Italiaanse babas kry nou albei ouers se van

(Argieffoto: Christian Bowen/Unsplash)

Die algemene praktyk om ʼn pa se van outomaties aan sy kind toe te ken, is voortaan onwettig in Italië.

Die Italiaanse konstitusionele hof het Woensdag beslis die gebruik rakende kinders se vanne is ongrondwetlik, “diskriminerend en nadelig vir die identiteit van die kind”.

Die land se hoogste hof het nou ʼn beroep op die Italiaanse parlement gedoen om wetgewing daaroor te verander.

Die hof het beklemtoon dat albei ouers betrokke behoort te wees by die keuse oor hul kind se van, wat “ʼn fundamentele element van persoonlike identiteit uitmaak”.

Voortaan sal kinders albei ouers se vanne aanneem, in die volgorde waarop hulle ooreengekom het, tensy die ouers saam besluit dat die kind net een van sal gebruik.

Sou ’n ouerpaar nie tot ’n ooreenkoms kom nie, sal ʼn regter namens hulle besluit.

Die uitspraak word as ’n historiese oorwinning vir Italiaanse vroueregte bestempel.

Alessandra Mussolini, die kleindogter van die voormalige Italiaanse diktator Benito Mussolini, is onder diegene wat die uitspraak geloof het. Alessandra se drie kinders kon ná ’n uitmergelende proses haar van aanneem.

“Om ʼn mens se van te kan oordra … is ʼn beskawingsdaad,” het sy aan die Italiaanse koerant Il Messaggero gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

22 Kommentare

jongste oudste gewildste
LD

Regtig…….?

Elmarie

Dit gaan ‘n gemors afgee. Twee, drie geslagte later, sit ‘n kind met ses vanne.

Marius

Wat nog ? Die wêreld staan op sy kop….

Estelle

Sy wou seker maak die van Mussolini sterf nie uit nie.

Jean

1 April is kla verby