Is dit weer Bush teen Clinton vir Amerikaanse president?

Hillary Clinton

Hillary Clinton

Die voormalige presidentsvrou en minister van buitelandse sake, Hillary Clinton en die oud-goewerneur van Florida, Jeb Bush, lyk vroeg-vroeg na die VSA se vernaamste presidentskandidate om pres. Barack Obama op te volg.

Bush moet nog sy kandidatuur as Republikeinse kandidaat bekend maak, terwyl Clinton die naweek bekend gemaak het dat sy om die Demokratiese Party se nominasie sal meeding.

Beide het baie steun, maar beide het ook groot teenstand, met Jeb wat ’n bietjie meer “dinastie-weerstand” ervaar.

Jeb is die seun van oud-pres. George Bush en die broer van oud-pres. George W. Bush. Hy het pas sy eerste noemenswaardige voorverkiesingskuiwe gemaak, en volgens aanduidings goed gevaar.

Terwyl daar strawwe kompetisie om die Republikeinse kandidatuur sal wees, met verskeie kandidate wat reeds aangedui het dat hulle gaan meeding, lyk dit of Clinton nie noemenswaardige teenstand in die Demokratiese party sal ondervind nie.

Lees die Christian Science Monitor se ontleding hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.