Israel adviseer 100 000 Palestyne om huise te verlaat

Foto: stiripesurse.ro

Foto: stiripesurse.ro

Israel het sowat 100 000 Palestyne in die noorde van die Gasastrook aangeraai om hul huise vir hul eie veiligheid te verlaat en na Gasa-stad te gaan.

Israel het die inwoners van Zeitoun, Choujaiya en Beit Lahiya met telefoonoproepe, SMS’e en per e-pos gekontak en die versekering gegee dat Israel nie die burgerlike bevolking enige leed wil aandoen nie.

Intussen het die dodetal reeds tot meer as 200 gestyg, en het die eerste Israelse burger omgekom.

Premier Benyamin Netanyahu van Israel het gesê Hamas gaan duur betaal vir sy weiering om tot ‘n skietstilstand in te stem wat Egipte probeer beding het. Hy wou nie bevestig dat dit ‘n grondoffensief insluit nie. Israel het die skietstilstand aanvaar, maar die militêre vleuel van Hamas het voortgegaan om Israel onder die vuurpyle te steek.

Israel het opnuut bevestig dat hy burgerlike ongevalle probeer voorkom. Israel het egter weer daarop gewys dat Hamas burgerlikes dikwels as menslike skilde gebruik. Vuurpyle word byvoorbeeld van skoolterreine of van die dakke van hospitale afgevuur.

Wanneer Israel die huis van ‘n Hamas-leier teiken, word ‘n missiel sonder plofkop eers op die huis afgevuur. ‘n Paar minute later, wanneer die inwoners genoeg tyd gehad het om die huis te ontruim, volg die werklike bombardement.

Bron: Belga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Dalleen ·

Israel veg ordentlik, lykmy. Waarsku die mense om hulle huise te ontruim. Sjoe.

Canned Phantom ·

Lyk my die Bybelse beginsel van die Ou Testament geld nog steeds. Wanneer jy die vyand uitwis doen jy dit tot in die fondamente in. Na die eerste plofkoplose vuurpyl die huis getref het sal die Hamas manne ook gehardloop het. Dan gaan hulle voort en vernietig die gebou heeltemal. Een manier om van ou ammunisie ontslae te raak…

Nico ·

Die idee is eintlik om die missiele te vernietig. Die mense kan nog weghardloop maar nie so vinnig die missiele ontruim nie. Israel bereik so sy doel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.