James Last sterf

James Last. Foto: Robert Freiberger/www.jameslast.com

James Last. Foto: Robert Freiberger/www.jameslast.com

James Last, die bekende Duitse-orkesleier, is oorlede.

Last, wat 89 jaar gelede as Hans Last in die Duitse stad Bremen die eerste lewenslig aanskou het, is by sy huis in Florida oorlede. Sy familie was by hom.

Last het deur die loop van sy lang loopbaan miljoene plate en albums verkoop met wat hy “happy music” genoem het.
Last het verlede jaar ernstig siek geword, maar eerder as om tuis aan te sterk, het hy ’n afskeidstoer onderneem en onder meer in die Royal Albert Hall opgetree.

Bron: BBC

Meer oor Last se loopbaan kan gelees word in Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Waarheid ·

Dankie vir die inligting. Dis nogal hartseer. Hy het ons as kinders in die ‘goeie ou begindae van SAUK TV’ en die musiekprogramme ‘n waardering gegee vir musiek sonder sang. Sy nalatenskap was orkestrale “happy music” soos hyself daarna verwys het. RIV James Last! ‘n Musieklegende in eie reg! Sterkte en vertroosting word sy familie en vriende toegebid. (NS: ek dink hy was 86 jaar oud? Gebore in 1929, indien ek my nie misgis nie? Reken ek noem maar net.).

Leeutjie ·

Se ek ook waarheid. Die James Last orkes en Demis Roussos se herinneringe le diep in ‘n mens se hart as jy daarmee grootgeword het. En dis so waar Eliza-beth, hy was sag op die oor!

Delia ·

Heeltemaal korrek, Waarheid……hy is wel in 1929 in Bremen, Duitsland gebore.

Peet Schabort ·

‘n Werklik groot ster het verskiet. Geseënd is die musiekwêreld met sy nalatenskap.
James Last, ons salueer jou.

Eliza-beth ·

Jip, ons het almal grootgeword met sy musiek om ons een of ander tyd – of ons nou eintlik as jongmense van rock musiek gehou het of van Afrikaanse musiek, klassieke musiek of wat ookal, een of ander tyd het hy ons vermaak. Lekker-luister musiek, sag op die oor, rustig en sommer net goed!Ek is seker hy sal in vrede rus!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.