IS sê hulle het Mosambiekse dorp beset

‘n Argieffoto van Palma in Mosambiek (16 Februarie 2017) (Foto: John Wessels/AFP)

Die Islamitiese Staat het Maandag gesê hy het die kusdorp Palma in die noorde van Mosambiek beset, ná dae lange onrus in die gebied.

“Die kalifaat se soldate het die strategiese dorp Palma beset,” het die groep in ʼn verklaring gesê op sy Telegram-kanale.

Die DA het Maandag ’n beroep op die regering gedoen vir ’n troepesametrekking, bestaande uit al die lande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), na die Cabo Delgado-provinsie in Mosambiek waar ekstremiste verlede week die noordelike dorp Palma binnegeval het.

Tientalle mense is dood in die gekoördineerde djihadiste-aanvalle, onder wie ook die Suid-Afrikaner Adrian Nel.

Sekerheidsmagte kon oor die naweek daarin slaag om meer as 100 buitelanders, onder wie Suid-Afrikaners, uit die hotel te verwyder waar hulle skuiling gesoek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Chris dupreez ·

Dink wat julle wil, maar as ons nog n ordentlike weermag gehad het was hierdie klomp se doppie lankal geklink.

Realis Thailand ·

Dit is so waar maar ongelukkig die tragedie van afrika en sy lae IK regerings

Deon ·

“Telegram kanaal” is dit die media applikasie soortgelyks aan “whatsapp” Indien wel, dan ondersteun hulle mos nou daai klomp gewetenlose moordenaars?

Jack ·

Indien SA nie nou militer optree nie gaan die geweld oorspoel na ons met dieselfde slagting ongeag wie dit is. Die traagheid laat my wonder of hier nie weer iets duisters agter dit alles skuil nie. Tyd sal wel leer.

Hennie J ·

Ons in piesangland se teletubby-weermag is seker op gereedheid geplaas. NS:gereedheid beteken kry jou weermag wapen terug vanaf jou tjommie wat dit geleen het vir die naweek, kry n paar ekstra stukke kfc, maak seker jou arv is ingepak saam met jou pruik en grimering

Genis ·

Ek sal my kop n blok plaas… Hulle leiers sit in SA… merk my woord…

Johan ·

Sover ek weet het Mosambiek een van die hoogste % Christenne in Afrika,wat de hel soek Isis daar?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.