Jagluiperd kry grootste werpsel nóg

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Jagluiperd van die St. Louis-dieretuin in Missouri in Amerika het onlangs die ma van agt welpies geword – die grootste werpsel wat ʼn jagluiperd al ooit in aanhouding gehad het.

Volgens ʼn verklaring van die dieretuin het die jagluiperd, wat bekend staan as Bingwa, reeds einde November verlede jaar geboorte gegee.

Die welpies is gebore by die dieretuin se River’s Edge Cheetah Breeding Center as deel van ʼn program om geneties-gesonde populasies van jagluiperds by Noord-Amerikaanse dieretuine te teel. Meer as 50 welpies is sedert 1974 by dié sentrum gebore.

Volgens die Amerikaanse Association of Zoos and Aquariums wat ʼn studie op meer as 400 werpsels gedoen het, is Bingwa se werpsel die grootste nóg wat alleen deur ʼn jagluiperd in aanhouding grootgemaak is.

Steve Bircher, kurator van die St. Louis-dieretuin, het aan die Amerikaanse nuusagentskap CBS gesê Bingwa en haar welpies, vyf wyfies en drie mannetjies, is gesond. Die pa van die welpies, ʼn negejarige jagluiperd wat bekend staan as Jason, keer binnekort terug na die White Oak-bewaringsgebied in Florida aangesien pa’s in dié spesie nie betrokke is by hul welpies nie.

“Die welpies sal nog vir ʼn paar maande weg van die publiek af bly en gereeld deur ons personeel ondersoek word. Sy het vinnig geleer om haar welpies te versorg en het regtig in ʼn voorbeeldige ma ontaard,” het hy gesê.

“Bingwa” is Swahili vir “kampioen”.

Bron: CBS

Three-Week Old Cheetah Cubs

Now that the “cats are out of the bag,” we are happy to share a more recent video of the eight cheetah cubs. Here they are at three weeks old with mom, Bingwa. The cheetah family is bonding in their maternity den behind the scenes, and we will keep you updated on the cubs’ progress. stlzoo.org/cheetahcubs #greateight #cheetahcubs

Posted by Saint Louis Zoo on Wednesday, January 3, 2018

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Jes ·

Stephen alhoewel ek ook nie mal is oor die idee van die diere I ‘n dieretuin nie het dit tog n doel. Ons het die wereld al so opgedinges dat dit nodig is om diere in dieretuine aan te hou vir die orrlweing van die spesies. As die mensdom so aanhou sal al die diere uitsterf. Eerder in die dieretuin as om gejag te word vir die pels.

Richard ·

As jy die artikel lees, sal jy sien. Moderne dieretuine doen baie goeie werk om spesies geneties gesond te hou.

Anthony ·

Hulle het seker soentoe gery om te gaan kyk na die ander diere.

Hendrik ·

So reg hier onder my neus en ek weet nie eens daarvan nie. Ek hoop die ma en kleintjies word goed warm gehou – buite is dit -16C. Sal gaan inloer sodra die publiek mag toegang kry.

Stephen Namibia ·

Richard. Ek aanvaar nie jou stelling van n moderne dieretuin nie. Die dier is nog steeds in aanhouding en hoort nie daar nie.
By ons is n groep mense wat n plaas bedryf waar siek diere weer na rehabilitasie in die natuur vrygelaat word. Dis iets anders want die dier is nooit uit die natuur nie.
Slegs die natuur kan n spesie geneties gesond hou deur natuurlike seleksie proses. Jou siening skep die indruk van wilde diere wat net in dieretuine kan oorleef.

jcwf ·

In die heilige (?) natuur van jou sterf hulle vinnig uit en jy noem dit geneties gesond hou…

Barend ·

Ek het nie geweet ‘n voorbeeldige ma is ‘n ontaarding nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.