Isis-leier dood in klopjag

Abu Bakr al-Baghdadi (Foto: Al-Furqan media via AP)

Abu Bakr al-Baghdadi, leier van die Islamitiese Staat (Isis), is dood nadat Amerikaanse militêre magte op ’n huis in die noordweste van Sirië waar Al-Baghdadi saam met familielede geskuil het, toegeslaan het.

Donald Trump, president van Amerika, het Al-Baghdadi se dood Sondag bevestig.

The Guardian berig ’n twee uur lange operasie is Saterdagaand in die provinsie Idlib met behulp van agt helikopters uitgevoer waartydens die Islamitiese leier spesifiek geteiken is met die doel om hom gevange te neem.

Volgens Trump is ander mense in die huis waar Al-Baghdadi geskuil het eers verwyder voordat die leier tot in ’n tonnel in die huis gedryf is. Die leier het lede van sy familie saam met hom in dié tonnel ingetrek. Hulle is egter later by die doodlooppunt van die tonnel vasgekeer waar die Islamitiese leier ’n selfmoordbaadjie laat ontplof het wat tot sy en sy kinders se dood gelei het.

Luidens berigte is altesaam nege mense in die klopjag dood, onder wie ook twee van Al-Baghdadi se vroue.

Volgens Trump het Al-Baghdadi tot sy dood geprewel, gehuil en geskree. “Die wêreld is nou ’n baie veiliger plek,” het Trump gesê.

CBS berig Amerikaanse magte is al jare lank op Al-Baghdadi, “die mees gesoekte terroris in die wêreld”, se spoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Dries du Toit ·

Dit is baie baie goeie nuus. President Trump is n uitstekende leier. Die wereld het hom nodig. Die Demokrate gaan hierdie storie nou weer verdraai. Rohda Kadalie moet ons asb op hoogte van sake hou

Willehond ·

Mooi man!! Nou met julle net vir die zumas en guptas kom kry!!!! Ons mense kan dit nie doen nie!

Melanie ·

Donald Trump sê die ISIS leier is doodgemaak deur soldate en dan gaan hy verder om te sê die man het homself saam met sy drie kinders om die lewe gebring. Mens wonder wat die waarheid nou eintlik is.

Chantelle ·

Waar sê Trump dat Amerikaanse soldate hom van kant gemaak het?

HPV ·

Sy dood is indirek deur die Amerikaanse spesiale magte, wat hom vasgekeer veroorsaak, maar wat maak dit in elk geval saak hoe hy tot sy einde gekom het? Die belangrikste is hy is dood.

Bess ·

Ja melanie jys reg isis het nooit regtig bestaan nie sis n ameeikaanse psy-operarasie. Gaan kyk maar david icke en eric dubay se videos op youtube dis uitstekend..

Abe ·

Melanie,
Jou weergawe is beslis nie wat die berig se nie. Lees die berig weer. MM, dankie vir n baie duidelike berig. Op geen plek het Trump gese dat Amerikaanse soldate vir Al-Bachdadi om die lewe gebring het of gevange geneem het nie.

Cherokee ·

Melanie, jy behoort van beter te weet as om die media se verwysing na Donald Trump se woorde as waar te aanvaar.

Willie ·

Ek dink dis dis beste ding wat vandag asngekondig is. Trump doen baie dinge wat verkeerde is maar mense wil hom nie krediet gee vir sy goeie dade nie soos die een nie. Hoera Isis het n blouoog.

Kolskoot ·

Melanie moenie dat dit jou pla oor hoe hy tot sy einde gekom het nie wat saakmaak is hys gone
Wys jou net niemand is nerens meer veilig met vandag se tegnologie nie

aj ·

Welgedaan VSA!!!

As die VSA 25 jaar gelede vir Mugabe “uitgehaal” het … sou Zimbabwe vandag gesond en welvarend gewees het.

Selfde geld vir Nummawan … 10 jaar gelede!

Sinies ·

Hy is nou op vakansie in Florida Amerika,

Isis n maaksel van CIA om Sirië se olie oor te neem en n pyplyn vir Saoedi Arabië te bou.

Alles gaan oor die instandhou van die Petrodollar, daar sonder is Amerika niks beter as USSR nie.

Wil Weet ·

Sinies, Sal graag wil weet waar kry jy die inligting. Deel asb.

HPV ·

Sinies, jy kry waarskynlik jou inligting van die Plat Aarde beweging met ‘n menigte Youtube videos ter stawing. Maw 46 lande het ‘n leuen geveg waaronder ook enkele Suid Afrikaanse soldate. Probeer weer met jou stawende bewyse.

JohanL ·

Nee wat sinies – gaan lees gerus meer oor Isis en die keer boeke wat deur gerespekteerde mense geskryf is. Isis het oor meer as olie gegaan – olie was net vir Isis ‘n manier om befonds te word. En Isis was agv olie baie, baie goed befonds – beter as lande soos Zimbabwe (nie dat dit seker veel beteken nie!) Isis het een doel gehad en dit was (is) om ‘n kalifaat te stig. Met Isis wat uit die noorde van Sirie verdryf is en al-Baghdadi nou dood, sal dit interessant wees om te sien wat vorentoe gaan gebeur.

Terloops die media verwys nog al die tyd na ISIS wat nie verkeerd is nie. Maar ISIS was al geruime tyd eintlik net IS (Islamitiese Staat) na hulle ‘n kalifaat uitgeroep het. Maar de-facto is steeds na hulle as ISIS verwys (of selfs ISIL).

Lourens ·

;-) Ek sien die demonkrate is hoogs ontsteld dat hulle in die donker gehou was, terwyl Rusland ingelig was.
Ja nê. Soos stout kinders wens hulle President Trump ook nie geluk met sy goeie werk nie.

JohanR ·

Dankie tog ek is nie ‘n vrou nie! Hoe soek ‘n mens lippe tussen daai lelike baard, en dan na soe lekker Franse soen sessie, kom jy weg met ‘n mond vol hare? Ek gril my dood.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.