Israel roep nog 16 000 troepe op

Israel - vlagIsrael het nog 16 000 troepe vir sy offensief teen Hamas in die Gasastrook opgeroep. Dit vermeerder die totaal tot 86 000 reserviste wat reeds opgeroep is.

Die doel is dat diegene wat nou opgeroep word, ander moet aflos. Israel se operasie in Gasa beloop nou reeds 23 dae, en 56 soldate het reeds omgekom.

Intussen ontvou meer en meer verhale van ontsettende ontbering in Gasa. Toue by bakkerye is nou veel langer nadat die hoofkragsentrale tydens ‘n bombardement in die slag gebly het. Water en kos raak byna onbekombaar.

Intussen loop Israel internasionaal, ook by sy bondgenote soos die VSA, deur oor die bombardement van ‘n skool. Sowat 20 mense het omgekom. Israel het vroeër gesê die ontploffing is veroorsaak deur ‘n Palestynse vuurpyl wat koers verloor het. Hamas het dit ten sterkste ontken. Israel ondersoek die voorval.

Intussen wys analiste daarop dat die konflikte in die Midde-Ooste op drie maniere ‘n bedreiging vir die VSA se nasionale veiligheid inhou. Eerstens word gevrees dat die vernietiging van Hamas daartoe kan lei dat ‘n selfs meer radikale groep sy plek sal inneem wat nie sal aarsel om chemiese en biologiese wapens in te span nie, tweedens is die koste-impak in geldelike en menselewens van die voortgesette stryd in Irak ‘n bedreiging vir die VSA is BNP, en laastens bestaan die gevaar dat hierdie konflik kan veroorsaak dat die VSA sy oë van die bal kan neem.

Die volledige analise kan hier gelees word.

Bronne: Trouw, Christian Science Monitor, Reuter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Grassie ·

Dit help nie om vir Israel kwaad te word nie. Hierdie oorlog tussen Israel en die Filistyne duur al meer as 3000 jaar. Die reus Goliat het in die dorpie Gat in Gaza gewoon. (1 Sam. 17 : 4). Hy het ‘n groot lyf, ‘n groot swaard, ‘n groot mond en groot bravade gehad maar die eerste missiel wat die jonge Israeliet Dawid gelanseer het, het hom ‘n kolskoot tussen die oë gelooi. Daardie stryd gaan nog steeds voort en voort en voort en sal nie in ons tyd tot ‘n einde kom nie.

Johann Roux ·

Grassie, ek wil graag vir jou sê dat jy die staaltjie van Dawid en Goliat so pittig vertel.
Jou skrywe is weerlees en weerlees materiaal.
Dankie.

Ek kom agter dat ek, jy en Trippie op dieselfde golflengte is oor die Jode en Putin.

HEVW ·

Dit is maar waar. Solank Israel aan dieselfde God as Dawid verbonde bly en soos Dawid vertrou sal dit n verlore stryd vir Gasa bly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.