John Kerry, Amerika se minister van buitelandse sake, het Donderdag gesê terroriste van die Islamitiese Staat (IS of Daesh) het Christene en ander godsdienstige minderheidsgroepe suiwer op grond van hul geloof vermoor.
“Daesh het Christene suiwer op grond van hul geloof vermoor,” het Kerry in ʼn toespraak gesê. “Hulle het Yazidis vermoor suiwer omdat hul Yazidis is en Shia Moslems, omdat hul Shias is.”
Kerry het gesê die groep se “wêreldsiening” is gebaseer daarop om enigeen te vernietig wat nie hulle perverse ideologie onderskryf nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Nou hoekom het julle in die eerste plek oorlog verklaar teen Syria verduidelik vir my wat het hulle gedoen aan die US.Kyk in watse gemors het julle die wereld gelos,hoekom bom julle nie eerder vir ou Bob nie?
Siestog kom hy dit nou eers agter? Hoekom het julle julle neus in Sirie gaan steek? Het julle nie gesien hoe goed het julle planne uitgewerk in Egipte, Libie, selfs Tunisie nie. En die spul Turke wat kastig deel van die goeie ouens moet wees gebruik elke verskoning om arme Koerde aan te val en gee die IS manne vry deurgang Sirie toe en help hulle om hulle olie uit te voer.
En julle het niks gedoen nie! Julle sal ook niks in Suid Afrika doen nie!
Ja en die hel is hel warm
Wat van die Volksmood in SA. Weet hy daarvan? En as hy weet wat gaan hy daaran doen?
Hulle weet van alles maar doen niks nie. maak asof hulle nie weet nie?