . Sterkte vir die wat nie gereed is vir daai dag wat HY sy kinders kom haal want ek wil beslis aan SY voete gaan sit .

Anoniem ·

Dit is so jammer dat ons as mense nie ernstig kan wees met God nie en als maar so ligtelik kan opneem. Ja niemand weet wanneer die wegraaping gaan gebeur of wanneer Jesus gaan kom nie, maar daar is tog bewyse in die Woord van God dat daar tekens sal wees wat vooraf sal gebeur en dit is wat nou ook gebeur. Ek vra dan berei jouself voor vir die dag moet nie jou olie gaan koop en laat kom vir die bruilof fees nie. Wat het jy om te verloor as jy reg is vir die wederkoms maar dit gebeur nie, en wat gaan gebeur as die wederkoms wel gebeur en jy was nie reg nie. Dit is my vraag aan jou. Ek is nie n profeet nie . Ek is n sondaar net soos jy. Wil jy nie dan maar saam vandag die knieg buig en vergifnis vra en Jesus Christus aanneem as jou saligmaker. Wat het jy te verloor? Mooi dag vir julle almal en n Geseende dag in Jesus Christus se naam. Skaam jou nie om My naam voor die mens te gebruik nie en Ek sal My nie skaam oor jou. As jy die naam van God nie aanroep sal die klippe dit wel doen. SHALOM.

Suzette ·

My mens jy is nie meer ‘n sondaar nie, anders het Jesus vernier gesterf. Jy is die geregtigheid van God. Die vraag is waarvan is jy oortuig? God was 2017 jaar gelede al oortuig van jou geregtigheid. Hoekom sukkel ons so daarmee.

Johann Marx ·

En ALMAL haal aan uit ‘n boek wat oor en oor bewys is as onvolledig en deur die vroëe kerk aanmekaar geflans is met die doel om mense te beheer en oorheers? As die oorsprong van jou feite nie korrek is nie, hoe kan die slotsom van jou oortuigings reg wees? Ek vra maar net….

John ·

En ons glo ons beleef nou die ergste van dae op aarde. Baie erger was al en nog erger kom. Ons hoop ons word weggeraap voordat rampe soos elders in die wereld ons tref… dws ons wil voorgetrek word. Volgens die Bybel stel die Vader sy koms uit sodat diegene op verkeerde wee daarvan kan afsien en gered word… uit liefde dus. Ons in Afrika is ten spyte van ons sondes/selfbejammering baie geseend. Hoeveel rampe, wat nie self gemaak is nie, het ons getref, maar dankbaarheid bly uit. Niemand kan die Vader se arm of Sy tyd se arm draai nie. Sy Seun is ‘n betroubare Getuie. Nuusbronne, uiteraard draers van groot/slegte nuus het ons Bybel vervang. Dit dwing ons tot angs en pille, terwyl die Bybel rustige geloof aanmoedig.

Robert ·

Ek is so bly almal wat hier kommentaar lewer stem saam, net God die Vader weet wanneer die eindtyd gaan wees. Die vraag is wel, is jy 100% seker die dag as Jesus kom, kom haal hy jou ook? ….as die antwoord nee is gaan praat met iemand daaroor…… want die eidtyd gaan beslis kom.

fanie venter ·

plaas dat dit laas vrydag gebeur het dan het die bokke nie veroorsaak dat ons ,ons koppe in skaampte moet sak nie .Sien uit na maandag gaan lees hoekom dit nie gebeur het nie.Dit is al omdrent die 4de keer in my lewe wat ek moes lees dat die wereld op daai dag of nag gaan vergaan ,niemand weet nie GOD het nie eers vir sy seun JESUS gesé wanneer die wereld sal vergaan nie so waaroor daar oor bekommer leef net reg dan kan jy sonder vrees na jou VADER gaan enige tyd

SE MAAR NET ·

Ek glo nie om te lewe vir wanneer Jesus sy bruid kom haal nie.
Dit gaan gebeur, niemand weet wanneer nie.
Ek lewe vir wanneer dit my tyd is om gekom haal te word. En dit kan enige tyd tyd wees.
Jy kan oor die pad stap en dood gery word. Of ‘n hart aanval. Jou tyd is nie wanneer Jesus kom nie. Jou tyd is wanneer Jesus besluit Hy wil jou nou kom haal…..

Tollies ·

daai datum is net die Vader alleen wat dit weet jy sal dit weet as die basuin blaas hoop dan dat elkeen genoeg olie in die lamp sal he en reg is om saam te gaan vir die wat dit bestem is tot daar die dag maar enige dag kan jy kom haal word .

Willem ·

Mens lees kommentaar soos hierdie, dan kyk jy verwondered na die kalender, en sien dis 2017, nie 1000 BC nie

Jolanda ·

Ai mense alweer…Nou gaan ek ma my dieet los en koek eet ek gaan mos nou ma dood gaan die naweek…????

LEA ·

As dit waar is en jou lewe is reg met Ons Vader sal dit wonderlik wees. Maar net God weet wanneer Jesus weerkom ! Elke knie sal buig daar sal gekners en geween wees ! dIE BESTE IS MAAK JOU LEWE REG!!! MET JOU LEWENDE VADER WAT IN DIE HEMELE IS!!!

Hanna ·

Eerstens as ons Hemelse Vader wel vertoef om te kom is dit net genade. My vraag aan elkeen wat hier geantwoord het is net “Is jy gereed vir die koms van Vader?” Ons het gisteraand spesifiek gepraat van die volgende “Markus 13:32. Maar van hierdie DAG en die UUR weet NIEMAND nie, ook nie die ENGELE in die hemel of die SEUN nie, MAAR NET DIE VADER”.. Ek glo dit hou verband met die terugkeer van Jesus na die aarde en ek stem 100% saam niemand weet wanneer dit gaan wees nie want dan kom Jesus om oorlog te voer teen satan en sy gevalle engele en geensins as jy gaan oorlog voer maak jy bekend wanneer en hoe jy dit gaan doen nie. Wat die mense wel nie verstaan nie is dat ons gaan weggevoer word op die wolke en dat daar 7 jaar van onderdrukking gaan wees maar die Bruidegom kom sy Bruid (Die Kerk) haal voor dit. Lees Openbaring mense al die tekens is daar die “rooi draak met die sewe koppe kom” daar is 7 lande wat die vlag gebruik. Ek sien uit daarna as Vader ons wel kom haal en is nie bevrees nie maak net seker jul is ook gereed.

Jesus liefde

Shalom

Stofskoen ·

Niemand weet nie, …. maar waarom sê die Bybel dan mens moet uitkyk vir die tekens? En hoe het die wyse manne van die ster van Bethlehem geweet. En hoekom is Openbaring 12 dan geskrywe in die Bybel as dit nie iets beteken nie?

JOHANN PIETER BREYTENBACH ·

Dit verstom my dat daar soveel beterweters is en dinge vooruit loop. Dan kan hulle vir my sè wanner ek doodgaan sodat ek dinge in gereedheid kan bring. Tekens is daar wel dat die eindtyd naby is maar wanneer sal GOD ons VADER alleen weet. Die tyd is ‘n minuut voor 12 en as die klok 12 uur slaan gaan die wederkoms plaasvind, so kom ons gebruik die minuut om alles reg te maak wat verkeerd is sodat as die klok slaan ons gereed sal wees as JESUS sy verskyning gaan maak om te kom neem wat aan HOM behoort. Gebruik die woord, Die Bybel, as riglyn om reg te maak en leef in liefde en harmonie met almal. Vergeet daar van om aardse god te wees en dinge waarvan ons geen kennis dra vooruit te loop.

Eish ·

Herman, baie dankie vir die artikel. Die kommentare was wonderlik om te lees.

Joa ·

Ons leef al die laaste 2,000 jaar in die eindtyd. Die Ou Testament moet saammet die Nuwe Testament gelees word om die Nuwe Testament te verstaan.

Mev Steyn ·

….help my reg as ek verkeerd is, maar staan daar nie iewers in die bybel dat die einde eers sal wees die dag wanneer almal nie van Jesus weet nie?

Ja daar is baie tekens, wat wel in die Bybel genoem word maar niemand weet wanneer daardie dag is nie.

Peet J ·

Genesis 9 “en dat daar geen vloed meer sal wees om die aarde te verwoes nie ” die ewige verbond is tussen God en al die lewende wesens in alle vlees wat op die aarde is.
My vraag is sou daar ‘n wegraping plaasvind wat natuurlik geestelik sal wees met wat gaan al die siele hulle mee besig hou ?

JR ·

Lees jou Bybel. God en God alleen weet wanneer die dag sal aanbreek. Ek julle spekuleer or datums en dae. Siestog. Maak eerder seker dat jy vandag gereed is. Die Woord verwys ook na vals profete. Pasop.

Frans C ·

Sjoe mense is julle seker oor dit wat julle skryf.Onthou alles wat ‘n begin het-het ‘n einde.
Ons eie ster die son beskik nie oor oneindige energie nie en gaan die weg van alle sterre volg.

Nasa plaas gereeld baie insiggewende artikels soos bv ‘Stellar Evolution – The Birth, Life, and Death of a Star”.Sterf ons son dan sterf ons planeet saam met dit.In Kolossense 1 verse
“15 Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie. Die Seun is die Eerste, verhewe bo die hele skepping.
16 God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders. Alles is deur Hom en vir Hom geskep.
17 Voor alles was Hy al daar, en deur Hom bly alles in stand. ”

Christus weet dus presies wanneer ons ster sy einde gaan bereik en die proses waar deur
dit gaan.Hy is dus die Skepper en herskepper. En so sal Hy op sy tyd ‘n nuwe heelal en aarde
skep.Hou dus op op te bekommer en geniet die tyd wat Hy aan ons elkeen gegun het en leef jou Christenskap in volle geloof en vertroue uit.

Niccy ·

En intussen party almal op die groot Titanic… hul sien en praat oor die tekens van die tye soos in die Bybel voorspel maar maak nie gereed nie……totdat die Dag aanbreek wat net God die tyd van ken.

Stella ·

Hoeveel jare word daar nou al voorspel dat die einde naby is. Ja daar is baie tekens maar net GOD alleen weet wanneer. As jou saak met die HERE reg is hoef jy nie bang te wees vir sy koms nie…of dit nou gebeur of dit more gebeur. Dink net hoe wonderlik dit sal wees om saam met GOD in die nuwe Jerusalem te woon met geen pyn en lyding meer nie.

Stofskoen ·

Ek lees en lees die artikel weer en nêrens kry ek iets te lees van ‘n wederkoms nie.
Net dat daar bespiegel word oor ‘n moontlike einde van die wêreld.

Nicole W ·

I’m confused about this ” wegraping “: I believe you were put on this earth, taught His Word, sometimes in a twisted manner, (to confuse you too, hence your belief of wegraping).When the end grows nigh, and He lets loose the 4 winds, His Spirit will leave this earth. Those in Christ will be able to get through the trials and tribulations without their faith faltering, whether you be tortured, or affected in any way that will put your faith on the line..This is the real test when rest of the world try to destroy Christians. You WILL NOT LEAVE this earth. That is the purpose for you learning His Word, to hold it in your hearts and have faith through times of tribulation. You will be steadfast and strong and cling to His promises. He will take you through these times. The wegraping is a fallacy. How else would the ultimate test of your faith be proved to the ungodly and ultimately to the ONLY being the adjective, AWESOME should EVER be allowed to describe. My Father, the ONLY AWESOME ONE, MY CREATOR! THE ONLY ONE TRUE GOD! OF THE BIBLE! if you believe in Him and trust in Him, then you will cling to Him in these days, because He promises in His Word, this time on earth is a VERY SMALL price to pay, in comparison to what He has in store for His faithful. GOD speed.

Catryn ·

Volgens my was daar nog altyd oorloë, asook aardbewings en tsunami’s, gaan kyk maar hoeveel stede langs ons kuslyn is begrawe as gevolg daarvan. Portugal was bv. ‘n groter land, aardplate het geskuif in 1700+ grooot tsunami. Voor dit was daar ook heelwat aardbewings en ook stede wat “verdwyn” het. Piramides wat onder see in gevind word. My ouers het vertel daar was ook “wegraping” gesels in 1914, 1940 , 1944, 1945 en dink in Amerika is daar kort kort sulke dinge. Niemand weet in elk geval nie.

Poppie ·

Dis voorvoor Jesus aarde toe gekom het… die prys betaal het, vir ons sonde. Sy genade alleen is genoeg vir my. Daarom is ek so lief vir Hom.. Hy het al my sonde weggewas met Sy kosbare bloed!!!

Arrie ·

Dit kan nie die einde wees nie. Die melk in my yskas verval dan eers die 27ste!

latie ·

ek wil jul vertel want die HERE wat my droom gegee het net soos in BYBEL staan wat gebeur het die eind tyd en dis is baie hartseer en dis ook nie lekker nie en dit het baie seer gekry oor die eind tyd en niemand weet wanneer maak jou dinge reg voor alles te laat is en ek bid elkeen wat en wie nie reg is nie seen hulle geliefde broers en susters amen.

Frans C ·

Mense reken dat die Bybel sigself weerspreek want in Markus 13 vers 31 ens skryf Markus .n Joodse Christen ,die Markus evangelie so tussen 60 en 70 nC die volgende oor wat Jesus tydens sy lewe sou gesê het:
“daar sal ‘n tyd kom wanneer die hemel en die aarde nie meer daar is nie.Maar daar sal nooit ‘tyd kom wat my woorde nie meer waar sal wees nie.

32,Net God weet die presiese datum en tyd wanneer die einde gaan kom.Die Engele weet dit nie en ook nie sy Seun nie,net Hy,want Hy is die een wat sal besluit wanneer dit sal wees.Wees…..,die einde kom nie.’

Uit die vers wil dit blyk dat God dus ‘n geheime agenda het en almal in die duister hou.
Dit val nie Jesus se opdrag om as mens te verklaar wanneer die einde aanbreek.Sou Hy dit doen sal almal vinnig tot bekering kom omdat geloof dan gegrond sal wees op ‘n voorkennis en nie op ‘n vaste vertroue dat al God se beloftes vervat in die Bybel,vir elke ware gelowige bewaarheid sal word.Soos Tomas wys my die tekens,sodat ek kan glo.

In Johannes 10 vers 30 skryf Johannes sou tussen 90-100 vC (dus so’n 25 jaar na Markus
en klaar die geheim op,wanneer hy skryf:”Ek en die Vader dink en doen dieselfde dinge.Ja, Ons is een.” Dit val dus buite menslike kennis,daarom moet ons natuurtekens,ook tov die son reg lees en voorbereid lewe.

S H ·

So my vraag is dit: Sê nou die Here kom vanaand 17:10 – Is jy gereed? – (hy kan enige tyd kom, maar dink mooi daaroor, ons sê altyd die Here kom binnekort, maar ons leef nie regtig asof ons dit glo nie. Ondersoek jou hart deeglik. Indien Hy vandag 17:10 op die wolke gaan verskyn. Vra jouself die volgende vraag. As ek net 5 ure het voor die koms van die Here. – Is ek gereed…?

Luke ·

Watse tekens? Al die tekens is dieselfde die laaste 1000 jaar man. Al wat verander het is dat die “tekens” waar geneem kan word te danke aan tegnologie en sosiale media. 100 jaar terug het niemand geweet daar was n aardbewing in mexico of orkaan in amerika nie. Weereens wil ek die storie in n ander perspektief laat. Nes n aap wat n selfie geneem het en kopie reg het op die foto net so belaglik is al die profete. Dit gaan oor een ding. GELD!!! Die whats his face ou wat voorspel maak op een of ander manier geld. Media huise maak geld deur kkyker getalle. Facebook wemel van gesprekke. Bla bla bla

Niemand ·

Neewat die einde van die wereld is nog lank nie in sig nie. Almal wil dit glo omdat evil in die land en wereld net meer raak. Wreedhede, oorloe en gerugte van oorloem aardbewings .. moorde, valse beskuldigings, groepe wat teen mekaar opstaan, leuens, bedrieery .. dit vier nou hoogty maar MOENIE dink dit het nie 200 jaar terug ook gebeur nie, dink die Jode het ook destyds so gedink so ook die boere met die Anglo Boere-oorlog en Europa met WW1 en WW2. God se tyd is nie ons tyd nie, en sodra ons swaarkry op aarde ‘wens’ ons dis die einde van die wereld. Nie eers naastenby nie. Niemand weet nie.

Frances ·

leer en lees die Bybel die waarheid staan daarin –Die wederkoms is naby ja , maar niemand maar niemand behalwe God weet wanneer nie eers Jesus nie ons moet nie datums op God se besluite plaas nie , ons moet net sorg dat ons gereed is en lewe elke dag asof dit die laaste is , sodat jy nie agterbly nie dan gaan dit eers erg gaan die’ is nog niks wat nou in die wereld gebeur wat teenoor wat kom nie ,

Maine ·

Nee regtig … My kids gaan die naweek kamp … My dogter trou volgende jaar my vakansie bydi see is oor 17 dae … En ek was jare terug bydi see … Alles is betaal en nou moet ek lees die aarde is die naweek op sy laaste … In my leeftyd moes ek die afgelope paar jaar al n hele paar keer hoor die aarde is op sy einde en die volgende dag het almal nog bestaan … Ons is soos in Noag se tyd … Hy het almal gewaarsku en almal het hom uitgelag … Op n manier doen ons dieselfde … Ja die aarde en ons dae is getel maar NIEMAND weet wane is dit GOD se tyd nie …

TTh ·

Herman, jy fokus op die verkeerde verdraaide inligting, bly by die Woord van God, dan sal jou hare dalk rys as jy sien wat aan die kom is – 1 Tess 5:4, kyk maar, die toegwyde ware Christenne sal wel presies weet wat gaan gebeur…

Maroela moet nie snert post nie! ·

Ag nee, geen wonder mense vat nie afrikaaners en die site ernstig op nie!

Daniel ·

Kom ons raai wat volgende voorspel gaan word en hoe lank dit sal vat?

Onbekend ·

Ek sten saam, ons mense kan nie bepaal waneer dit die einde is nie, al die tekens is daar al vir jare dit is dalk naby, maar n 100 jaar vir ons is vir God n dag…

Ron ·

Na die lees van die berig lyk my probleme en bekommernisse ma bra sinneloos. Skielik sien ek dinge in n ander lig en ek sien selfs kans om met my vyande te versoen . . . net vir incase!
Klaar besluit as ek vannaand tuis kom gaan ek minder brom en kaalvoet buite loop , n lekker bord kos vir my manlief maak en lag en gesels oor alles , gaan vir hom badwater later tap en hom vertel hoe lief ek hom het. Dan bybel lees soos altyd en bid ….. vergewe ons HEER !!
Dankie vir die berig MM . . . jul het so bietjie ons hokke kom skud

Johan ·

Maar sou die wereld nie einde 2012 plaas gevind het nie? Hoe dan nou?

Fester ·

In die Bybel staan dat nie eers die Here se engele sal weet wanneer die wederkoms gaan wees nie, hoe wil die mensdom dit dan nou voorspel!

Veritas ·

God beloof aan sy kinders ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde. ‘n Aarde waar mot en roes nie verniel nie en rowers nie inbreek en steel nie. Wat ‘n heerlike ervaring gaan dit nie wees om in Sy teenwoordigheid te kan wees, nie. Sy kinders sal juig die dag wat Hy kom. Niks om oor bekommerd te wees nie.

Pjk ·

Dis so intetesant om al die kommentaar te lees. Moenie vrees nie maar maak seker dat jy wel Jesus as jou Saligmaker aangeneem het en wees elke dag gereed al gebeur die wegraping nie nou nie. Onthou, die dood bly n asem ver en as jy die een asem oorleef, dan is dit net God se genade wat jou aan die lewe hou. Sterkte

Francois Greeff ·

Yipee !!!, as maar net so was.
Net God aleen ken die dag en tyd en dit is verkeerd om sulke voorspellings te maak.
Wees elke oomblik maar gereed.
Die vraag is maar net, hoeveel onkruid is daar nor nog tussen die koring op die land?

Brian ·

Ek besef ons weet nie watter dag dit sal gebeur nie maar in my gees roep ek “kom Jesus, kom”. Daar’s absoluut niks wat daardie wonderlike oomblik kan oortref nie.

Ek glo ook ·

Ek is seker dat daar in die 4500 miljoen jaar van ons aarde se geskiedenis al vele opleinings van planete, vele natuur rampe en vele oorloeë was. n Miljoen jaar is om die draai op hierdie tydskaal, dis sekerlik waarna julle verwys as jul se die einde is naby, glo nie ek sal rond wees om dit te ervaar nie…

Richandre ·

Ek wonder hoeveel mense gaan hul eie lewe neem die keer. Die here het gese niemand sal weet wanneer die einde sal Kom nie

Johannes de Ridder ·

Einde van die qerel STROOI! Hierdie weteld gaan hier nog staan tot ek doodgaan of u wat hierdie boodskap lees. Jou einde van jou wereld die godelose/eie ek/ goliaat in jou moet sterwe sodat Christus in u kan lewe.Die natuurlike wereld en die natuur op hom was vir miljoene jare daar en het miljoen transformasies gehaad. Baie nasie vedwyn deur dit en ander maak dit. Kyk na sonamies/ aardbewings/oorstromings/ mudslides/ vallende plaanete ens. Die natuurlike aarde sorg vir hom self,God het alles wat lewe en nie lewe nie geskep met presiesheid. Daars baie vrae wat nie vir die mens beskore is om te weet nie maar net God.Hy gee lewe en neem lewe. Se vir my na jul profete se skatings ens verby is of die dienskneg van n lewende Apostel jok? Ek kan u nou se u sal nie eers terug kom om dit te erken nie. God het dit net vir die apostela gegeealleenlik, gaan lees u skrifte. Mag God julle seen.Amen.

Avokado ·

Die wegraping het al lankal by die polisiestasie en die poskantoor plaasgevind.

vytjie ·

nie eers die Engele in die hemel weet wanneer JESUS kom nie

Rudy Maritz ·

Ek sal maar wag tot Maandag om weer te lees wat julle se.

Julian Flesch ·

Jesus said, “No one knows the day or the hour.”, but He also said we can look at the signs of the times eg. “When they shall say ‘peace and safety’, sudden destruction will come upon them.” It is interesting that the theme for todays UN international peace day is “peace and safety”. This is the first time, as the theme changes every year. Make of this what you will, but I believe the beginning of the Tribulation is at hand (Daniel’s 70th week – a period of 7 years), after which the end is supposed to come. Note I’m not trying to prophecy, just to interpret scripture, and I may be wrong.

Dries ·

Ons moet nie sulke mense glo nie, dit staan so duidelik in die Bybel, ons almal saal Jesus tegelykertyd sien wanner Hy eendag kom, of dit oor ‘n paar sekondes is of oor ‘n paar duisend jaar ons moet net gereed wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.