Israel, Iran kap mekaar in Veiligheidsraad-vergadering

Gilad Erdan, Israel se VN-ambassadeur, wys ‘n video van die missiele en hommeltuie wat op Israel afgevuur is. (Foto: Charly TRIBALLEAU/AFP)

Israel en Iran het mekaar Sondag by die Verenigde Nasies daarvan beskuldig dat die ander die grootste bedreiging vir vrede in die Midde-Ooste inhou.

Beide lande het ook ʼn beroep op die VN se Veiligheidsraad gedoen om sanksies teen die ander in te stel.

“Die masker is af. Iran, die nommer een wêreldwye borg van terreur, het sy ware gesig ontbloot as die destabiliseerder van die streek en die wêreld,” het Gilad Erdan, Israel se VN-ambassadeur, in ʼn noodvergadering van die Veiligheidsraad gesê ná Iran se ongekende aanval op Israel.

Erdan het die Veiligheidsraad gevra om die Revolusionêre Wag, die Islamitiese Republiek se ideologiese weermag, as ’n terreurorganisasie te verklaar en om “alle moontlike sanksies teen Iran in te stel voordat dit te laat is”.

Iran het Saterdag vir die eerste keer ʼn direkte aanval op sy aartsvyand Israel van stapel gestuur en meer as 300 missiele en hommeltuie afgevuur. Byna almal is deur Israel en ander lande, insluitend die VSA, Jordanië en Brittanje, onderskep.

Iran het gesê sy aanval was in reaksie op ʼn dodelike lugaanval op 1 April op Teheran se konsulaatgebou in Sirië se hoofstad, Damaskus, wat wyd op Israel geblameer is. Dié aanval het die lewe van sewe Iranse Revolusionêre Wagte, insluitend twee senior generaals, geëis.

Amir Saeid Iravani, Iran se VN-ambassadeur, het tydens die noodvergadering daarop aangedring dat die Islamitiese republiek net sy “inherente reg op selfverdediging” uitoefen.

“Die Veiligheidsraad het versuim in sy plig om internasionale vrede en veiligheid te handhaaf,” het Iravani gesê.

Daarom het Teheran “geen keuse gehad” as om te reageer nie, het hy gesê en bygevoeg dat sy land “nie ʼn eskalasie of oorlog soek nie”, maar sal reageer op enige “bedreiging of aggressie”.

Hy het ook na Israel gekap. “Dit is tyd dat die Veiligheidsraad sy verantwoordelikheid opneem en die werklike bedreiging vir internasionale vrede en veiligheid hokslaan,” het Iravani gesê. Hy het gesê die Veiligheidsraad “moet dringende strafmaatreëls neem om hierdie regime te dwing om ʼn volksmoord teen die mense van Gaza te beëindig”.

Israel word sedert die Iranse rewolusie van 1979 deur die Islamitiese republiek as ʼn geswore vyand beskou. Tot nou toe het Teheran hom daarvan weerhou om Israel direk te val, en die twee lande het eerder gekies om mekaar deur derde partye te konfronteer.

Antonio Guterres, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, het Sondag op selfbeheersing aangedring en aan die noodvergadering gesê dat “nóg die streek nóg die wêreld meer oorlog kan bekostig”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

En Pandor was seker daar om Suid-Afrika se steun aan Iran te bevestig.

annie ·

Guterres, boesemvriend van Soros… Ont weet aan wie se kant hy is.

Michael ·

Ek hoop en vertrou Israel staan sterk en wis al wat n terroris is uit in die midde ooste .

Keelvol ·

Iran is niks Anderste as terroriste. Hulle ondersteun Hamas en het gehelp met finansiering vir die Oktober 7 aanvalle. Iran beywer hulle vir niks minder as die uitwissing van Israël nie. Israel het die reg om hull self te beskerm. As Iran dan zodanig vir die palestyne is, Hoekom neem hulle, hulle nie in nie? Die VN moet Iran uit die beraad skip. Maar dan weer, die VN is ruggraatloos.

Republikein in die Wes Kaap ·

Deon, jare gelede het ek ‘n Joodse oubaas uitgevra oor die Haavara ooreenkoms. Hy het net gesê dat jy nie ‘n half-Joods Oostenrykse korporaal kon vertrou nie. Sy famlie het in die 1930s liewer na SA geemigreer. Van hul familielede het wel na die Midde -Ooste verhuis en byna krepeer. Gelukkig het die Engelse gehelp totdat Israel ‘n onafhanklike staat geword het.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die Iranese Wagkorps en sy filliale is deur verskeie westerse lande as tereur organisasies gelys. Israel se aanvalle in Iran was tot dusver hoofsaaklik beperk tot kernwapen aanlegte. Dis weer tyd vir optrede. Iran het sy wapens en stelsels wel opgedateer. Israel alleen sal bars, maar Pakistan, Indië en Saudi Arabië verag Iran. Rusland het onlangs deurgeloop onder ISIS, ‘n groep wat ook deur Iran befonds en bewapen word. Hulle is Rusland se groot vyand in Sirië. Maar Poetin is magteloos, hy benodig Iran se hommeltuig bomme in Oekraïne. Iran staan alleen. Net Noord-Korea en SA sal hulle dalk help.

etienne ·

Dis nou net n kwessie van tyd, dan gaan iemand angsbevange raak, en n kernbom gebruik, en dan is dit WW3, net n kwessie van tyd.

Deon ·

Republikein van die Wes Kaap, ‘een ou se terroris is ‘n ander ou se vryheidsvegter’. Uit Arabiese kringe word Westerse lande beskuldig van tereur – dink maar aan die valse gronde (leuens) waaop die VSA en VK Irak binne gevaar het – honderde duisende gedood. Praat van ‘weapons of mass destruction’ – wie gee ‘Israel’ die reg om Iran se kernaanlegte te bombardeer terwyl hulself ‘n arsenaal kernbomme het?

Deon ·

Verstommend is dat die ‘Israelse’ se ambassadeur Iran van terrorisme beskuldig terwyl ‘Israel’ die een is wat geweld aanstook en ‘n oorlog wil uitlok. Die aanval op die Iranese konsulaat oortree alle internasionle reels. Weereens, Iran beset die hoë morele grond in die konflik wat ‘Israel’ begin het. Iran het hom by internasionale reg behou in sy aanvalle op die ‘Israelse’ militêre bassise en nie sommer wild-en-wakker burgelike teikens bombardeer soos oorlogskriminele nie. Iran het ook sy vermoeë gewys om deur die ‘Israelse’ lugafweer te penetreer wat hopelik as afskrikmiddel sal dien teen toekomstige aanvalle teen Iran.

Pieter ·

Ek verstaan nie politiek nie! Dit is reguit van die duiwel! Hulle stry oor goed wat ons reeds weet… Dis asof die wereld stom blind en dom is!

Pieter ·

@Deon, wag bietjie. Dink weer oor wie die dinge begin het? wie befonds teenstand teen Israel? Hoekom sal Israel nou kies om orals om hulle oorlog te maak as daar geen rede is nie? Hulle kies wel om HIERDIE keer nie terug te staan nie, en DIS wat julle pla. Israel gaan nie weer HIERDIE keer terugstaan nie. Miskien moet die ander hulle oorlog uit burgerlike areas uit hou, want dit presies wat hulle maak juis sodat hulle hierdie kaart kan speel. Die regverdige sal altyd aan die kortste speen trek in hierdie wereld want hulle is Regverdig!

Deon ·

@Pieter, ek het nie antwoorde vir al jou vrae nie. Oor befondsing, ja Amerika en ander Westerse lande gee biljoene aan ‘Israel’. Hamas, aanvanklik geskep deur Mossad, se verbeeldingryke militêre operasie van 7 Oktober is met masjiengewere en hangvlieers gedoen – beslis nie baie befondsing hiervoor gekry nie.
‘Israel’ het hierdie keer nie gekies nie – die Iranese het dit reg gekry om hul lugmagbasis met 5 of meer missiele te tref. Dit is ‘n basis wat met die beste skild toegerus is. Dit het waarskynlik ‘n groot faktor in die besluit om nie nou terug te slaan nie. Amerika gaan ook nie help met enige aanvalle nie. Sonder die hulp sal ‘Israel’ nie kan staande bly nie.
Ek neem aan jou verwsing na oorloë in burgelike areas is ‘Israel’ se aanvalle op die burgelikes van Gasa, die onwettige besetting en gepaardgaande geweld in die Wesoewer en Amerikaanse basisse in Sirië asook die onwettige besetting van die Siriese Golan hoogtes (met sy ryk oliebronne).
Oor waar alles begin het? Party sal sê dis toe Kain vir Abel doogeslaan het. Of 2000 jaar gelede toe Jesus, seker die grootste anti-Semiet wat daar was, in Jon 8:44 hierdie mense uitgewys as kinders van die duiwel – ek dink Hy het dit letterlik bedoel. Maar as mens na resente geskiedenis kyk, waarskynlik toe die sionistiese terroriste begin tereur saai onder die inheemse Palestynse bevolking. Die onnreg gepleeg deur die sioniste teenoor die Palestyne oor die afgelope 70 jaar is astronomies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.