IS-onthoofdings: Vierde video vrygestel

Herve Gourdel van Nice in Frankryk wat in Algerië deur IS ontvoer en toe onthoof is Foto: Facebook

Herve Gourdel van Nice in Frankryk wat in Algerië deur IS ontvoer en toe onthoof is Foto: Facebook

Jihadiste wat verbind word aan die Islamitiese Staat (IS), het ʼn video van die onthoofding van ʼn man van Frankryk wat in Algerië ontvoer is, vrygestel.

Die groep, Jund al-Khilifa, het Frankryk ʼn spertyd van 24 uur vóór die onthoofding gegee om sy lugaanvalle teen IS in Irak te staak.

Herve Gourdel (55), ʼn stapper van Nice in Frankryk, is Sondag ontvoer.

Twee Amerikaanse verslaggewers, James Foley en Steven Sotloff, en ‘n hulplenigingswerker van Engeland, David Haines, is die afgelope maand deur IS onthoof en video’s van die onthoofdings is op YouTube vrygestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.