IS verower “Salomo se stad” – argeologiese vernietiging gevrees

Palmyra. Foto: Wikipedia

Palmyra. Foto: Wikipedia

Die IS het die antieke Siriese stad, Palmyra, verower – ’n stad wat koning Salomo volgens 1 Konings 9:18 as die stad Tadmor “in die wildernis” gebou het.

Tadmor wat later as Palmyra bekend gestaan het, het egter reeds as handelspos bestaan tydens die bewind van koning Salomo, en die vermoede is dat die verwysing van Tadmor in die Bybel ’n vergissing was met Tamar wat Salomo in die Judese wildernis opgerig het.

Palmyra is reeds 2 000 jaar oud, en is deur die eeue deur verskillende beskawings beïnvloed sodat dit as ’n monumentale stad met talle tempels en ander geboue ontwikkel het. Die verskillende heersers, ook met die Islamitiese oorname, het die stad se bouwerke en kunswerke meestal ongeskonde gelaat. Dit is nou ’n wêrelderfenisgebied.

Terwyl die gebied ’n Franse mandaat was, het die Franse die klompie oorblywende inwoners in die nabygeleë nuwe nedersetting, Tadmur, hervestig. Dié proses is in 1932 voltooi en het die terrein in Palmyra vir argeologiese uitgrawings beskikbaar gestel.

Voor die uitbreek van die Siriese burgeroorlog was dit ’n baie gewilde toerisme-aantreklikheid.

Nadat die IS reeds in gebiede onder sy beheer enorme skade aan argeologiese skatte aangerig het, bestaan die vrees nou dat die IS ook sal toeslaan op die oorblyfsels van eertydse afgode soos Baäl. Die inwoners was ook enkele eeue lank gekersten voordat die Moslems die stad in die sewende eeu onder die leiding van die Islamitiese krygsheer, Khalid ibn al-Walid, verower het. Hoewel die IS dié krygsheer as een van sy rolmodelle beskou, het hy anders as die IS alles ongeskonde gelaat.

Nie al die geboue en beelde is van godsdienstige aard nie, maar die IS is ook bekend daarvoor dat dit argeologiese skatte op die swartmark verhandel om geld te bekom.

Die IS se verowering van Palmyra het effens onverwags gekom, nadat berigte kort tevore nog gelui het dat die Siriese magte besig was om die IS in sy aanslag op die stad terug te dryf.

Bronne: Trouw, Wikipedia, NetBible,  Christian Science Monitor  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

jacques ·

Wat het dan nou van die rebels geword wat baklei het teen die Siriese goverment? Hulle nou almal verander in ISIS.Ja met die wapens wat die USA verskaf het aan die die Sieriese rebels gaan die hele Sierie seker binekort aan ISIS behoort.

Rynhardt ·

IS is Al-Kaida onder dekmantel.Hulle word opgelei en gefinansier deur pres.Obama wat n “puppet” van die nuwe wereldorde is.Die Amerikaanse omroeper/ filmmaker, Alex Jones het reeds in begin van April 2015 op rekord bevestig, so ook die navorser, Steve Quayle! Die groot doel is om die Midde-Ooste in chaos te dompel vir die beplande derde wereldoorlog.Daniel 11:40 spel uit dat die koning van die Noorde (Duitsland en die Heilige Romeinse Ryk) gaan bots met die koning van die Suide (dit is Iran)-die begin van die derde wereldoorlog! n Deel van IS is ook in Mexiko reeds.Pres. Obama het juis die grens tussen Mexiko en Texas oop verklaar! Jones het dit reeds op 14 en 15 April bevestig!Die doel is om Anerika in n groot oorlog te dompel.Neem ook in ag dat Amerika skuld $15triljoen waaruit hy nie kan kom nie.Sodoende neutraliseer jy die VSA dat hy geen bedreiging vir die nuwe wereldorde se een wereldregering kan wees, wat juis uit Europa moet kom! Wanneer jou markte tuimel, tree Duitsland en die Heilige Romeinse Ryk navore.Iran gaan juis in die nabye toekoms sy stem met mening dik maak teen Europa! Soos reeds genoem, sal Daniel 11:40 dan inwerking tree.Vanaand het SABC3 uitgespel dat Libie se inwoners stroom na Europa.Hulle is juis woedend vir Libie daaroor.Europa se vloek van onwettige immigrante, soos Afrikane en Moslems gaan hul tref met mening, en hul pragtige stede laat oorstroom! Dit kan net die konflik met Iran, vinniger aan die gang laat sit.Dit is die storie agter die storie wat die SA media nie kan uitspel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.