Isis reeds swaar verliese toegedien

Argieffoto

Argieffoto

Die militêre veldtogte in Irak en Sirië teen Isis is ʼn sukses, altans dis wat die Amerikaanse leier van die koalisie, generaal Sean MacFarland, in ʼn video vanuit Bagdad te kenne gee. Volgens hom is 45000 Isis-vegters die afgelope twee jaar doodgemaak.

Die Amerikaanse lugmag is verantwoordelik vir meer as die helfte (25 000) van die dooies. Die oorblywende 20 000 het gesneuwel in gevegte met onder andere Irakese soldate.

Daar kan nog so 15 000 Isis-vegters oor wees. MacFarland gee toe dié syfer is wel aan twyfel onderhewig. Hy waarsku dit is lastig om te skat hoeveel Isis-vegters nog oor is. Voor dié veldtog het die CIA die aantal Isis-vegters op 31 500 geraam, maar volgens Fuad Hussein, die stafhoof van die Koerdiese president, Massoud Barzani, was daar destyds beslis 200 000.

Tog is MacFarland verheug oor die verloop van die veldtog. “Die vyand is besig om op alle fronte terug te trek”. Die generaal sê die VS-geleide magte is besig om grondgebied te wen. Die stad Manby in Sirië moet volgende verower word. Hy het ook aangekondig die langverwagte aanval op die oliestad Mosul in Irak en Isis-hoofstad Raqqa in Sirië, sal binnekort volg.

Isis kry steeds minder nuwe vegters uit die buiteland. Baie Isis-vegters veg ook teen hul wil en is dikwels onopgelei. “As ons iewers heengaan, is dit makliker as ʼn jaar gelede. Die vyand bied steeds minder weerstand,” sê die generaal, wat bygevoeg het die koalisie het die afgelope twee jaar 30 000 bomme en missiele op Isis-vegters afgevuur. Die totale koste van die veldtog is tot dusver 8,4 miljard dollar.

MacFarland waarsku wel militêre suksesse in Irak en Sirië sal nie dadelik tot die einde van Islamitiese Staat lei nie. Die terreurgroep kan in ʼn rebelleleer omskep word, wat “gruwelike aanvalle” kan uitvoer soos in Bagdad gebeur het in Julie.

Bron: Trouw

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Wêreldnuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
John

En agter die skerms lei Amerika nog meer terroriste op. Sogenaamde “moderate” rebelle en span nou in met hul vorige vyande om die oorlog in Sirie aan die gang te hou. Voorsien Isis en rebelle van wapens tydens die skietstilstand. oorlog is waar die geld is want die Amerikaanse ekonomie is in die afgrond in.

Renier

Dit kos m.a.w. $186000 om ‘n ISIS vegter bokveld toe te stuur as jy die storie glo. Die syfers lyk egter verdag. Bevat waarskynlik ‘n versteekte numerologiese boodskappie.

Maria van Dieweeck

En dan val dom jonges soos die Thulsie tweeling hiervoor!

Theuns

More Herman, Hier is ‘n klomp pas stukke in die legkaart wat nie sin maak nie?(Iste Legstuk) MacFarland spog oorhoeveel ISIS egters dood gemaak is deur Amerikaanse bombardemente en Irakkese vegters maar wat van Rusland en die Siriese Regering? Albei is Christine(2de Legstuk)Laasgenoemde veg ook teen ISIS en moes verseker ook ‘n groot impak gemaak het? (3de Legstuk) Erdogan se Turkye ondersteun die ISIS vegters en skiet ‘n Russiese vegvliegtuig oor Turkse grondgebied af! ‘N reuse rusie ontwikkel tussen Turkye en Rusland! (4de Legstuk) Skielik ontstaan ‘n staatsgreep in Turkye wat uitgevoer word deur ‘n minderheid wat hoofsaaklik uit Christene… Lees meer »

John

Hmmm! Eerstens praat ‘n man met ‘n Ingelse van. Hulle is altyd aan die voortou van oorvat en uitwis. Bewys my verkeerd. Die VSA het die Nazi’s oorwin, so word die Amerikaners en Westerlinge vertel. Leuens. Watter land glo hulle is die enigste wat ‘n atoombom mag gooi? Weer die VSA. Laasgenoemde volg in Sirie dieselfde resep as in Afganistan en omtrekke. Hulle laat ander groepe die vuilwerk doen en dan neem hulle die krediet. Skaamteloos. 1Turkye is ook in die (olie)pyplyn en Suid-Amerika volgende (met Rusland die droomvyand). Die moeilikheid in die Sjinese See word ook deur die VSA… Lees meer »