IS onthoof glo tweede Japanese gyselaar

Goto (links) en Yukawa (regs).

Goto (links) en Yukawa (regs).

Die Islamitiese Staat (IS) het ‘n video uitgereik wat glo wys hoe ʼn Japanese joernalis onthoof word.

CNN berig die video van 67 sekondes begin met die woorde “’n Boodskap aan Japan”. Die video wys Kenji Goto wat in ʼn oranje oorpak op sy knieë staan met ʼn man wat agter hom staan. Die man het ʼn mes in sy linkerhand. Die skerm word swart wanneer die man die mes teen Goto se keel druk en daarna wys die video die beweerde resultaat van die teregstelling.

Die IS het op 20 Januarie ʼn video uitgereik wat wys hoe Goto en Haruna Yukawa, ‘n medegyselaar, in oranje oorpakke op hul knieë staan. Yukawa is glo dae hierna tereggestel.

Jihadiste wat verbind word aan die IS het sedert Augustus 2014 reeds vyf video’s vrygestel waar persone onthoof word. Herve Gourdel (55), ʼn stapper van Nice in Frankryk, is in September ontvoer en onthoof. Twee Amerikaanse verslaggewers, James Foley en Steven Sotloff, en ʼn hulplenigingswerker van Engeland, David Haines, is vroeër deur IS onthoof. Peter Kassig, ʼn Amerikaanse hulpdienswerker, is in November deur die IS onthoof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Neptunus ·

ISIS / IS / ISIL moet nie vergeet dat die Japanese nie te lank terug nie self vernugtig was met kop afkap. Dink maar net aan die berugte foto van die geblinddoekte Australiese vlieënier geneem in die Tweede Wêreldoorlog, waar die laksman sy swaard omhoog hou.

Petrus van Eeden ·

Neptunus, dit wil voorkom asof jy die dade van Isis goedpraat, maar ek wys jou ook daarop dat nie baie lank gelede nie, Barend Strydom van die Wit Wolwe (en groot Christen) ook so met messe en swaarde rondgeswaai geswaai het!

Dewald ·

Maroela, kan julle dit asb sê soos dit is; die man is vermoor, nie tereggestel nie!
Teregstelling is ń wettige proses waar ń veroordeelde deur ń hof die vonnis opgelê is; die spul het net hulle ontvoerde gysellaar vermoor.

jacques ·

Alles America se skuld hulle het IS gemaak waar hulle is vandag.IS sou nie daar gewees het vandag as hulle nie ingemeng het in die arabiese lande nie nou moet christine by die duisende vlug voor IS.Wat het Japan aan IS gedoen om dit te verdien? Erens is n slang in die gras.

Louis ·

Jaques, jy het blykbaar nie ‘n f….n idee wat aangaan in die wêreld nie, iemand moet inmeng wanneer dit oor menseregte gaan!!

Boerseun ·

Louis indrukwekkende kommentaar, jy weet als. So wie maak Amerika die wet op mense regte? Hoekom val hulle nie China en Zimbabwe ook in nie. Hoekom is Bob nog nie in Den Haag opgesluit nie. Jacques is in n maate reg maar wel verkeerd, die niks met Christunskap uit te waai nie.

Pierre Celliers ·

Geen slang in die gras. Hierdie is eenvoudig bloeddorstige ekstremiste
wat uiting gee aan hulle bloedlus! Dis al. Niks te doen met geloof of enigiets anders nie.
Dat daar nie daadwerklik deur die wereld se magtiges opgetree word teen hierdie sotte nie, gaan die verstand te bowe!

Jasper ·

Weet iemand dalk watter lande voorsien die drek van wapentuig ? Wie koop die olie van hulle af, afkomstig uit die verowerde gebiede ? Het Amerika en sy bondgenote al n woord daaroor gerep ?

jacques ·

Louis ek dink jy lees te min werld nuus as jy nie kan sien daar sit n ander mag agter IS nie of dan is daar iets vout met jou.Wie is agter hulle olie aan?Kyk bietjie hoefeel miletere basis het Amerika reg oor die werd en hulle wil hulle wette reg oor die werld toepas .Gelukig staan Putin van Rusland nog in hulle pad.Skielik is daar probleme in Nigeria ook met bokoram na so klomp olie daar ondek is.IS is maar net hulle puppets. Dis maar net my opinie oumaat.
Gaan lees bietjie oor Putin wens hy was ons presedent.

anne ·

Dis ook reg Jacques, ander mense het groter probleme as spelfoute .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.