Isis verantwoordelik vir katedraal-ontploffings

Ontploffing by ‘n katedraal in die Filippyne (Foto: WESMINCOM Armed Forces of the Philippines Via AP)

Die Islamitiese Staat (Isis) het verantwoordelikheid aanvaar vir die ontploffings die afgelope naweek by ʼn katedraal in die suide van Filippyne wat die lewe van 20 mense geëis het.

Isis het ure ná die aanval deur sy Amaq-nuusagentskap aanspreeklikheid vir die ontploffings aanvaar. Isis het later ook ʼn direkte mediaverklaring uitgereik waarin hy beweer hy is verantwoordelik vir die aanval.

Die eerste ontploffing het tydens die Sondagoggenddiens in ʼn volgepakte Rooms-Katolieke katedraal in Jolo plaasgevind. Net toe regeringstroepe op die ontploffing reageer het, het ʼn tweede ontploffing in die parkeergebied afgegaan.

Minstens 15 lede van die publiek en vyf soldate is dood; 65 lede van die publiek, 14 soldate en twee polisiebeamptes is beseer. Die kerk se hoofdeur is vernietig en die houtkerkbanke en plafonne is ook beskadig.

Polisieondersoekers en soldate op die toneel waar die ontploffings plaasgevind het (27 Januarie 2019). Foto: Nickee Butlangan/AP

Jolo is op ʼn gelyknamige eiland geleë wat dien as ʼn vesting van Abu Sayyaf, ʼn terreurgroep wat blameer word vir van die ergste bomontploffings en hoëprofiel-ontvoerings in die Filippyne.

Owerhede kon nog nie ʼn motief vir die ontploffing vasstel of enigsins bepaal of dit verband hou met ʼn volkstemming wat verlede week in die gebied gehou is om die skepping van ʼn nuwe outonome Moslem-streek te ondersteun nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

HPV ·

Die siekste terroriste groep ooit! Hulle geniet dit om slegs ongewapende burgerlikes op die wreedste maniere te vermoor, hardloop egter uit hul skoen uit as weermagte teen hulle optree. Lafhartige optrede is kenmerkend van hulle!

LouE ·

Isis het min of geen openbare steun in SA nie. Maar, hoeveel Rand vloei daar jaarliks uit SA na Isis?

Jaco ·

Isil sal ook verantwoordelikheid vat as n baksteen (wat jy vasgehou het) op jou toon val . Komieklik eintlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.