Die Islamitiese Staat (Isis) het verantwoordelikheid aanvaar vir ʼn voorval Donderdagoggend in ʼn voorstad van Parys in Frankryk waartydens twee vroue met ʼn mes doodgesteek is.
ʼn Derde persoon is ernstig beseer, terwyl die aanvaller ook dood is.
Die voorval het in Trappes, ʼn voorstad wes van Parys gebeur. Isis het Donderdag deur middel van sy Aamaq-nuusagentskap aanspreeklikheid vir die voorval aanvaar, maar geen bewyse gelewer dat die organisasie wel agter die voorval sit nie.
Volgens die nuusagentskap is die aanval gemotiveer deur oproepe van die Isis-leierskap om landsburgers aan te val in lande wat in ʼn oorlog is met die ekstremistegroep. Abu Bakr al-Baghdadi, Isis se groepleier, het ure vantevore sy volgelinge aangemoedig om vyande oral aan te val op enige manier, waaronder mesaanvalle.
The Guardian berig die oorledenes is die aanvaller se ma en suster. Hy het glo die vroue omstreeks 10:00 aangeval en toe in ʼn huis in ʼn stil straat gaan wegkruip. Die polisie het gereageer en die aanvaller is doodgeskiet toe hy glo die polisie gedreig het.
Die derde slagoffer wat beseer is, is nie familie van die aanvaller nie.
Gérard Collomb, Frankryk se minister van binnelandse sake, het gesê die aanvaller is voorheen op ʼn sekuriteitswaarnemingslys geplaas nadat hy uitsprake ter ondersteuning van terreur gemaak het. Collomb het gesê die man het “erge sielkundige probleme gehad”.
Hoewel Isis aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar het, blyk dit dat die voorval eerder met die aanvaller se sielkundige probleme verband hou as sy betrokkenheid by ʼn terreurorganisasie, het die minister gesê.
CNN berig die teenterreur-eenheid van Parys se aanklaerskantoor het nog nie ʼn ondersoek na die voorval geopen soos wat gewoonlik die geval met voorvalle is waar daar ʼn sterk verbintenis met terreur vermoed word nie.
Franse , Kanadese , Duitse liberalistiese grens oop gooiers skerm nog die heeltyd vir moordenaars !
Grensbeheer, immigrasie beheer! Hoop Europa skrik betyds wakker. Hou op “vlugtelinge” en ander volksvreemdes inneem.
Klomp lafhartige siekies…