Israel bombardeer Gasa weer

‘n Tonnelingang wat deur die Israelse weermag ontdek is. Argieffoto: Israelse weermag

‘n Tonnelingang wat deur die Israelse weermag ontdek is. Argieffoto: Israelse weermag

In ‘n weerwraakaanval het Israel die eerste keer sedert die skietstilstand wat in Augustus gesluit is, ’n lugaanval op die Gasastrook geloods.

Volgens Israel het dit gevolg nadat ’n missiel uit Gasa op die suide van Israel afgevuur is. Daar was geen ongevalle nie.

Volgens waarnemers is daar tydens die Israelse lugaanval twee ontploffings in Khan Yunis, waar Hamas terroriste oplei, gehoor.

Israel en Hamas was vroeër vanjaar in ’n militêre konflik betrokke wat vir 50 dae geduur het.

Bron: AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kobus ·

Indien Gaza die skietstilstand verbreek het, moet die opskrif sekerlik wees : Gaza bombardeer Israel weer.

Joe64 ·

Die opskrif lees “Israel bombardeer Gaza weer” – asof in die eerste instansie ‘n aanval geloots is. Dit terwyl die eerste sin in die berig lui “In ‘n weerwraakaanval ”
Oppas vir die algemene media fout wat Naspers getref het met die gesinspeel met die feite.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.