IS maak glo 400 dood in Palmyra

Palmyra. Foto: Wikipedia

Palmyra. Foto: Wikipedia

Militante van die Islamitiese Staat (IS) het glo al nagenoeg 400 mense doodgemaak sedert soldate van die terreurgroep die antieke Siriese stad, Palmyra, binnegeval het.

Volgens ʼn Siriese TV-kanaal is die meeste van die dooies vroue en kinders. Die IS het verlede Woensdag volle beheer van die antieke stad geneem, wat die residensiële en historiese dele van die dorp insluit. Hulle het glo ook ʼn lugmagbasis, tronk en die intelligensiehoofkantoor oorgeneem.

Die IS se offensief teen Palmyra het op 13 Mei begin. Mamoun Abdulkarim, direkteur-generaal van Siriese oudhede en museums, het aan die Xinhua-nuusdiens gesê die veiligheidsmagte kon daarin slaag om alle antieke items van Palmyra na veilige gebiede te verskuif.

Abdulkarim het sy ernstige kommer uitgespreek oor die lot van die ou tempels en monumente in Palmyra wat nie geskuif kan word nie. Palmyra is ʼn UNESCO-wêrelderfenisgebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johan ·

Het die VSA gegelp om die IS te vorm ten einde Syria te verslaan? Ek kan dit nog nie lekker uitpluis nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.