Isis dreig met nog aanvalle ná Jerusalem-besluit

Vlag van Israel (Foto: PublicDomainPictures, Pixabay)

Die Islamitiese Staat (Isis) het gedreig om nog aanvalle in die VSA uit te voer in reaksie op pres. Donald Trump se besluit om Jerusalem as die hoofstad van Israel te erken.

In ʼn boodskap op Isis se rekening op die Telegram-boodskapdiens, getiteld “Wait for us” en “ISIS in Manhattan”, het die groep geskryf hy sal operasies uitvoer, en is beelde gewys van Times Square in New York en voorwerpe wat oënskynlik ʼn bom-belt en ontsteker is.

“Ons sal nog meer operasies in julle land uitvoer, tot op die laaste uur, en ons sal julle brand met die vlamme van oorlog wat julle begin het in Irak, Jemen, Libië, Sirië en Afgan. Wag maar net,” lui die boodskap.

“Die erkenning van julle hond ‘Trump’ [van] Jerusalem as die hoofstad van Israel sal maak dat ons ploftoestelle erken as die hoofstad van julle land.”

Trump se besluit om Jerusalem as die hoofstad van Israel te erken het wyd opslae veroorsaak en woede en betogings laat opvlam. Die betwiste stad word vereer deur Jode, Christene en Moslems en is die tuiste van Islam se derde heiligste plek. Dit is vir dekades al ʼn kern van Israeliese-Palestynse konflik.

Isis is vanjaar uit sy Irakse en Siriese hoofstede gedryf en gedruk tot in die stuk woestyn oor die grens van die twee lande. Die magte wat nou teen Isis in Irak en Sirië veg, verwag ʼn nuwe fase van guerrilla-oorlogvoering daar. Militante, insluitend mense wat hul verbintenis aan Isis erken, het oor die afgelope twee jaar verskeie dodelike aanvalle in Europa, die Midde-Ooste, Afrika, Asië en die VSA uitgevoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Peer ·

hoofstad of nie, hulle self elk geval met beplanning aangaan.

Karma ·

Nou waaroor ‘moan’ ISIS dan as Jerusalem as hoofstad deur die VSA erken word, as Jerusalem die tuiste van Islam se derde heiligste plek is? Hulle moet dan mos dankbaar wees daarvoor?

Marthinus Willemse ·

Isis is net so min Moslem as wat ek een is. Hulle is terroriste wat Islam misbruik. Regte Moslems is ordentlike mense, net soos regte Christene, Jode. Die probleem is dat hulle uit Sirie gedryf is deur die Russiese weermag, maar in Washington is daar sogenaamde Christene wat `n stok in die wiel is, en eerder teen Rusland sal optree as Isis. Trump se besluit is kortsigtig.

Katryn ·

Tekens van die tye? Kom ons wag en kyk! Maar wees ook gereed!!

Cherokee ·

Heeltemal reg Katryn. Tekens van die tye. Dit wat nou gebeur is 2000 jaar gelede voorspel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.