Jagter deur olifant vertrap

olifantbul nbcnews

Argieffoto

Jose Monzalvez (46), ʼn grootwildjagter van Argentinië, is dood nadat ʼn olifant hom die afgelope naweek in ʼn private wildsreservaat in die noorde van Namibië stormgeloop het.

Volgens die Namibiese persagentskap was Monzalvez op ʼn jagtoer saam met ʼn ander man van Argentinië en drie mans van Namibië.

Die persagentskap het gesê Monzalvez wat vir ʼn oliemagnaat gewerk het, het ʼn wettige jagpermit gehad.

Die jagters was glo op die spoor van ʼn groep olifante waarvan Monzalvez een sou skiet.

“Die olifant het glo skielik op die man afgepyl. Van die jagters het geskarrel om eers te mik en na die olifant te skiet,” lui ʼn verklaring van die agentskap.

Die agentskap het gesê geen ander inligting is in dié stadium bekend nie en dit is ook onseker of die olifant na die voorval doodgeskiet is.

Die man se naasbestaandes is van sy dood in kennis gestel.

Theunis Botha (51), ʼn Suid-Afrikaanse jagter, is in Mei vanjaar in Zimbabwe dood toe ʼn olifantkoei hom met haar slurp opgetel waarna een van die ander jagters die koei geskiet het en sy bo-op Botha geval het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Bossie ·

Daar is geen mens wat liewer vir diere is as ek nie. Diere moet uitgeskiet, geslag ens. word want daar is dinge soos oorbeweiding, die voedselketting ens. Hoe erg dit ook al mag klink en hoe hartseer dit ook al mag wees. Ek verkies om dit nie self te doen nie maar is hartseer dankbaar daar is mense wat bereid is om dit te doen. Ek is seker julle staan lekker by die braaivleisvuur elke naweek en smul aan die bees, skaap, vis ens. OOK diere. Wat ek eintlik wil sê is dink ‘n slag verder as wat jou neus lank is en hou jou onsensitiewe en vieslike kommentaar vir jouself. Hierdie man het familie wat treur….

Liza101 ·

Ek self is bitterlik bang vir ‘n olifant. Rus in vrede.

Johann Marx ·

Die spoed waarmee ‘n olifant beweeg is altyd ‘n verrassing. Been there, done that…

Takoeza ·

Bly op ‘n plaas in suid Botswana, meer as 1000 olifante in die gebied, geen bome wat langer as 1 m hoog is nie, veld poeierfyn vertrap, daar is doodeenvoudig te veel olifante in Zim/Botswana, meer sal “uitgedun” moet word, welke wyse ookal, mees “etiese” wyse om ‘n “skewe” woord te gebruik – n paar diere sal moet opoffering maak sodat duisende ander darem ‘n volhoubare lewe kan lei – dit sal egter jaarliks moet gebeur -die jaar, na die goeie reen, byna elke koei ‘n oulike jongeling wat onder haar stap!

Andrea ·

Kan die koeie nie met voorbehoedmiddel behandel word nie? Uitdunning is so wreed en traumaties vir die res van die trop wat oorleef…

HB ·

As jy ‘n olifant vir ‘n trofee wil jag en dit kom jou oor het ek nie veel simpatie nie. Goed gedaan Grootvoet!

Hanna ·

Dankie @Tazoeka. Hierdie is altyd ‘n debat wat baie lank kan aanhou. Te danke aan jagters wat baie geld betaal, word die wild en natuur ge onderhou. Te veel olifante is definitief ‘n baie groot probleem en mense besef dit nie want hulle bly in die stad en is maar baie oningelig. Ek hoop eendag sal mense wat so anti jag is verstaan hoekom jag en die inkomste van jag hoogs noodsaaklik is.

Cherokee ·

Julle kan mos die pil of ander voorbehoedmiddels fyn maal en oor die takke van die meter hoë bome strooi.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.