‘IS-ondersteuner’ het aanvalle op prins George beplan

Prins William en prins George op sy eerste skooldag (7 September 2017) (Foto: Richard Pohle/Pool Photo via AP, File)

ʼn Vermeende ondersteuner van die Islamitiese Staat, wat daarvan beskuldig word dat hy aanvalle op die vierjarige prins George aangemoedig het, het skuld beken in die hof.

Husnain Rashid is al twee weke lank in die hof waar hy Donderdag skuld beken het op drie aanklagte dat hy betrokke was by voorbereidings om terreurmisdade te pleeg en een aanklag dat hy terrorisme bevorder het. Hy het vroeër skuld ontken op die aanklagte.

Regter Andrew Lees het twee ander klagte uitgestel.

Die hofsaak, wat vir ses weke lank geskeduleer is, is onverwags beëindig as gevolg van Rashid wat sy pleit verander het. Vonnisverrigtinge begin op 28 Junie.

Die staat het aangevoer Rashid het ʼn rekening op die sosialemedianetwerk Telegram bedryf, genaamd Lone Mujahid.

Staatsaanklaer Annabel Darlow het vroeër aan die jurie gesê Rashid het aanvalle op ʼn reeks teikens, insluitend prins George by sy skool, aangemoedig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Oom Kalahari ·

Hoop Brittanje gaan hul oe begin oopmaak oor werklikhede wat nader aan die huis begin trek. Dit is siek om onskuldige kindertjies leed te wil aan doen.

White Rhino ·

Die lot word mos met ope arms in Europa aanvaar – gaan nog erger word.

Wakey ·

Dit is verskriklik om onskuldige kinders te dreig MAAR ENGELAND moet ook wakker word, hulle gee steeds geld vir terroriste organisasies en regering wat MINDERHEDE onderdruk en hulle laat elke vlugteling wat daar op ‘n boot aankom in die land bly EN gee nog vir hulle toelaes ook .. Hulle bewerkstellig hulle EIE ondergang … ENGELAND gaan wakker skrik as dit te laat is !!

Vraag ·

As mense links en regs beskuldigings aan Engeland slinger, hoop ek hulle feite is korrek. Dis skokkend dat ‘n organisasie so IS vir Prins George selfs wil target. Ek wonder waar Engeldand nou sodanig geld vir terroriste organisasies gee??? Dit maak mos nou geen sin nie!

LB S ·

Vraag, ek dink ook Wakey moet wakkerskrik en mooi dink voordat hy sulke bewerings kwytraak.

Hi ·

Dis hoekom ek van Pre Trump hou. (sy siening oor die groepe te ban in sy land)

LB S ·

Vraag, ek dink ook Wakey moet wakkerskrik en mooi dink voordat hy sulke bewerings kwytraak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.