Israel-brandstigters as ‘terroriste’ bestempel

Die brande in Haifa. Foto: Xinhua/Moran Mayan/JINI) (zjy)

Die brande in Haifa. Foto: Xinhua/Moran Mayan/JINI) (zjy)

Reusebrande in Israel het tot gevolg gehad dat nagenoeg 80 000 mense in Haifa, die land se derde grootste stad, versoek is om hul woonplekke te verlaat.

Daar word intussen ook steeds gepoog om talle ander brande regoor die land onder beheer te kry. Die brande het op verskeie punte regoor Israel begin. Benjamin Netanyahu, premier van Israel, het die brandstigters as terroriste bestempel.

Die brande word aangehelp deur sterk wind en baie droë weer. Palestyne het blykbaar die brande op sosiale media gevier met die Twitter-hutsmerk #Israelisburning. Netanyahu het hulp gevra van die VSA om hul “supertanker”, ʼn groot brandbestrydingsvliegtuig, te stuur. Verskeie lande het reeds hulp aangebied.

Die hoofweg tussen Jerusalem en Tel Aviv het tot stilstand gekom nadat brande die stad Modi’in-Maccabim-Re’ut bereik het. Verskeie huise en geboue het reeds afgebrand. Geen sterftes is tot dusver aangemeld nie, maar tientalle mense is in weens rookinaseming in hospitale opgeneem.

Minstens 12 mense is reeds in verband met die verwoestende brande in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

benjamin ·

die ANC is ten gunste van n eie staat vir die palestyne. so as hulle konsekwent wil wees, moet hulle ook ten gunste van n eie staat vir wit Afrikaners wees. so hier is dalk n opsie vir ons Afrikaners om te ondersoek. dalk kry ons so ons eie staat…

Grassie ·

Benjamin – dit is wensdenkery. Die ANC gun ons niks – nie eers die lug wat ons inasem nie. Ons sal baie hard moet baklei om so veel moontlik van dit wat ons nog het, te behou.

Johannes Comestor ·

Israel verkeer in ‘n oorlewingstryd, soos Suid-Afrika onder blanke bewind. Diegene wat geweld en terreur saai om die ondergang van die huidige Israelse bestel te bewerkstellig is inderdaad terroriste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.