IS doen oproep op “eensame wolwe” vir terreur in VSA

Times Square Foto: Wikimedia Commons

Times Square Foto: Wikimedia Commons

Die terreurorganisasie, die Islamitiese Staat, het ’n beroep op die internet op mense gedoen om terreurdade in die VSA te pleeg. Volledige instruksies oor hoe om onder meer pypbomme te maak is ook geplaas.

Die IS vra dat mense terreurdade in plekke soos Time Square in New York en The Strip in Las Vegas, en op treinstasies in enige ander plek in die VSA pleeg.

Die boodskap, gerig aan “alleenloper wolwe” wat drie weke gelede opgestel is, het pas weer in omloop gekom, en dié keer veel meer aandag getrek.

Klik hier om meer te lees.

Bronne: Trouw en Jihad Watch

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.