Israel-Hamas-konflik: Wapenstilstand, vrylating van gyselaars begin

(Foto: AHMAD GHARABLI/AFP)

ʼn Vier dae lange wapenstilstand in die Israel-Hamas-konflik sal na verwagting Vrydagoggend begin met gyselaars wat vrygelaat word in ruil vir gevangenes. Dit is die eerste groot verwikkeling in die konflik wat reeds sewe weke lank duur en duisende lewens geëis het.

Die begin van die wapenstilstand sal gevolg word deur die vrylating van ʼn eerste groep van 13 gyselaars wat in Gaza aangehou word, en ʼn onbepaalde aantal Palestynse gevangenes sal uit Israeliese tronke vrygelaat word.

Volgens Katar se ministerie van buitelandse sake is dié eerste groep van 13 gyselaars vroue en kinders van dieselfde familie. Minstens 50 gyselaars sal na verwagting oor die vier dae vrygelaat word.

Israeliese traumawerkers en medici sal op hulle wag, asook spesiaal opgeleide soldate om hulle veilig te hou.

AFP het die identiteit van 210 van die sowat 240 mense wat tydens grensaanvalle deur Hamas ontvoer is, bevestig. Minstens 35 van diegene wat as gyselaars geneem is, was kinders, met 18 van hulle wat 10 jaar of jonger was ten tyde van die Hamas-aanval. Weinig is in die openbaar bekend oor die toestande waarin die gyselaars aangehou is.

Palestynse gevangenes wat in Israeliese tronke aangehou word, sal ook Vrydag vrygelaat word, het Majed Al Ansari, woordvoerder van die ministerie van buitelandse sake van Katar, gesê.

Die gewapende vleuel van Hamas het bevestig die wapenstilstand sal om 07:00 begin en drie Palestynse gevangenes sal vir elkeen van die gyselaars vrygelaat word.

Die kantoor van die Israeliese premier, Benjamin Netanyahu, het gesê hy is in verbinding met die families van die gyselaars nadat hulle “ʼn eerste lys name” ontvang het van diegene wat vrygelaat gaan word.

Israeliese amptenare sê sowat 1 200 mense, meestal burgerlikes, is dood en sowat 240 mense is as gyselaars geneem in die aanvalle op 7 Oktober.

Regerings oor die wêreld heen het die ooreenkoms verwelkom, en sommige het die hoop uitgespreek dat dit tot ʼn blywende einde aan die oorlog sal lei.

Israeliese amptenare het egter gesê die wapenstilstand sal net tydelik wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

annie ·

Hamas probeer homself ‘n magtige groep voordoen wat kan voorsê en Israel moet luister. Dié terroriste regeer nou in die enklawes rondom Israel, behoorlik ingewortel en bewapen en hoop die wêreld sal sy mag erken. Die vrylating van die gyselaars gaan ongelukkig nie voorspoedig afloop nie.

Nici ·

As Israel gemoor en verkrag het en 240 mense gyselaar geneem het sou die wereld nie tevrede gewees het met hierdie ooreenkoms nie. Al 240 behoort vrygelaat te word vir dieselfde hoeveelheid Arabiere van Gaza.

Schalk ·

15min na die skietstilstand in werking getree het, het die sirenes in Israel af gegaan. Wie is so naif om te glo dat hamas vrede wil hê? Ongeag wat al die Pro Palistina groepe eis, dink ek Israel moet voet neer sit en Gaza vir eens en altyd van die aardbol vee, en as hulle daarmee klaar is, sommer daai goue bal tempel ook die hemel inblaas.

Manie ·

Dryf al wat ‘n Filistyn is uit Gaza en Wesbank, trek julle grense nou vir eens en vir altyd.

Frances ·

Stem saam, mens kan nie met n terroriste groep onderhandel nie. Hamas gee die syfers uit van sterftes in Gaza en die syfers word gemanupileer, wat kan mens anders van hulle verwag, want hulle soek die wereld se simpatie. Wat hulle nie se nie, is dat duisende van die sterftes die Hamas lede insluit wat deur Israel gedood is.

minniemuis ·

Genade Schalk en wat van die onskuldige burgers wat afgemaai sal word in daai proses

Chris ·

As jy die dag besluit jy maak oorlog en jy dink eers oor wat die redes en gevolge gaan wees nie, doen jy die volgende. Ontwapen jou gevegsmagte. Parkeer jou skepe en vliegtuie en steek ‘n vuur aan en braai. Die agitator en oorsprong kan onder die simpatie van die wêreld aangaan en onrus en vrees saai, maar die wettige regering mag niks doen nie, is mos absurd/verregaande. Ek neem die Israelies nie kwalik nie. Skiet die wit waks uit die ouens uit wat jou bedreig. Ek vra nog steeds die vraag, wat het Hamas genoop om dit te doen. Wat my ook laat frons is binne ‘n paar ure is Groot Broer VSA met hul skepe binne skiet afstand. Laat my net wonder.

Hans ·

Daar was in 2800 jaar nog nooit blywende vrede in daardie gebied nie.
Hulle het ‘n Salomo se wysheid nou nodig.

Nettie ·

Nici, waarvan praat jy mens? Die Israeli’s het meer as 5000 Palestynse KINDERS die afgelope maand vermoor! En honderde sit in hulle tronke van voor Oktober af. Hoe kan jy sê die wereld sou nie tevrede wees daarmee nie? Almal was, en meeste is vandag nog, soos jy!

Frances ·

Nettie , die syfers word deur Hamas uitgegee, dink jy regtig die syfers is heeltemal korrek?? Die oorsese media kan self nie die syfers bevestig nie, en meld ook dat “volgens” Hamas die syfers dit of dat is. Ek gaan vir seker nie die woord van n terroriste organisasie aanvaar as waar nie.

TO ·

Verstaan nie hoe Israel kan instem tot vrylating van 50 israeli’s teenoor meer as 100 uit Israeli tronke

TO ·

Verstaan ek reg dat uitruil nou uitgestel is. Israel moes nooit ingegee het nie, nou dikteer Hamas. Ek bid hulle word nie weer met die broek op die knieë gevang nie. En wat maak julle seker gyselaars is lewend want hoeveel het hulle reeds vermoor wat bekend is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.