IS toon tekens van onmin

Argieffoto

Argieffoto

Terwyl Westerse lande met die hande in die hare sit oor hul burgers wat wegglip en by die Islamitiese Staat (IS) aansluit, doen die IS groot moeite om te keer dat ontnugterdes weer kan terugkeer.

Selfs jong meisies pak die reis van Sirië en Irak aan om as “jihadiste” lid van die IS te word.

Die afgelope naweek is berig dat ’n Suid-Afrikaanse gesin van Port Elizabeth hul huis verkoop het, en by die IS gaan aansluit het. Associated News Press berig vanoggend dat minstens 40 vroue uit Australië reeds by die IS aangesluit het, en dat al meer dit doen. Vroue maak sowat ’n vyfde van die “Australiese kontingent” van die IS uit.

Die Christian Science Monitor berig breedvoerig oor die maatreëls wat die IS tref om te keer dat mense uit hul beheer ontsnap. Aandklokreëls word ingestel, kontrolepunte en mobiele kontrolepunte skiet soos paddastoele op, en aanrandings en teregstellings is volop. Veral sedert Koerdiese verdedigers die IS se aanslag op die stad Kobane afgeslaan het, en die IS se lewende verbranding van ‘n gevange Jordaniese vlieënier is daar ‘n toename in die stroom ontnugterdes wat die IS se “kalifaat” wil verlaat. Sommiges sluit by opponerende jihadistiese groepe aan wat met die IS oorhoeks is.

Intussen word berig dat die Christene wat die IS uit die noordooste van Sirië ontvoer het, blykbaar na een van die IS se bolwerke verskuif is, en nou spoorloos weg is. Niemand weet iets van hul lot nie.

Intussen ontstaan al hoe meer Christelike milisies in Irak wat in hoofsaak deur die Koerdiese pesjmerga-mag opgelei word. Hulle veg skouer aan skouer met die Koerde om die IS te verdryf, berig Trouw in ’n omvattende artikel, “Christelijke milities tegen IS groeien snel”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Julius ·

Nee wat, as jy by IS wil gaan aansluit, dan moet jy maar die gevolge dra…

Drieks ·

Ons regering moet net 1 miljoen gratis vlieg kaartjies weg gee, dalk vlieg al ons wrede krimenele Sirié toe. Hier is IS vollop… geen menslikheid in hul.

jacques ·

Ja nee hulle moet maar kry vir hulle,as n mens dan so dom kan wees om so iets te doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.