Israel in hoë staat van gereedheid

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Israel is in ’n staat van hoë gereedheid nadat ses Hizbollah-stryders aan die Siriese kant van die grens op die Golan Hoogland in ’n bombardement omgekom het. Onder die gesneuweldes is na berig word ‘n generaal van Iran. Iran en Hizbolla, beide Sjiïties, is bondgenote en veg aan die kant van pres. Bashar al Assad in die Siriese burgeroorlog.

Die aanval is na berig word deur twee afstandbeheerde vliegtuie (drones) uitgevoer.

Israel het nie die aanval erken of ontken nie, maar veral sy lugafweerstelsels aan die Libanese grens – Hizbollah se tuisland – op spesiale gereedheidsgrondslag geplaas.

Volgens die aanvanklike berigte het die Hizbollamagte wat aangeval is, hulle in die spergebied tussen Israel en Sirië bevind. Die jongste berigte lui bloot dat hulle inspeksies aan die Siriese kant gedoen het toe hulle aangeval is.

Die aanval volg op ’n verskerpte woorde-oorlog tussen Israel en Hizbollah, en daar word verwag dat Hizbollah weerwraak sal neem, maar ’n getemperde weerwraak om nie ‘n volskaalse oorlog te ontlok nie.

Bron: Trouw en Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.