Volgens ʼn Siriese TV-kanaal is die meeste van die dooies vroue en kinders. Die IS het verlede Woensdag volle beheer van die antieke stad geneem, wat die residensiële en historiese dele van die dorp insluit. Hulle het glo ook ʼn lugmagbasis, tronk en die intelligensiehoofkantoor oorgeneem.
Die IS se offensief teen Palmyra het op 13 Mei begin. Mamoun Abdulkarim, direkteur-generaal van Siriese oudhede en museums, het aan die Xinhua-nuusdiens gesê die veiligheidsmagte kon daarin slaag om alle antieke items van Palmyra na veilige gebiede te verskuif.
Abdulkarim het sy ernstige kommer uitgespreek oor die lot van die ou tempels en monumente in Palmyra wat nie geskuif kan word nie. Palmyra is ʼn UNESCO-wêrelderfenisgebied.
Het die VSA gegelp om die IS te vorm ten einde Syria te verslaan? Ek kan dit nog nie lekker uitpluis nie.