Israel bombardeer Gaza weer

‘n Tonnelingang wat deur die Israelse weermag ontdek is. Argieffoto: Israelse weermag

‘n Tonnelingang wat deur die Israelse weermag ontdek is. Argieffoto: Israelse weermag

In ‘n weerwraakaanval het Israel die eerste keer sedert die skietstilstand wat in Augustus gesluit is, ’n lugaanval op die Gazastrook geloods.

Volgens Israel het dit gevolg nadat ’n missiel uit Gaza op die suide van Israel afgevuur is. Daar was geen ongevalle nie.

Volgens waarnemers is daar tydens die Israelse lugaanval twee ontploffings in Khan Yunis, waar Hamas terroriste oplei, gehoor.

Israel en Hamas was vroeër vanjaar in ’n militêre konflik betrokke wat vir 50 dae geduur het.

Bron: AP

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Wêreldnuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

3 Kommentare

Kobus ·

Indien Gaza die skietstilstand verbreek het, moet die opskrif sekerlik wees : Gaza bombardeer Israel weer.

Joe64 ·

Die opskrif lees “Israel bombardeer Gaza weer” – asof in die eerste instansie ‘n aanval geloots is. Dit terwyl die eerste sin in die berig lui “In ‘n weerwraakaanval ”
Oppas vir die algemene media fout wat Naspers getref het met die gesinspeel met die feite.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.