Israel geskok oor Hamas-besoek aan Suid-Afrika

Israel-geskok-oor-Hamas-in-SA

n Skermskoot uit ’n YouTube-video tydens ’n nuuskonferensie ná Hamas-ANC-samesprekings. Staande (middel) is Khaled Mishaal , Hamas se politieke leier. Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, sit links en ’n Palestynse tolk regs.

Israel het sy ontsteltenis uitgespreek oor die besoek van Hamas se politieke leier, Khaled Mishaal, aan Suid-Afrika op 18 en 19 Oktober. Mishaal en ’n afvaardiging, wat deur die ANC na Suid-Afrika genooi is, het met die ANC se mees senior amptenare, onder wie pres. Jacob Zuma, in Johannesburg vergader. Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, het die besoek bestempel as een wat “party-tot-party-verhoudings” verbeter.

Die Israelse buitelandse ministerie in Jerusalem het Maandag heftig gereageer. Hulle het hul skok en verontwaardiging uitgespreek oor die besoek en Suid-Afrika se adjunk-ambassadeur ingeroep en hom berispe oor die besoek.

Die Hamas-afvaardiging het buiten Mishaal ook sy adjunk, Moosa Abu Marzouk, ingesluit en is ontvang deur die ANC se adjunk-sekretaris-generaal, Jesse Duarte. Dié besoek was klaarblyklik om die ANC se bereidheid aan te dui om met alle partye wat Palestynse selfbeskikking wil bevorder, te gesels.

Mishaal het tydens ’n nuuskonferensie ná die gesprekke aangedui dat Hamas gekant is teen die doodmaak van onskuldige mense, maar steeds Israel moet beveg om die Israelse “apartheid”-regering te verslaan.

Die Hamas-besoek is veelseggend, aangesien die ANC-regering reeds dekades die Palestynse Bevrydingsbeweging (PBO) onder Abbas ondersteun. Twee Palestynse gebiede, die Wes-Bank en die Gasa-strook, het selfregering oor dele van die gebiede. Die PBO beheer die Wes-Bank en Hamas die Gasa-strook. Die PBO ondersteun ’n twee-staat-oplossing, met ’n onafhanklike Palestynse staat naas Israel. Hamas weier om Israel te erken en wil dié staat vernietig. Hamas stook voortdurend geweld deur Israelse gebiede met -missiele uit Gasa te bestook, wat op sy beurt deur Israel met kragtige lugaanvalle en groot lewensverlies beantwoord word.

Die ANC se amptelike beleid is om ’n twee-staat-oplossing te ondersteun, wat vrae laat ontstaan oor sy ontmoeting met Hamas. Die PBO word deur Suid-Afrika as Palestynse verteenwoordiger erken en ’n Palestynse ambassade in Pretoria word deur die PBO beman.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Hamas bly maar a groot teroriste groep Israel moet hulle bly beveg sterkte aan Israel hoop julle wen dioe oorlog

Genis ·

Hamas word wêreldwyd geklassifiseer as ‘n terroriste-organisasie, behalwe in Turkye en Katar. Hulle het weinig te doen met Palestynse vryheid en hulle susterorganisasie is die Islamitiese Jihadbeweging. Ek dink nie ek het nodig om uit te brei oor die reperkussies hiervan vir Suid Afrika nie. Verwag maar binnekort moeilikheid, ook in Australië en NZ. Die vierde toon van Nebukadnesar se goue standbeeld is besig om vorm aan te neem.

Emile ·

Dan kan die ANC mos ook met die Afrikaner oor selfbeskikking praat?

JoeV ·

Die is inderdaad goeie nuus. Hoe gouer wereld hulp aan die regte persone toegeken word, hoe gouer is ons weer opad op en voorentoe!

Juan Olivier ·

Die ANC sal seker in die ander hand die Boerevolk se reg tot ʼn Boere Republiek teë staan.

Kobus ·

ons moet nou begin besef dat ons land nou die komunistiese en goddelose land is, ons is nou die terroriste, dankie amerika

Swanna ·

Amerika is deel daarvan. Lees tussen die lyne. Hulle oral ‘n vinger in die pastei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.