IS stel Irakse soldate tereg

Argieffoto

Argieffoto

Uit Bagdad word berig dat 180 Irakse soldate hulself oorgegee het aan die Islamiese Staat (IS) waarna hulle tereggestel is.

Onder die soldate was verskeie hoërang offisiere en een generaal, genl. Hassan Abbas Tufan. Vyf mans wat ook van te vore deur IS gevange geneem is, is saam met die soldate tereggestel. Dit word as een van die ergste gruweldade beskryf wat IS nog op Irakse bodem uitgevoer het.

Blykbaar het die soldate die Irakse militêre basis by die Tharthat-meer, ongeveer 70 km van Ramadi, probeer verdedig, maar hul ammunisie was nie genoeg nie en hulle moes oorgee.

Al-Sumeria News berig ook dat drie selfmoord aanvallers die grens-oorgang van Jordanië, Trebil, onlangs aangeval het. Die aanvallers was burgers van Frankryk, België en Senegal. Vier grenswagte is in die aanval dood en ses is ernstig gewond.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paplepel ·

Verbeel ek my, of is die Derde Wêreld Oorlog reeds in volle swang? Is daar nog ‘n plek op aarde waar IS of enige van die ander Moslem splintergroepe nognie mense vermoor het nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.