Israel verskerp aanvalle in Gaza

Smoke rises following Israeli strikes in Khan Yunis in the southern Gaza Strip, early on December 4, 2023, amid ongoing fighting between Israel and the Palestinian group Hamas. (Photo by SAID KHATIB / AFP)

Rookwolke hang oor die suide van Gaza na lugaanvalle deur Israel die afgelope naweek. Gevegte tussen Israel en vegters van die militante groep Hamas duur voort, met Israel wat sy aanvalle opnuut verskerp het. (Foto: Said Khatib/AFP)

Israel het Maandag sy aanvalle op die militante groep Hamas in Gaza verskerp, slegs dae nadat die wapenstilstand verstryk het.

Die internasionale gemeenskap is egter diep bekommerd oor die groot getal burgerlikes wat in die voortgesette konflik sterf.

Sedert die wapenstilstand Vrydag verstryk het, is die gevegte in Gaza hervat. Vuurpyle is na Israel gelanseer en Israel het op sy beurt lugaanvalle op die Palestynse gebied uitgevoer.

Oor die naweek het dik rookwolke ná lugaanvalle oor die noorde van Gaza gehang.

Israel het Sondag gesê verskeie vuurpyle is uit Gaza gelanseer, maar ook dat die meeste daarvan onderskep is voordat dit Israeliese dorpe getref het.

Hamas en die amptelike Palestynse nuusagentskap Wafa sê die ingang van die Kamal Adwan-hospitaal in die noorde van die gebied is laat Sondag in ʼn lugaanval getref. Verskeie mense is dood, het die nuusagentskap berig.

Hamas het Israel intussen op sy Telegram-kanaal van ʼn “ernstige skending” van humanitêre wette beskuldig.

Die Israeliese weermag het nie dadelik kommentaar gelewer op die beweerde aanval nie.

Israel sê Hamas gebruik hospitale en ander burgerlike infrastruktuur vir militêre doeleindes, maar die militante groep ontken dit.

Daniel Hagari, woordvoerder van die Israelse weermag, het intussen gesê die weermag gaan voort om troepe op grondvlak in die belangrikste dele van die Gaza-strook te stasioneer.

“Waar daar ook al ʼn Hamas-vesting is, is die Israelse weermag teenwoordig,” het hy gesê.

Onderhandelinge ‘bereik dooiepunt’

Israeli troops and military vehicles are positioned near the border with the Gaza Strip on December 3, 2023, amid continuing battles between Israel and the militant group Hamas. The graffiti in blue reads : “Eliminate Hamas” and family names of Israeli soldiers. - Israel struck Gaza targets on December 3 in its war on Hamas as international concern mounted over the spiralling civilian death toll, three days into fighting that resumed after a truce ended. (Photo by Menahem KAHANA / AFP)

Israelse soldate en wapentuig Sondag naby die Gaza-grens. Israel het sy aanvalle verskerp na die verstryking van ‘n skietstilstand tussen dié land, en militante van Hamas. (Foto: Menaham Kahana/AFP)

Ná Hamas se aanval op Israel in Oktober – ʼn voorval wat 1 200 lewens geëis het met talle mense wat as gyselaar geneem is – het Israel met ʼn vergeldingsaanval op die militante groep begin.

Hamas se departement van gesondheid sê egter meer as 15 500 mense is sedert 7 Oktober in die gebied dood, van wie meer as die helfte vroue en kinders is.

Katar het met die steun van Egipte en die VSA ʼn wapenstilstand tussen die twee lande bemiddel wat toegesien het dat 80 Israeliese gyselaars vrygelaat is in ruil vir die vrylating van 240 Palestynse gevangenes uit Israeliese tronke.

Tientalle ander gevangenes is ook uit Gaza bevry.

Gevegte het egter Vrydag hervat ondanks internasionale oproepe vir ʼn verdere verlenging van die skietstilstand.

Die kantoor van Israelse premier Benjamin Netanyahu het kort daarna gesê Israeliese onderhandelaars word aan Katar onttrek “nadat die onderhandelinge ʼn dooiepunt bereik het”. Die samesprekings het voortgegaan in die hoop dat die wapenstilstand weer ingestel kon word.

Altesame 137 gyselaars word steeds in Gaza aangehou, maar volgens die Israeliese weermag het Hamas geweier om hulle vry te laat as daar nie op ʼn permanente wapenstilstand ooreengekom kan word nie.

Die Israeliese weermag het Sondag gesê hy het sowat 10 000 lugaanvalle uitgevoer sedert die oorlog begin het.

Israel sê vyf van sy soldate het in gevegte gesneuwel sedert die einde van die wapenstilstand, met drie van die sterftes wat Sondag plaasgevind het.

“In die afgelope paar uur is 316 oorledenes en 664 beseerdes uit die puin gehaal en na hospitale geneem; baie ander is steeds onder die puin vasgekeer,” het Ashraf al-Qudra, woordvoerder van Hamas se departement van gesondheid, gesê.

James Elder, ʼn woordvoerder van die Verenigde Nasies (VN) se kinderagentskap Unicef, sê daar is min maniere “om die gruwels wat kinders hier [in Gaza] oorkom” te beskryf.

“Dit is die ergste bombardering wat nog in die suide van Gaza ondervind is. Daar is verskeie kindersterftes,” het hy in ʼn video op die sosialemediaplatform X gesê.

Israel se bondgenoot, die VSA, wat jaarliks ​​miljarde dollar aan militêre hulp aan die land verskaf, het ʼn beroep op die land se weermag gedoen om burgerlikes in Gaza te beskerm.

“Te veel onskuldige Palestyne is doodgemaak,” het adjunkpresident Kamala Harris by die VN se klimaatsberaad in Dubai gesê.

ʼn Amptenaar van die Withuis het Sondag gesê die VSA glo Israel “wend ʼn poging aan” om burgerlike sterftes in Gaza te verminder.

Eylon Levy, woordvoerder van die Israeliese regering, het gesê die skuld vir die sterftes lê by Hamas en dat diegene wat dood is “nog sou gelewe het” as die groep nie die oorspronklike aanvalle in Oktober geloods het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Goldy ·

Almal wat nie onderdanig aan moslemdiktators wil word nie moet aan Israel se kant wees want Hamas en soortgelyke groepe sê skaamteloos dat Christenne en die Weste volgende op hulle visier is. Net jammer so baie wil dit nie hoor nie.

Kosie ·

Enige christen wat Israel ondersteun ken nie hul Bybel nie. Wee hom wat goed sleg noem en sleg goed. Hoeveel jare se indoktrinasie het dit gevat dat sogenaamde christene so bloeddorstig en entoesiasties is oor die dood maak van vrouens en kinders? Hoe kan jy die opblaas van vlugtelingkampe deur Israel se lugmag enigsins regverdig? Lyk my, om deesdae ‘n christen te wees moet jy God lief hê met jou hele hart, jou hele siel, met al jou krag en SONDER jou hele verstand. Word wakker Christen, Israel is die aggressor.

Ore ·

Ek is nie vir en teen een van die partye nie. Wat opvallend is is die feit dat Hamas wat die oorlog begin het, burgerlikes gyselaar hou heeltyd daarop hamer hoeveel vroue en kinders deur Israel gedood word. Hulle, Hamas is blykbaar onskuldig. Israel is soos ‘n verwoede swerm bye. Hulle gaan nie ophou voordat Hamas uitgewis is nie. Oorlog bring niks goed nie.

Michael ·

Die hamas terroriste moet uitgewis word dit is al hoe daar vrede kan wees.

Kuver ·

Ja Kosie Israel is die agressor, verwag jy hulle moet maar die massa moord van 1200 mense net so aanvaar, 1200 mense wat net n konsert by gewoon het en toe deur hamas vermoor is, die lafaards van hamas skuil agter onskuldige burgers, keur jy dit goed??!!!

hpven ·

Kosie, ek ken die Bybel. Ek het dit tweekeer deurgelees, Die Koran en Torah elk eenkeer deurgelees. Nie een van die boeke hits geweld as ‘n oplossing van probleme aan nie. Maar dit daar gelaat, gaan terug in die Christendom se geskiedenis en sien hoeveel onskuldige mense , waaronder vrouens en kinders, is in die begin jare en selfs jare daarna deur Christene gedood. In oorloë sterf baie burgerlikes waaronder vroue en kinders. Byvoorbeeld, wêreld oorlog 2 het Christen teen Christen geveg ens,ens.
Wat my egter pla is syfers, sonder bewyse, deur Hammas wat sommer geglo word terwyl ons almal weet dat terroriste oor die algemeen lieg. Daar was en is in die dae nog geen stawende bewyse insake deur hulle gelewer nie.

Jan Jacobs ·

Goldy as die rower bende klaar is met Palistina, kom hulle vir ons, Wie dink jy het die anc ondersteun.

Jan Jacobs ·

Hpven, dis waar gaan kyk maar Wie het die meeste van daardie oorloe” gefinansier.

Kosie ·

Haai Kuver, bly dat jy vra.
1) Hamas is gesig en befonds deur Israel om die PLO se mag te vertroebel. Dit is ‘n skepping van Israel self.
2) Die 40 babatjies wat Hamas kwansuis onthoof het is bewys dit dit net ‘n blatante leuen was. Jo Biden en die withuis moes self daardie storie terugtrek. Het natuurlik aanvanklik hoof opskrifte gemaak maar die terugtrek was seker blasy 20, en goeie ou Pieter Mulder het ook daarna verwys, weke na die teendeel reeds bevestig is.
3) Wat die Hamas aanval op die konsertgangers aanbetref. Die beeld materiaal het duidelik getoon dat die aanvallers met valskerms in gespring en toe mense geskiet het. Enigste probleem is, Hamas het nie ‘n lugmag nie, so presies hoe het daardie aanvallers die aanval geloods. Verder het dit uitgekom dat die oorgrote meerderheid deur Israel gedood is vanuit hulle helikopters, want hulle het net voor die voet geskiet.
4) Die aanval met paragliders is omtrent so geloofwaardig soos die amptelike 9/11 aanval sprokie.
So, gaan ek jou oortuig, waarskynlik nie. Die vraag bly egter…
Gee dit Israel die reg om kinders en vrouens dood te skiet, hospitale op te blaas, vlugtelingkampe aan te val?

Goldy ·

Kosie verstaan nie van Hamas wat mense as akilde gebruik nie. Dis n nuwe massa oorlogvoeringstegniek wat met hierdie oorlog nog gestuit moet word.

Tienie ·

Genesis 12:1-3 (Afrikaans)
1 En die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys.
2 En Ek sal jou ‘n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ‘n seën sal wees.
3 En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.

Kosie ·

Haai hpven,
ek stem met jou saam, beide wêreldoorloë was verskriklik, maar weereens wie is die mense wat agter die oorloë was, en hoe is dit dat Christene so graag wil sterf vir “die” mense se belange. Jy kan dit nog nader trek, vir wie presies het ons geveg in die Bosoorlog in Angola? Dit was nie vir Suid-Afrika nie. Hoeveel ouers moes nie hul kinders begrawe vir absurde oorloë nie. Wat van die oorlog tans in Oekraine. Weereens is dit die ou op grondvlak wat die prys betaal vir ander se waansin. Dalk tyd dat Christene die vredemakers word en weier om ander se oorloë te ondersteun en te veg.
Wat my egter dwars in die krop steek, is dat baie Christene dink dit is hulle Christelike plig om Israel te ondersteun, min wetende, hoe Israel sy ontstaan gehad het en van dinge soos die Nakba, King David Hotel aanval, USS Liberty en ander.
Ongelukkig is Christene die wêreld deur al vir jare op ‘n valse eskatologiese diëet geplaas met Israel as die “volk van God”, maar hulle is nie bereid om na die vrugte van die Israel boom te kyk nie.
Wat die getalle aanbetref, ons weet Israel het al vele hospitale opgeblaas, na die eerste grote was daar meer as 500 mense dood. Hulle het dit aanvanklik erken, toe ontken en met ‘n absurde storie gekom van ‘n Hamas vuurpyl, en toe paar weke later erken dit was hulle. Selfde met die skole, kerke en die vlugtelingkampe het hulle sommer net oop en bloot erken. Die VN en van die Christen organisasie wat werk in Gaza het ook die getalle beaam en eintlik gesê die getalle is baie hoër, want hulle tel net die mense wat hulle kon identifiseer.
Die Bybel sê wel, ons moet bid vir die vrede van Jerusalem, maar voel my Christene bid vir die uitwissing van Palesteine en dit omdat hulle ‘n valse leer glo. Onkunde is nie ‘n verskoning nie.

Hans ·

Die oorlog het niks met “christelike plig” te make nie, want Hamas het dit begin en het Vrydag weer aanval op siviele Israeli’s in Jerusalem gedoen.
So woed 2800 jare oue oorlog voort.

Kuver ·

Jammer ou Kosie maar ek gaan nie verder met jou argumenteer nie, reg denkende mense kan en mag nie met terroriste argumenteer nie, daar is altyd “conspiracy theories” van die mense en hulle lieg so hulle glo hulself, nes die ans en eff, so glo maar wat jy wil, ek weet wat ek weet en dis genoeg vir my, hammas is uiterste terroriste en mense wat hulle vals nuus glo en verskonings vir hulle soek is net so sleg soos hulle, groetnis

Jan Jacobs ·

Tienie, die inwonners van moderne isreal is nie die uitverkore volk nie, Isreal het 12 stamme gehad nie net een nie, daar was 600000 Isrealitiese man’s in die woestyn saam Moses, dit was ongeveer 1400 jaar voor Christus, plus nog 2000 jaar, werk maar uit. Iemand lieg en dit is nie die bybel nie.

hpven ·

Jan, ek kon nêrens in die Bybel raaklees dat God ‘n vervaldatum op Israel of ander en toekomstige nasies geplaas het nie. Israel is steeds wat hulle was en ons en ander bevolkings is steeds wat ons en hulle was. Jood is Jood, Afrikaner is Afrikaner, Brit is Brit ens… Die enigste ‘n nuwe maaksel is ‘n terroris wat ‘n bedreiging vir die hele mensdom inhou! Sien die groter prentjie in die Bybel en selfs Koran en Torah. Lees die Bybel as ‘n gehele boek. Om slegs dele wat mens pas aan te haal oortuig min mense.

hpven ·

Kosie, dit gaan nie oor Christelike plig nie maar oor keuses wat mens moet maak tov oorlewing en toekomstige oorlewing. God laat mense toe om hul eie keuse te maak met alles wat daarmee saamgaan! Iewers moet mens ‘n streep trek en kies. Ek is meer as vier dekades in die militêre bedryf, ja baie mense sterf maar niemand vra ooit hoeveel lewens word gered! Siera leone, Rwanda, DRK, Burundi, Somalië ens… na menseslagtings wie het gegaan om toestande te normaliseer? PMC’s. Samevatting van soldate uit verskillende weermagte! Vredesmagte weer ‘n samevatting van verskillende weermagte! Wie het die aanvallers betaal en wie het die verdedigers betaal? Dink en sien die groter prentjie wat die toekoms insluit. Terroriste is ‘n werklikheid en om hulle te beveg gaan beslis nie oor gewilde keuses nie. Mens beveg vuur met vuur.

Casper ·

Nou wat het Hamas op 7 Oktober in Israel gedoen,vir koek en tee opgedaag,nee.Israel is deur terroriste aangeval en nie deur Palestiena nie.Israel voer oorlog teen Hamas.Hulle het tonnels onder hospitale,skole vlugtelingkampe en staatsgeboue vanwaar hulle aanvalle op Israel beplan en uitvoer.

Jan Jacobs ·

Hpven lees my vorige kommetaar, vir iemand wat die bybel al 2 keer gelees het is jy baie oningelig oor Isreal, die naam jood kom van Judeer, af Juda was EEN van die 12 stamme.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.