Moore was die derde akteur om die rol van die Britse geheime agent te vertolk, tussen 1973 en 1985. Hy het in sewe rolprente die hoofrol vertolk, waaronder Live and Let Die en The Spy Who Loved Me.
Moore se kinders het in ’n verklaring gesê hul pa is in Switserland oorlede ná ’n kort, “dapper” stryd teen kanker. “Die liefde waarmee hy in sy laaste dae omring is, is so fantasties dat dit nie eens in woorde omgesit kan word nie,” het sy kinders Deborah, Geoffrey en Christian gesê.
Volgens die verklaring het Moore sy werk vir Unicef, die Verenigde Nasies se Kinderfonds, as sy grootste prestasie beskou. Moore se stiefdogter is in 2016 ook aan kanker oorlede.
Volgens Moore se kinders sal hy tydens ’n private diens in Monaco begrawe word.
Moore was ook bekend vir sy rol in die televisiereeks The Saint.
Roger was die beste en sexieste Bond van alle tye. Ek het al die Bond flieks. RIP Mnr Moore. Jy sal verseker gemis word.
Akteur, Unicef ambassadeur, skrywer… Wat ‘n galante heer; hy het my geïnspireer om ‘n soos ‘n waardige jong man op te tree.
Hy was my held. As jong meisie was my kamer vol van sy foto’s. Altyd gesê dit is my droomman. Ek sal hom vir altyd onthou! Nie gedink hy is al so oud nie
Hy was my tiener held. Ek het altyd al my spaargeld gebruik en elke tydskrif waarin sy foto was, maak nie saak hoe klein nie gekoop. Hy was ook my droom man. RIV Mnr Moore jy sal vir altyd onthou word.
Hy was ‘n goeie 007
Verseker die aantreklikste 007 gewees. Rip
Hy was my held in, “The Saint”.
Rus in vrede.
Hy was beslis vir my, die eerste en beste James Bond akteur van alle tye. My ouers het weer meer van sy voorganger, Sean Connery gehou.
Ek het ook nooit een van sy films misgeloop nie.
Het ook nie besef dat hy al so oud is nie. Ja die tyd vlieg.
R.I.V.
Beste 007 van almal.
Roger Moore was ‘n ware heer gewees! My tweede beste 007 . Shaun Connery was maar die beste 007 gewees!! Miskien gee ek nou my ouderdom weg.
Ag shame, hy was n goeie James Bond. Dink amper hy was die langste James Bond, ek kan verkeerd wees ek het dit lank laas gekyk en het opgehou toe hulle Daniel Craig vir James Bond gebruik.
Wat min mense weet is dat Sir Roger ouer as Sean Connery was. Met A View to a Kill was Sir Roger reeds 57 jaar oud (as ek maar net so kon lyk op amper 60!).
Doen uself ‘n guns en google van die onderhoude wat met Sir Roger gevoer is. Hy was ‘n ware heer en filantroop met ‘n besonderse fyn en skerpsinnige humorsin.
Afhangende van die era waarin ons grootgeword het, het elkeen seker maar sy eie idee van wie of wat James Bond is. Vir my is Sir Roger = Dié James Bond.
Het julle al sy boetie,Ply Bond, gesien?Net so sterk mannetjie,klou glo aan alles vas!!!