IS vernietig antieke Nabu-tempel

'n Skermskoot van die ontploffing.

‘n Skermskoot van die ontploffing.

nabu-tempel1Die Islamitiese Staat (IS) het die antieke Nabu-tempel in die noorde van Irak met plofstof vernietig.

Dié 2 800 jaar oue tempel in die stad Nimrud teen die Tigrisrivier is gewy aan Nabu, die Babiloniese god van wysheid. Die Verenigde Nasies het bevestig dat beeldmateriaal wat wys hoe die tempel vernietig word, eg is.

Noord-Irak is ʼn gebied wat deur die IS beheer word. ʼn IS-woordvoerder het ook gedreig dat dié groep die piramides van Egipte gaan vernietig. Volgens die IS moet dié soort tempels as simbole van godslastering vernietig word.

In April is die poort van Nergal, ʼn deel van die historiese stadsmuur van Ninevé naby Mosul, ook deur die IS vernietig.

Die tempel wat vernietig is. Foto: Diane Siebrandt/http://asorblog.org/2015/04/20/11-photos-from-nimrud/

Die tempel wat vernietig is. Foto: Diane Siebrandt/http://asorblog.org/2015/04/20/11-photos-from-nimrud/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Johann ·

Lyk bekend? Breek en brand en verwoes wat JY wil want JY kan? Wonder wat ons hoogsbelese boorgatspook SAUK Hoof sal se oor die beeldmateriaal?

Mike de Beer ·

Vir duisende jare het dit geen aanstoot gegee nie en nou kan ‘n handjievol besluit hulle mag vernietig wat vir baoie kosbaar is. Standbeeld, geboue, kunswerke, ander man se goed ens..moet vernietig of beskadig word ten spye daarvan dat dit met die “issues” van die dag NIKS te doen het nie. Dit is beslis nie die optrede van mense wat beskaafd is nie.

DMC de Koker ·

Met alle respek, ek is ‘n Christen en glo die Bybel. In die Bybel staan al hierdie goed gaan inelkgeval eendag vernietig word. Wats die punt om bekommerd te wees daaroor? Is daar nie belangriker goed in die lewe nie.

Victor ·

Met alle respek, nie almal is christene nie. Dus, as jy nie bekommerd is hieroor nie, wat is die punt om kommentaar daarop te lewer nie?

Jan maak n Plan ·

Hulle oefen seker vir hulle aksies in SA. Dis mos ons regering se maatjies.

Anoniem ·

Maak nie ‘n verskil nie, daai tempel was in elkgeval opgebou om ‘n god te eer en dien anders as die enigste en ware God!

Andre ·

Dit maak n ma-se verskil , T-man. Dit beteken hulle gaan alles wat nie aan hulle geloof voeldoen nie ook vernietig , dit sluit Christelike simbole en plekke in ! As hulle dit op een plek kan doen gaan ander ook geteiken word .

Anoniem ·

Ek hoor wat jy se Andre, maar die artikel is beperk op ‘n gebeurtenis wat wel plaasgevind het en nie wat moontlik in die toekoms kan plaasvind teen iemand anders nie, so ek beperk myself op die gebeure van die tempel van Nebu en eerlik, of daai plek bestaan of nie maak nie vir my saak nie. My kommer en hartseer is egter gefokus op die aanvalle op Christenskap en op die enigste ware God, want dit is wat saak maak, nie ‘n aanval op ‘n gebou waar ‘n afgod aanbid was nie…

Luister ·

Sê maar net: Dit is gebou 800 jaar voor Jesus geleef het.

Luister ·

Sê maar net: Dit is gebou 800 jaar voor Jesus op aarde geleef het.

Loeis ·

Dis nogal erg dat ‘n antieke gebou so vernietig word.

ISIS se aandag is nog nie op Suid-Afrikka gevestig nie. Maar as die land op die VSA se waarskuwing sou reageer, mag ISIS ons dalk juis as deel van die vyand, en gevolglik ‘n teiken, begin beskou.

Mixi ·

Al-qaeda = Pakistan= Isis verhoudings. Gaan lees dit op en vra jouself dan die vraag: Hoekom is daar so baie Pakistanies hier wat in n kort tydjie soveel klein supermarkies oorgeneem het. En dan wonder n mens of was die Amerikaanse waarskuwing van terrorisme aanval regtig so absurd? Hulle is besig om S.A te infiltreer.

wanda ·

Ons word vir laaste gehou, omrede hulle weet hier stap hulle in…….vat die land en kry klaar want……..geen kennis van oorlog, geen weermag, ken net van bande brand en klipgooi! Hahahahaha wat n groot grap.

Kabous ·

Geen bekomernis. Hulle teiken lande wat die Ware God dien. Hierdie land is oop vir alle gelowe.

John ·

Mens wonder net hoekom ons nooit ‘n foto sien van ‘n lid van ISIS wat gevang is nie, of ‘n naby kameraskoot van ‘n lid in die uitrusting, of van die vlag nie. Waar in die wereld word hul klere en vlae vervaardig? Diegene in die Ooste wat in SA se minerale belangstel, is bang hulle word deur die Weste uitgedruk en por ons regering aan om sterk standpunt in te neem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.