Isis reeds swaar verliese toegedien

Argieffoto

Argieffoto

Die militêre veldtogte in Irak en Sirië teen Isis is ʼn sukses, altans dis wat die Amerikaanse leier van die koalisie, generaal Sean MacFarland, in ʼn video vanuit Bagdad te kenne gee. Volgens hom is 45000 Isis-vegters die afgelope twee jaar doodgemaak.

Die Amerikaanse lugmag is verantwoordelik vir meer as die helfte (25 000) van die dooies. Die oorblywende 20 000 het gesneuwel in gevegte met onder andere Irakese soldate.

Daar kan nog so 15 000 Isis-vegters oor wees. MacFarland gee toe dié syfer is wel aan twyfel onderhewig. Hy waarsku dit is lastig om te skat hoeveel Isis-vegters nog oor is. Voor dié veldtog het die CIA die aantal Isis-vegters op 31 500 geraam, maar volgens Fuad Hussein, die stafhoof van die Koerdiese president, Massoud Barzani, was daar destyds beslis 200 000.

Tog is MacFarland verheug oor die verloop van die veldtog. “Die vyand is besig om op alle fronte terug te trek”. Die generaal sê die VS-geleide magte is besig om grondgebied te wen. Die stad Manby in Sirië moet volgende verower word. Hy het ook aangekondig die langverwagte aanval op die oliestad Mosul in Irak en Isis-hoofstad Raqqa in Sirië, sal binnekort volg.

Isis kry steeds minder nuwe vegters uit die buiteland. Baie Isis-vegters veg ook teen hul wil en is dikwels onopgelei. “As ons iewers heengaan, is dit makliker as ʼn jaar gelede. Die vyand bied steeds minder weerstand,” sê die generaal, wat bygevoeg het die koalisie het die afgelope twee jaar 30 000 bomme en missiele op Isis-vegters afgevuur. Die totale koste van die veldtog is tot dusver 8,4 miljard dollar.

MacFarland waarsku wel militêre suksesse in Irak en Sirië sal nie dadelik tot die einde van Islamitiese Staat lei nie. Die terreurgroep kan in ʼn rebelleleer omskep word, wat “gruwelike aanvalle” kan uitvoer soos in Bagdad gebeur het in Julie.

Bron: Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

John ·

En agter die skerms lei Amerika nog meer terroriste op. Sogenaamde “moderate” rebelle en span nou in met hul vorige vyande om die oorlog in Sirie aan die gang te hou. Voorsien Isis en rebelle van wapens tydens die skietstilstand. oorlog is waar die geld is want die Amerikaanse ekonomie is in die afgrond in.

Renier ·

Dit kos m.a.w. $186000 om ‘n ISIS vegter bokveld toe te stuur as jy die storie glo. Die syfers lyk egter verdag. Bevat waarskynlik ‘n versteekte numerologiese boodskappie.

Maria van Dieweeck ·

En dan val dom jonges soos die Thulsie tweeling hiervoor!

Theuns ·

More Herman, Hier is ‘n klomp pas stukke in die legkaart wat nie sin maak nie?(Iste Legstuk) MacFarland spog oorhoeveel ISIS egters dood gemaak is deur Amerikaanse bombardemente en Irakkese vegters maar wat van Rusland en die Siriese Regering? Albei is Christine(2de Legstuk)Laasgenoemde veg ook teen ISIS en moes verseker ook ‘n groot impak gemaak het? (3de Legstuk) Erdogan se Turkye ondersteun die ISIS vegters en skiet ‘n Russiese vegvliegtuig oor Turkse grondgebied af! ‘N reuse rusie ontwikkel tussen Turkye en Rusland! (4de Legstuk) Skielik ontstaan ‘n staatsgreep in Turkye wat uitgevoer word deur ‘n minderheid wat hoofsaaklik uit Christene bestaan! Onthou Turkye bestaan uit hoofsaaklik Moslems uit(75%). Maar Erdogan blameer’n Islam/Moslem geestelike(Gulen), wat uitgewyk het na Amerika toe, vir die staatsgreep? Dit maak mos nie sin nie? (5de Legstuk)Skielik is daar vrede tussen Poetien en Erdogan en Erdogan teken vele ooreenkomste tussen hulle. Erdogan noem ook vir Poetien verskeie kere my “geliefde vriend”? (6de Legstuk) Erdogan stel ‘n ultimatum aan Obama om die Geestelike By name van Gulen uit telewer? Dan is daar die Amerikaanse legstukke wat ek hier vervolg!

Theuns ·

Herman (Vervolg), (7de Legstuk) Amerikaanse Kandidate in verbete vuil president verkiesings stryd gewikkel. Oor en weer is daar beskuldigings. Trump word beskuldig dat hy ‘n Russiese meeloper is agv van beskuldigings van Clinton. Trump maak ‘n verskuilde versoek aan die Russe om Hilary Clinton se E-Posse te vind en dit aan die media bekend te maak. Trump is ook met ‘n Russiese Vrou getroud? Is dit nie verdag nie? Hy, Trump se hy het nooit vir Poetien ontmoet nie maar die moontlikheid is daar agv sy vele besoeke aan Rusland? (8ste Legstuk)Erdogan dreig Obama gister, om dadelik die Islam Geestelike Gulen, uit telewer of om pad te gee uit Turkye uit! Dit val so reg in Poetien se kraal. Dit is nog altyd Poetien se doel om beheer te kry oor Turkye! Net miskien ‘n laaste opmerking as Amerika Turkye verloor en Trump wen die presidents verkiesing kan Trump mos sy vriende(Poetien en Erdogan) gaan sien, vrede maak en terug keer na Amerika toe as die groot vredemaker? Ek sal graag jou opinie wil hoor oor my skrywe en hoe jy dink die storie gaan verder ontwikkel? Baie Dankie Herman.

Herman Toerien ·

@Theuns. Hallo Theuns. Die legkaart is baie ingewikkelder. ‘n Mens kan bv nie die Siriese regering Christene noem nie. Ek is nie seker of daar op die oomblikke Christene nog in die regering is nie – hulle maak ‘n klein persentasie vd Siriese bevolking uit en is boonop heterogeen, bv Armeniërs, Assiriërs en oorblyfsels uit die Bisantynse tyd. Die Siriese regering word beheer deur die Alawiete, ‘n sekte van die Sjiïte, en ook ‘n kleinerige minderheid in Sirië. Vervolg

Herman Toerien ·

@ Theuns vvervolg. Isis is weer in die Salafiste gesentreer wat ‘n deel van die Soenie-Islam uitmaak. Baie Moslemgroeperings beskou die Alawiete as dwaalleraars en dus nie Moslems nie. Die jongste syfers wat ek gesien het is dat Turkye uit omtrent 96 persent Moslems bestaan. Turkye het na ‘n trae begin wel teen Isis begin optree, waarop Isis weer weerwraak geneem het. Die Turke se hart is egter nie heel in die ding nie, aangesien die Amerikaans geleide, VN-gesteunde koalisiemagte, op verskeie plekke van die Koerde as grondvlaktroepe gebruik maak. Die Turke is baie onlekker vir die Koerde wat in die PKK se dampkring staan. Erdogan het hom van skrik omtrent bevuil met die gepoogde staatsgreep en tree nog baie irrasioneel op. Die Weste hou nie daarvan nie, en hy soek witvoetjie met Poetin. Trump is Trump en iemand wat projeksies wil bou op wat Trump gaan doen, gaan sy vingers verbrand.

John ·

Hmmm! Eerstens praat ‘n man met ‘n Ingelse van. Hulle is altyd aan die voortou van oorvat en uitwis. Bewys my verkeerd. Die VSA het die Nazi’s oorwin, so word die Amerikaners en Westerlinge vertel. Leuens. Watter land glo hulle is die enigste wat ‘n atoombom mag gooi? Weer die VSA. Laasgenoemde volg in Sirie dieselfde resep as in Afganistan en omtrekke. Hulle laat ander groepe die vuilwerk doen en dan neem hulle die krediet. Skaamteloos. 1Turkye is ook in die (olie)pyplyn en Suid-Amerika volgende (met Rusland die droomvyand). Die moeilikheid in die Sjinese See word ook deur die VSA opgestook met hul oorlogskepe naby vasgemeer. Die Amerikaanse weermag kan nie wag vir ouma Hillarious nie, want sy sal haar vinger die heeltyd op die rooi knoppie hou en net dalk druk die geliefde oupie dit self per ongeluk in sy bewerige vat-vat na die glas met sy kunstande in…

gatiep ·

Die Russe lyk my het waterbomme op isis gegooi want hulle kon dan nie eens een isis raak bom volgens die berig nie.
Lyk my die media dink regtig die gewone mens is maar dom en glo alles wat hulle lees. USA is so geworry oor die Russe dat google RT nuus ook geblock het op internet. Hulle se mos waarheid maak seer.

Theuns ·

Aan al my vriende hier op Maroela Media: Dit is n groot voorreg om op hierdie Diskussie Forum ons opininies te kan uitspreek. Ek se ook partykeer dinge wat nie voldoen aan die beperkinge wat Maroela Media vir ons voorhou nie. Maar daar is tog dinge wat deurglip/gese word deur persone wat onmanierlik en onbeskof teenoor iemand optree en byvoorbeeld in ‘n diskussieforum soos die goeie orde met sy beledigende of haatlike bydraes probeer steur! Laasgenoemde word ‘n “Internet Trol” genoem! Ek probeer ook om geensins met wat ek hier se beperkinge op media Vryheid te bepleit nie! Groete.

Theuns ·

Dankie Herman, dit lyk my die Midde Ooste is ‘n kruitvat waar loyaliteite vinnig verander word !
Lekker Naweek en Groete

John ·

Maroela as julle ‘n foto van ‘n ISIS-klong in sy swart kabaai en vlag kry wat gevang is, wys ons tog. Hoe is dit moontlik dat nog nie een gevange geneem is nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.