IS onthoof 21 Christene in Libië en maak video daarvan

'n Skermskoot uit die video wat glo van die onthoofdings gemaak is.

‘n Skermskoot uit die video wat glo van die onthoofdings gemaak is.

Die terreurbeweging, die Islamitiese Staat (IS), het in Libië 21 Egiptiese Koptiese Christene onthoof en die terreurdaad op video vasgelê.

Na berig word is dieselfde hoëdefinisie-filmbeelde gebruik as met die verfilming van die doodbrand van ʼn Jordaniese vegvlieënier.

Die Koptiese Christene het in Libië gewerk, meestal in Sirte, en is vroeg in Januarie ontvoer. Die Egiptiese regering en die Koptiese Kerk het die egtheid van die beeldmateriaal bevestig. Die video wys hoe die mans, almal in oranje oorpakke, onthoof word op ʼn strand wat glo in Tripoli, Libië geleë is.

Egipte het reeds uit wraak lugaanvalle in Libië uitgevoer. Dit is nie bekend wanneer die teregstellings plaasgevind het nie.

Lees die volledige berig in die Christian Science Monitor en De Standaard.

Intussen het twee mans ʼn video, waarin hulle namens die IS dreig om ʼn aanval op Brussel te loods, op die internet geplaas. Die een man is geïdentifiseer as ʼn persoon wat onlangs van die dorp Verviers na Sirië vertrek het. Lees die volledige berig in Trouw.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

rissiepit ·

Gister is ook die karnevaal-optog gestop en gekanselleer, want IS het blykbaar ´n tereur aanval beplan vir Braunschweig. Rof! Dit maak nie die hartseer minder oor hierdie sinnelose moorde nie.

moeggepraat ·

Ek het die hele grusame (IS) video op Google gekry en dit het my na my asem laat snak. As iemand so sterk oor iets voel deur moord te wil pleeg, is dit nie dan maar net beter om selfmoorde te pleeg nie? Jy sal baie mense baie hartseer spaar en jou eie famielie ‘n guns bewys.

Eish! ·

Ek het dit gelees en sal nie probeer om te gaan kyk nie.
Iets (woorde) wat in my kop opgekom het:
Voorwaar, EK se vir julle, hul (onthoofdes) se paadjie Hemel toe is geteer!
Amen!

God leef!

piet ·

En dir hele wereld is te swak om die gemors te keer, hy moor net links en regs soos hy wil.

jacques ·

As die USA nie Irak en Libie se land verwoes het nie en vir Gadafie soos n sleg hond dood gemaak het nie sou daar nie n ISIS vandag gewees het nie.Nou lyk dit my hulle wil Sirie ook verwoes sodat ISIS nog n groter plek kan he.En dan kom die USA net in en BOM ISIS dood hulle ken mos net van bomme gooi.Dan sit hulle net die regte presedent in wat hulle pas.Hulle kon al lankal vir ISIS van die wereld map afgevee het hulle spog dan hulle het die sterkste weermag in die wereld.En begin boor vir olie en raak net nog ryker,en die hele wereld prys hulle dan omdat ISIS weg is nou,maar dis net my oppienie.
Die goverment van die USA word lankal nie deur sy mense regeer nie.Die Rothshilds en Rokkefellas vamielies beheer hulle goverment,geld is baie powerfull in vandag se lewe.
Gaan lees so bietjie na op hulle.gelukig keer Puten hulle nog op die oomblik
Maar dit bly vreeslik wat daai ISIS demons doen geen mens wil so dood gaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.