James Dean gaan herleef as akteur in fliek

Publisiteitsfoto vir “Rebel Without a Cause” (Warner Bros.) via Wikimedia Commons

ʼn Maatskappy wat James Dean as akteur wil laat herleef reken hulle gaan nie net sy digitale afbeelding ʼn rol in die fliek gee nie, maar ʼn hele nuwe loopbaan.

“Ons doel is om James Dean as ʼn virtuele mens te skep. Nie net vir een fliek nie, maar iets wat in talle flieks, aanlyn speletjies en virtuele werklikheid gebruik kan word,” sê Travis Cloyd, uitvoerende hoof van Worldwide XR, wat ook aan die hoof staan van die Dean-projek. “Ons fokus is om die beste James Dean te skep sodat hy in enige media kan voortbestaan.”

Die maatskappy het wettig die reg om dit te doen, kragtens die ooreenkoms van die Dean-boedel en sy oorlewende familielede.

“Ons kliënte wil die waardevolle intellektuele eiendomsregte beskerm en die herinneringe wat hulle het van hul geliefdes,” sê Mark Roesler, uitvoerende hoof van CMG Worldwide, die regsmaatskappy wat die titelakte behou tot Dean se ewebeeld. “Ons moet hulle vertrou. Hulle wil sien dat hul geliefde se beeld en herinnering steeds bly voortduur.”

Dean is in 1955 in die ouderdom van 24 oorlede en het slegs in drie flieks gespeel: East of Eden, Rebel Without a Cause en Giant.

Roesler en Cloyd het nog nie die regte van Warner Bors. bekom om beeldmateriaal van dié flieks te gebruik nie, maar hulle het ʼn magdom foto’s en beeldmateriaal van Dean se talle televisierolle. “Daar is duisende foto’s wat ons kan gebruik,” verduidelik Cloyd. “Ons sal dié foto’s en video’s gebruik en dit deur masjienleer voer om die bate te skep.”

Die digitale beeld sal dan deur middel van CGI en bewegingstegnologie aangewend word op die werk van ʼn akteur wat namens Dean optree, tesame met die stem van ʼn ander akteur.

Die Dean-projek sê hulle weet negatiewe reaksie is onafwendbaar, net soos wat uiteindelike aanvaarding ook gaan wees. Cloyd voorspel ʼn Hollywood waar selfs lewende akteurs ʼn “digitale tweeling” het wat hulle in hul werk kan help. “Dit is ontwrigtende tegnologie. Mense hoor dit vir die eerste keer en is baie geskok. Maar dit is waarheen die mark op pad is.”

Om afgestorwe akteurs te laat herleef het al voorheen gebeur. Bruce Lee is in 1973 oorlede voor sy fliek Game of Death afgehandel is. Die res van die fliek is verfilm deur instaan-akteurs en stemwerk wat later bygevoeg is. Die fliek is vyf jaar later vrygestel. Paul Walker is ook in 2013 oorlede voor sy werk aan Furious 7 afgehandel is. Sy twee jonger broers en ander het ingestaan sodat sy tonele afgehandel kon word.

Dean sal ʼn ondersteunende rol speel in Finding Jack, wat tans in vooraf vervaardiging is. Die Dean-projek hoop die digitale afbeelding sal uiteindelik ʼn hoofrol kan speel – moontlik selfs ʼn fliek oor Dean se lewe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Cauin ·

Veral as dit n sikke ene was . Maar natuurlik , dis nou die tyd . Lukas 17:26

remo ·

is daar dan nie meer akteurs oor nie? moet ons nou dooies opgrawe? wat is volgende?

Anoniem ·

In my era was James Dean die “man”. ek het nog self ‘n groot potret wat hang in ons werkswinkel – ‘n original – swaar ene. Ek wonder wonder hoeveel daai dingetjie werd is :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.