IS het volksmoord teen Christene gepleeg, sê VSA

John Kerry, Amerika se minister van buitelandse sake (Foto: Skermskoot uit die ABC News-video)

John Kerry, Amerika se minister van buitelandse sake (Foto: Skermskoot uit die ABC News-video)

John Kerry, Amerika se minister van buitelandse sake, het Donderdag gesê terroriste van die Islamitiese Staat (IS of Daesh) het Christene en ander godsdienstige minderheidsgroepe suiwer op grond van hul geloof vermoor.

“Daesh het Christene suiwer op grond van hul geloof vermoor,” het Kerry in ʼn toespraak gesê. “Hulle het Yazidis vermoor suiwer omdat hul Yazidis is en Shia Moslems, omdat hul Shias is.”

Kerry het gesê die groep se “wêreldsiening” is gebaseer daarop om enigeen te vernietig wat nie hulle perverse ideologie onderskryf nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Trolle ·

Nou hoekom het julle in die eerste plek oorlog verklaar teen Syria verduidelik vir my wat het hulle gedoen aan die US.Kyk in watse gemors het julle die wereld gelos,hoekom bom julle nie eerder vir ou Bob nie?

Melt Olckers ·

Die VSA se aksie is toe te skryf aan die gesegde: “Evil truimph when good men do nothing.” As die VSA moet stilbly oor die wreedheid wat diktators in Sirie , Irak en Libie pleeg dan moet ons hulle aanspreek oor hulle inmenging in die 2de Wereld Oorlog toe Hitler 6 miljoen Jode uitgemoor het.

Trolle ·

Melt en dit gaan nou baie goed in daai lande waar die USA betrokke geraak het ne?lyk my isis moet dan goeie mense wees in jou oe.
En die USA het eers die 2de wereld oorlog ingekom toe hulle sien die Duitsers is verslaan, en toe die hele stad Berlyn platgevee met gewone landsburgers en al noem jy dit menslik?dit na die Duitsers klaar verslaan was.Moenie jou kop stamp oor die 6 miljoen jode nie gaan kyk hoeveel mense kominunistiese russia en china doodgemaak het.

Rupert Ashford ·

Siestog kom hy dit nou eers agter? Hoekom het julle julle neus in Sirie gaan steek? Het julle nie gesien hoe goed het julle planne uitgewerk in Egipte, Libie, selfs Tunisie nie. En die spul Turke wat kastig deel van die goeie ouens moet wees gebruik elke verskoning om arme Koerde aan te val en gee die IS manne vry deurgang Sirie toe en help hulle om hulle olie uit te voer.

Marous ·

En julle het niks gedoen nie! Julle sal ook niks in Suid Afrika doen nie!

Wynand ·

Wat van die Volksmood in SA. Weet hy daarvan? En as hy weet wat gaan hy daaran doen?
Hulle weet van alles maar doen niks nie. maak asof hulle nie weet nie?

Johannes Meintjes ·

Jammer dat Christene en Afrikaners eintlik maar patetiese goedjies is. Kerm met al die waarheid onder die arm – maar doen self nie samehorig wat die Skrif voorskryf nie. Kan dan kamtig glad nie verstaan waarom vervolging so vel plaasvind.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.